Greta Tintin Eleonora Ernman Thunberg (Sweeds: [ˈɡrêːta ˈtʉ̂ːnbærj]; gebore op 3 Januarie 2003) is 'n Sweedse omgewingsaktivis wat bekend is daarvoor dat sy wêreldleiers uitdaag om onmiddellik op te tree vir die versagting van klimaatsverandering.

Sy het bekend geword toe sy besluit het om elke skooldag na die somervakansie tot die Sweedse parlementsverkiesing op 9 September 2018 van die skool weg te bly en te betoog, met 'n banier buite die Sweedse parlement, om aandag te vestig op die dreigende klimaatsverandering.https://www.theguardian.com/science/2018/sep/01/swedish-15-year-old-cutting-class-to-fight-the-climate-crisis The Swedish 15-year-old who's cutting class to fight the climate crisis. The Guardian, 1 September 2018, besoek op 3 Februarie 2019. Na die verkiesing het sy elke Vrydag van die skool weggebly en betoog.https://www.hln.be/wetenschap-planeet/milieu/15-jarig-meisje-op-klimaattop-jullie-zijn-niet-volwassen-genoeg-om-de-waarheid-te-zeggen-en-laten-dat-aan-ons-kinderen-over~a5ceae70/ ,15-jarig meisje op klimaattop: “Jullie zijn niet volwassen genoeg om de waarheid te zeggen en laten dat aan ons, kinderen, over.” Het Laatste Nieuws 16 Desember 2018, besoek op 18 Desember 2018. In November 2018 het sy in 'n rubriek in The Guardian gesê dat sy sal aanhou totdat politici die Parys-ooreenkoms nakom.https://www.theguardian.com/commentisfree/2018/nov/26/im-striking-from-school-for-climate-change-too-save-the-world-australians-students-should-too ,I'm striking from school to protest inaction on climate change – you should too, The Guardian 26 November 2018, besoek op 18 Desember 2018.

Sedert die begin van die Israel-Hamas-oorlog het sy gekies om minder op die klimaat te fokus en meer op Israel, wat sy beweer volksmoord in die Gasastrook pleeg. In Junie 2025 is sy aan boord van die skip Madleen in internasionale waters in die oostelike Middellandse See deur die Israeliese Weermag in hegtenis geneem. Saam met die Gaza Freedom Flotilla het sy probeer om die Gasastrook met voorrade te bereik.

Oorsig

Thunberg se aktivisme het begin toe sy haar ouers oorreed het om lewenstylkeuses aan te neem wat hul eie koolstofvoetspoor verminder. In Augustus 2018, op die ouderdom van 15, het sy haar Vrydae buite die Sweedse parlement begin deurbring om te vra vir sterker optrede teen klimaatsverandering deur 'n bord op te hou wat lees Skolstrejk för klimatet (Skolestaking vir klimaat).

Thunberg het aanvanklik bekend geraak vir haar jeug en reguit en bot spreekwyse, beide in die openbaar en aan politieke leiers en vergaderings, waarin sy wêreldleiers kritiseer vir hul versuim om standpunt in te neem, wat sy as voldoende aksie beskou om die klimaatkrisis aan te spreek.

Kort voor lank het ander studente by soortgelyke betogings in hul eie gemeenskappe betrokke geraak. Hulle het saam 'n skoolklimaatstakingsbeweging onder die naam Fridays for Future georganiseer. Nadat Thunberg die 2018 die Verenigde Nasies se klimaatsveranderingkonferensie toegespreek het, het studentestakings elke week iewers in die wêreld plaasgevind. In 2019 was daar veelvuldige gekoördineerde multistad-betogings waarby meer as 'n miljoen studente elk betrokke was.

Om koolstofintensiewe vlieg te vermy, het Thunberg met 'n seiljag na Noord-Amerika gevaar, waar sy die 2019 VN se Klimaataksieberaad bygewoon het. Haar toespraak daar, waarin sy uitgeroep het "Hoe durf julle?", is wyd deur die pers opgeneem en self in musiek geïnkorporeer. Sy praat vlot Engels, en die meeste van haar openbare interaksies is in Engels. An analysis of the effectiveness of Thunberg's "How Dare You" speech.

Haar skielike opkoms tot wêreldroem het haar sowel 'n leier in die aktivistiese gemeenskap as 'n teiken van kritici gemaak, veral as gevolg van haar jeug. Haar invloed op die wêreldtoneel is deur The Guardian en ander koerante as die "Greta-effek" beskryf.

Sy het talle eerbewyse en toekennings ontvang, insluitend 'n eregenootskap van die Royal Scottish Geographical Society, insluiting in Time se 100 mees invloedryke mense, synde die jongste Time Persoon van die Jaar, insluiting in die Forbes-lys van die wêreld se 100 mees invloedryke mense, asook benoemings vir die Nobelprys vir Vrede in 2019, 2020, 2021 en 2022.

Inspirasie In 'n onderhoud met Amy Goodman van Democracy Now! en later op haar Facebook-blad, het Thunberg gesê dat die idee van 'n skoolstaking eers na vore gekom het ná die skietery in die Hoërskool Stoneman Douglas in Parkland (Florida) op 14 Februarie 2018, toe verskeie jeugdiges geweier het om skool toe te gaan. Kort nadat hy in Mei 2018 'n skryfkompetisie van Svenska Dagbladet gewen het, het Bo Thorén van die omgewingsgroep Fossil Free Dalsland die moontlikheid van 'n skoolstaking as aksiemodel voorgestel. Greta het gedink dit is 'n goeie idee, maar het min ondersteuning van ander lede van die omgewingsgroep en ook nie van haar ouers ontvang nie. Toe besluit sy om die staking alleen te hou.https://www.facebook.com/gretathunbergsweden/posts/recently-ive-seen-many-rumors-circulating-about-me-and-enormous-amounts-of-hate-/767646880269801/ ,Greta Thunberg, Facebook, 2 Februarie 2019, besoek op 16 Augustus 2019.

Greta Thunberg is reeds op 20 Augustus 2018, die eerste dag van haar protes, ontdek deur We Don't Have Time, 'n Sweedse tegnologiese beginonderneming onder leiding van Ingmar Rentzhog,https://twitter.com/WeDontHaveTime0/status/1031657287763599365 |titel= One 15 year old girl. Twitter, 20 Augustus 2018. Besoek op 3 Februarie 2019.https://medium.com/wedonthavetime/this-15-year-old-girl-breaks-swedish-law-for-the-climate-d1a48ab97e3a ,This 15-year-old Girl Breaks Swedish Law for the Climate. David Olsson, medium.com , 23 Augustus 2018, besoek op 3 Februarie 2019.https://www.telegraaf.nl/nieuws/3139543/ophef-rond-klimaatmeisje-greta?utm_source=t.co&utm_medium=referral&utm_content=/xqO43yAhQQ ,Ophef rond klimaatmeisje Greta. De Telegraaf, 11 Februarie 2019, besoek op 13 Februarie 2019. uitvoerende hoof, 'n kennis van haar moeder Malena Ernman.http://www.wrongkindofgreen.org/2019/01/28/the-manufacturing-of-greta-thunberg-for-consent-the-most-inconvenient-truth-capitalism-is-in-danger-of-falling-apart/ , Malena Ernman: WWF Environmental Hero of the Year, 2017. 28 Januarie 2019. Besoek op 3 Februarie 2019. Die stigting / maatskappy is daartoe verbind om maatskaplike klimaatsteun te verleen vir groot klimaatsbeleggings (Green New Deal).https://wedonthavetime.org/launch/about/ ,l= About, We don’t Have Time, besoek op 3 Februarie 2019.https://www.fundedbyme.com/en/campaign/8227/we-dont-have-time/ ,Investor proposal, besoek op 3 Februarie 2019 Greta Thunberg het as spesiale jeugadviseur kortliks by die stigting aangesluit. In Februarie 2019 het die organisasie We Don't Have Time erken dat hulle haar naam sonder die medewete van Greta Thunberg en haar gesin gebruik het.https://www.facebook.com/gretathunbergsweden/posts/773676963000126 , Greta Thunberg, Facebook, 11 Februarie 2019.

Aktivisme duimnael|Thunberg voor die Sweedse parlement in Augustus 2018. Greta Thunberg was gereeld in die pers vanweë haar skerp uitsprake tydens klimaatvergaderings. Tydens 'n optrede van burgerlike ongehoorsaamheid aan die Britse parlement op 31 Oktober 2018, gereël deur die uitwissing-rebellie (Extinction Rebellion), het Thunberg gepraat van "'n buitengewone en dringende krisis wat nog nooit as sodanig erken is nie, en ons leiers tree almal op soos klein kindertjies."https://www.commondreams.org/news/2018/10/31/our-darkest-hour-declaration-rebellion-new-group-vows-mass-civil-disobedience-save ,'This Is Our Darkest Hour': With Declaration of Rebellion, New Group Vows Mass Civil Disobedience to Save Planet. 31 Oktober 2018, besoek op 23 Desember 2018. Op die TED-konferensie op 24 November 2018 in Stockholm het Thunberg gesê: "Ons het dertig jaar al pep-praatjies en positiewe praatjies gehoor. En jammer, maar dit is nutteloos. As dit gehelp het, sou die emissies al gedaal het – en dit is nie die geval nie ”.https://www.commondreams.org/news/2018/12/19/depressed-and-then-diagnosed-autism-greta-thunberg-explains-why-hope-cannot-save , Depressed and Then Diagnosed With Autism, Greta Thunberg Explains Why Hope Cannot Save Planet But Bold Climate Action Still Can. 19 Desember 2018, besoek op 23 Desember 2018.

Op die Katowice-klimaatkonferensie in 2018 het Thunberg verskeie kere met die deelnemers gepraat en die huidige wêreldleiers daarvan beskuldig dat hulle "die toekoms [van hul kinders] voor hulle gesteel het" en "julle is nie volwasse genoeg om die waarheid te vertel nie. Julle laat selfs die las vir ons, kinders oor.”https://www.democracynow.org/2018/12/13/you_are_stealing_our_future_greta ,You Are Stealing Our Future: Greta Thunberg, 15, Condemns the World’s Inaction on Climate Change, 13 Desember 2018, besoek op 23 Desember 2018.

Op 23 Desember 2018 word 'n onderhoud met haar gevoer deur Fareed Zakaria in die CNN GPS-program, wat gewoonlik op politici, regeringsowerhede en diplomate fokus.https://edition.cnn.com/videos/world/2018/12/23/greta-thunberg-climate-change-activism-sot-gps-vpx.cnn Op 23 Januarie 2019 arriveer sy in Davos, waar sy genooi is om op die World Economic Forum te praat.Greta Thunberg "Our house in on fire", 24 Januarie 2019 World Economic Forum (WEF) in Davos Terwyl Thunberg gekies het vir 'n 32-uur treinreis,Time to 'get angry', teen climate activist says in Davos, Nina Larson, AFP kom 1 500 deelnemers per privaatvliegtuig in Davos aan.Davos 2019: Record number of private jets set to fly into conference addressing climate change, The Independent, 23 Januarie 2019.

Greta Thunberg het ook in Januarie 2019 as 'n rolmodel opgetree vir die klimaataksies van skoliere (Skoolstaking vir die Klimaat) in België, Duitsland en Switserland.https://www.hln.be/nieuws/binnenland/zo-n-3-000-klimaatspijbelaars-brengen-krachtige-boodschap-in-brussel-er-is-geen-planeet-b~a9d4482a/ ,Zo’n 3.000 klimaatspijbelaars brengen krachtige boodschap in Brussel: “Er is geen planeet B” Het Laatste Nieuws, 10 Januarie 2019, besoek op 19 Januarie 2019.https://twitter.com/hashtag/FridaysForFuture ,FridaysForFuture, Twitter, besoek op 19 Januarie 2019.