Die speldekwassie (Sorocephalus teretifolius) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Sorocephalus behoort en deel van die fynbos vorm. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap waar dit in die Palmietriviervallei in die Kogelberg voorkom.
Die struik word slegs 1 m hoog en blom van November tot Desember. Vuur vernietig die plant maar die sade oorleef. Die plant is tweeslagtig en bestuiwing vind deur die werking van insekte plaas. Die vrugte word, twee maande nadat die plant geblom het, ryp en die sade val na die grond waar dit deur miere versprei word. Die plant groei in rotsagtige, droë hellings op hoogtes van 1500 - 1850 m.
In Engels staan die struik as die Pinhead clusterhead bekend.
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Bronnelys REDLIST Sanbi Biodiversityexplorer Protea Atlas Protea Atlas 2 Plants of the World Online
Kategorie:Sorocephalus Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika