Die bleekkatstert (Bulbinella eburniflora) is 'n meerjarige struik wat hoort tot die aalwynfamilie Asphodelaceae en blom vanaf Augustus tot September. Die spesie is endemies aan die Noord-Kaap en kom naby Nieuwoudtville op die Bokkeveld-eskarp voor. Die blomme is roomkleurig tot wit van kleur en die struik word tot 75 cm hoog.

In Engels staan die plant bekend as die scented bulbinella.

Sien ook Lys van aalwynspesies

Bronnelys Sanbi se rooilys PlantZAfrica.com Biodiversity explorer John Charles Manning: Fotogids tot die Veldblomme van Suid-Afrika. Briza Publikasies. Plants of the World Online

eburniflora Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika