Dagur Bergþóruson Eggertsson (* 19 Junie 1972) is 'n Yslandse politikus en beklee sedert 16 Junie 2014 die amp van burgemeester (Yslands borgarstjóri) van die Yslandse hoofstad Reykjavík.Kári Tulinius, 'So What's this City Election I Keep Hearing About?', The Reykjavík Grapevine (12 Junie 2014, issue 7), 8. Hy het dié amp ook tussen 16 Oktober 2007 en 21 Januarie 2008 beklee. Hy is ook die voorsitter van die Sosiaal-Demokratiese Samfylkingin (Alliansie) in die stadsraad van Reykjavík.
Dagur is 'n boorling van Oslo en het in Reykjavík se Árbæjar-kwartier grootgeword. Hy is 'n arts van beroep en is sedert 2002 'n lid van Reykjavík se stadsraad. Dagur is ook die skrywer van 'n biografie oor die voormalige eerste minister van Ysland, Steingrímur Hermannsson, wat tussen 1998 en 2000 in drie boekdele verskyn het.
Nadat die Liberale en die Onafhanklikheidsparty in Januarie 2008 in die stadsraad van Reykjavík in 'n koalisie verenig het, is Ólafur F. Magnusson as nuwe burgemeester verkies. Dagur B. Eggertsson is op 28 Maart 2009 as vise-voorsitter van die Sosiaal-Demokratiese Alliansie verkies.RÚV.is, in YslandsAmptelike webtuiste van die Sosiaal-Demokratiese Alliansie, in Yslands
Verwysings
Eksterne skakels
Die amptelike webwerf van Reykjavík
Kategorie:Yslandse politici Kategorie:Burgemeesters Kategorie:Geboortes in 1972 Kategorie:Lewende mense