Die Karoo-aalwyn (Aloe microstigma) is 'n boom wat tot die aalwynfamilie Asphodelaceae hoort en vanaf Mei tot Julie blom. In Engels staan die boom bekend as die Cape speckled aloe.

Verspreiding Die boom is inheems aan die Wes-, Oos- en Noord-Kaap en ook suidelike Namibië, en sy bewaringstatus word as nie-bedreig aangegee.

Die blomme is rooi in die knopstadium en geel in blom. Die boom word tot 50 cm hoog.

Galery

Sien ook Lys van aalwynspesies

Bronnelys Sanbi se rooilys Aloe microstigma op PlantZAfrica.com Plants of the World Online John Charles Manning: Fotogids tot die Veldblomme van Suid-Afrika. Briza Publikasies.

Eksterne skakels

microstigma Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Suid-Afrika