Lize Beekman is 'n Afrikaanse sangeres en liedjieskrywer. Sy het op 3-jarige ouderdom aangekondig dat sy eendag haar eie liedjies gaan skryf. Op 12 is haar eerste lied, Like an Eagle, deur die Country-sanger Clive Bruce opgeneem. Beekman se lied, ’n Sonneblom uit Bethlehem, wat deur Laurika Rauch opgeneem is, is in 2002 gedurende die GMT Awards as Lied van die Jaar genomineer. Van haar ander treffers sluit in: Draadkar oor die see, Suidlandgebed en Ek het 'n boer sien dans. Sy het haar eerste solo-uitstalling in 2013 gehou.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,

Diskografie Ek Was Al Daar DVD, 2010 SELECT Sit 'n Bietjie Langs My, 2008 Lize Beekman Lize Beekman – Lullabies, 2007 BOWLINE Draadkar Oor Die See, BOWLINE Iemand Het Gesê, 2004 JNS Cake, 2000 JNS Eyes Of A Child, 1997

Sien ook Lys van Suid-Afrikaanse musikale kunstenaars

Verwysings

Eksterne skakels Lise Beekman se tuisblad

Kategorie:Suid-Afrikaanse musici Kategorie:Geboortes in 1974 Kategorie:Lewende mense