Tolletjies (Leucadendron brunioides subsp. brunioides) is 'n blomdraende struik en subspesie van Leucadendron brunioides, wat tot die genus Leucadendron behoort en deel van die fynbos-bioom vorm. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap waar dit voorkom op die Bokkeveldeskarp naby Nieuwoudtville, die Sandveld, Gifberg, Sederberg tot by die oostelike Koue Bokkeveld, Hexrivierberge en die Breederiviervallei.

Die plant spruit weer uit nadat dit gebrand het. Die sade word in 'n tol op die vroulike plant geberg en val eers grond toe wanneer die blom ryp geword het en word deur wind versprei. Die plant is eenslagtig en daar is afsonderlike plante met manlike en vroulike blomme, wat deur insekte bestuif word. Die plant groei hoofsaaklik in diep sandsteen grond in valleie op hoogtes van 100 - 1 000 m.

In Engels staan dit as die Common Foetid Conebush bekend. Daar is ook 'n ander subspesie: Leucadendron brunioides subsp. flumenlupinum.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Verwysings

Bronnelys REDLIST Sanbi Biodiversityexplorere Protea Atlas

Kategorie:Leucadendron Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika