Chiang Kai-shek (Chinees: 蔣介石/蔣中正, pinyin: Jiǎng Zhōngzhèng; 31 Oktober 1887 – 5 April 1975) was ’n Chinese militêre en politieke leier van die Chinese Nasionalistiese Party. In 1949 het hy en sy nasionalistiese weermag die Chinese vasteland verlaat en na die eiland Taiwan uitgewyk, waar hy tot met sy dood regeer het.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,

Lewensloop Chiang Kai-shek is in Xikou gebore, 'n dorp sowat 33 km suidwes van Ningbo-stad, in Fenghua, Ningbo-prefektuur, Zhejiang-provinsie; sy huis was egter in Heqiao (和橋鎮), Yixing-distrik (Wuxi-prefektuur, Jiangsu-provinsie), omtrent 38 km suidwes van Wuxi-stad.

Hy was die opperbevelhebber van die nasionalistiese regering van die Republiek China van 1928 tot met sy dood in 1975. Na die nederlaag van die Kuomintang (KMT) in die Chinese Burgeroorlog het hy die KMT-regering op die eiland Taiwan gevestig. Hy was daarna vir die res van sy lewe president van die Republiek China en direkteur-generaal van die KMT. Chiang het in 1975 in Taiwan gesterf. Sy eggenote, Soong Mei-ling, is in 2003 in die Verenigde State oorlede.

Verwysings

Kategorie:Chinese in die Tweede Wêreldoorlog Kategorie:Chinese militariste Kategorie:Chinese politici Kategorie:Presidente van die Republiek China Kategorie:Diktators Kategorie:Maarskalke Kategorie:Premiers Kategorie:Geboortes in 1887 Kategorie:Sterftes in 1975