Die Silwerblaarwolbos (Spatalla argentea) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Spatalla behoort en deel van die fynbos vorm. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap waar dit in die Riviersonderendberge vanaf Wolfieskop tot by Jonaskop voorkom.

Die struik word slegs 80 cm hoog en blom van Oktober tot Januarie. Die plant word vernietig in 'n brand maar die sade oorleef. Die plant is tweeslagtig en bestuiwing vind deur die werking van insekte plaas. Die vrugte word twee maande nadat die plant geblom het ryp, en die sade val grond toe waar dit deur miere versprei word. Die plant groei in sanderige grond tussen rotse op hoogtes van 475 - 1350 m.

In Engels staan die struik as die Silver-leaf spoon bekend.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Bronnelys REDLIST Sanbi Biodiversityexplorer Protea Atlas 1 Protea Atlas 2 Plants of the World Online

Kategorie:Spatalla Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika