duimnael|240px|’n Tradisionele seerowersvlag, of Jolly Roger. duimnael|240px|Capture of the Pirate, Blackbeard, 1718, deur Jean Leon Gerome Ferris, wat ’n geveg teen die seerower Swartbaard uitbeeld. Seerowery is ’n rooftog of geweldsmisdaad deur een skip op ’n ander of op ’n kusgebied, gewoonlik met die doel om vrag of ander waardevolle ware of eiendom te steel. Mense wat by seerowery betrokke is, word seerowers genoem.
Die vroegste aangetekende gevalle van seerowery was in die 14de eeu v.C., toe die Seevolke, ’n groep rowers, skepe van die Egeïese en Mediterreense beskawings aangeval het. Smal seekanale wat skepe in voorspelbare roetes indwing, skep al lank die geleentheid vir seerowery, asook vir die aanval van handelskepe om ’n vyand skade te berokken. Historiese voorbeelde sluit in die waters van Gibraltar, Madagaskar, Somalië en die Engelse Kanaal, waar geografiese strukture seerowery vergemaklik.
Die Berberse seerowers en kapers word in Duits as Korsare aangedui. Na aanleiding hiervan word, dikwels ten onregte, veronderstel, dat baie van hierdie kapers verwant is aan die eiland Korsika. In die Franse en Mediterreense gebiede is dikwels na hulle verwys as corsaires. Die woord vrybuiters is ook gebruik. Wanneer ander voertuie soos ’n vliegtuig betrokke is, word van ’n kaping of skaking gepraat. Kaapvaart is ’n vorm van seerowery in oorlogstyd waar die kaptein van ’n skip toestemming van ’n spesifieke land kry om vyandelike skepe aan te val en hul vrag buit te maak. ’n Landweergawe van seerowery is struikrowery: waar rowers mense op ’n pad of in ’n bergpas in ’n lokval lei.
Seerowery is in die 21ste eeu steeds ’n aansienlike probleem (met ’n geraamde wêreldwye verlies van $16 miljard per jaar in 2004), veral in die waters tussen die Rooisee en die Indiese Oseaan, naby die kus van Somalië en van die Straat van Malakka en Singapoer (in 2004). In laasgenoemde seestraat het aanvalle op skepe sedertdien afgeneem tot geen.
Vandag gebruik seerowers, gewapen met outomatiese wapens soos aanvals- en masjiengewere en handgranate, klein motorbote om skepe aan te val – ’n taktiek wat die feit uitbuit dat moderne skepe net ’n klein getal bemanningslede het. Hulle gebruik ook groter skepe, bekend as "moederskepe", om die motorbote te ondersteun. Die internasionale gemeenskap het met baie uitdagings te doen om moderne seerowers aan die pen te laat ry, want hierdie aanvalle kom dikwels in internasionale waters voor. Sommige lande gebruik hulle vlootmagte om privaat bote teen seerowery te beskerm en seerowers te vang, terwyl sommige privaat bote gewapende sekuriteitswagte, hoëdrukwaterkanonne of radar gebruik om hulleself te beskerm.
Geskiedenis Seerowery kom voor so lank as wat handelskepe die waters bevaar.
Europa Oudheid duimnael|’n Mosaïek van ’n Romeinse drieriemsgalei in Tunisië. Die vroegste gedokumenteerde gevalle van seerowery is dié van die Seevolke, wat ’n bedreiging ingehou het vir skepe wat in die 14de eeu v.C. in die Egeïese en die Middellandse See gevaar het. In die klassieke oudheid was die Fenisiërs, Illiriërs en Tirrheniërs bekend as seerowers. In die voorklassieke tyd het die antieke Grieke seerowery as ’n lonende beroep goedgekeur; dit was blykbaar algemeen en is beskou as ’n "eerlike manier om ’n bestaan te maak".Møller, Bjørn. "Piracy, Maritime Terrorism and Naval Strategy." Copenhagen: Danish Institute for International Studies, 16 November 2008. 10. Verwysings word dikwels daarna gemaak in tekste soos Homeros se Ilias en Odusseus. Die ontvoering van vroue en kinders was ook algemeen en hulle is dikwels as slawe verkoop. Teen die tyd van Klassieke Griekeland is seerowery as ’n "skandalige" beroep beskou.
In die 3de eeu v.C. het seeroweraanvalle op Olimpus in Lisië gelei tot verarming. Een van die bekendste antieke seerowersgroepe was die Illiriërs, ’n volk in die Wes-Balkan. Hulle het skepe in die Adriatiese See voortdurend aangeval en in baie gevegte met die Romeinse Republiek betrokke geraak. Die Romeine het hulle vlote eers in 229 v.C. finaal verslaan en ’n einde aan die bedreiging gebring. In die 1ste eeu v.C. was daar seerowerstate aan die Anatoliese kus wat die handel van die Romeinse Ryk in die oostelike Middellandse See bedreig het. Op ’n seevaart oor die Egeïese See in 75 v.C.Again, according to Suetonius's chronology (Julius 4 ). Plutarch (Caesar 1.8-2) says this happened earlier, on his return from Nicomedes's court. Velleius Paterculus (Roman History 2:41.3-42 says merely that it happened when he was a young man. is Julius Caesar gevange geneem en vir ’n kort ruk deur Sisiliaanse seerowers aangehou.Plutarch, Caesar 1–2. Die Senaat het generaal Gnaeus Pompeius Magnus eindelik in 67 v.C. die mag gegee om seerowery te beveg (die Lex Gabinia). Pompeius het die bedreiging ná ’n drie maande lange oorlog beëindig.
Omstreeks 258 n.C. het die Goties-Heruliese vloot dorpe aan die kus van die Swartsee en See van Marmara aangeval. Dieselfde lot het die Egeïese kus ’n paar jaar later getref. In 264 het die Gote Galatia en Kappadosië bereik, en Gotiese seerowers het op Siprus en Kreta geland. In die proses het die Gote groot buit bymekaargemaak en duisende mense gevange geneem.
Middeleeue duimnael|220px|’n Vloot Wikings (skildery uit middel 12de eeu. Die bekendste seerowers in die Middeleeuse Europa was die Wikings, seevegters van Skandinawië wat hoofsaaklik tussen die 8ste en 12de eeu geroof en geplunder het; dit was die Wikingtydperk van die vroeë Middeleeue. Hulle het rooftogte uitgevoer op die kus, riviere en binnelandse stede van die hele Wes-Europa tot so ver as Sevilla, wat in 844 deur die Nore aangeval is. Wikings het ook die kus van Noord-Afrika en Italië aangeval en die hele kus van die Oossee geplunder. Sommige het met die riviere van Oos-Europa langs gevaar tot so ver as die Swartsee en Persië. Die gebrek aan ’n gesentraliseerde mag in Europa gedurende die Middeleeue het meegebring dat seerowers skepe en kusstreke oor die hele kontinent kon aanval sonder dat daar teen hulle opgetree is.
Teen die einde van die 9de eeu is Moorse seerowerskuilplekke aan die kus van Suid-Frankryk en Noord-Italië gevestig.The Pirates of St. Tropez. In 846 het More die Petrus- en die Paulus-basilika in Rome verwoes. In 911 kon die biskop van Narbonne nie na Frankryk terugkeer nie omdat More al die passe in die Alpe beheer het. In die 10de eeu het Moorse seerowers skepe en stede van die Baleariese Eilande af aangeval. Van 824 tot 961 het Arabiese seerowers in die emiraat Kreta in die hele Mediterreense gebied geplunder.
Nadat die Slawiërs die voormalige Romeinse provinsie Dalmatia in die 5de en 6de eeu ingeval het, het ’n stam met die naam Narentiene die ou Illiriese seerowerspraktyke laat herleef en van die 7de eeu af dikwels teikens in die Adriatiese See aangeval. Teen 642 het hulle Suid-Italië binnegeval. Hulle plundery in die Adriatiese See het naderhand so toegeneem dat dit nie meer veilig was om daar te reis nie.
Die Narentiene het veral strooptogte uitgevoer wanneer die Venesiese vloot oorsee was; sodra die vloot terug was, het hulle tydelik van hul strooptogte afgesien. Alle militêre pogings van Venesië om hulle te straf het misluk. In 846 het die Narentiene Venesië self bereik en die lagune-stad Caorle gestroop. In ’n Bisantynse militêre aksie in 870 is hulle gekersten. Omstreeks 872 het hulle hulle aanvalle in die Venesiese waters voortgesit en dit het gelei tot hernude konflik tussen hulle en die Italianers in 887-888. Die Venesiërs het deur die 10de en 11de eeu vrugteloos teen hulle geveg.
duimnael|links|260px|Kosakke van Azof veg teen ’n Turkse skip, deur Grigory Gagarin. In 937 het Ierse seerowers met die Skotte, Wikings en Pikte saamgespan en Engeland binnegeval. Athelstan het hulle teruggedryf.
Die Slawiese seerowery in die Oossee het geëindig met die Deense oorwinning oor die Rani-stam se vesting Arkona in 1168. In die 12de eeu is die kus van Wes-Skandinawië deur die Koere geplunder vanaf die ooskus van die Oossee. In die 13de en 14de eeu het seerowers die Hanseatiese roetes bedreig en seehandel amper uitgewis. Tot omstreeks 1440 was seehandel in die Noordsee en Oossee in groot gevaar weens aanvalle deur seerowers.
H. Thomas Milhorn noem dat ’n Engelsman met die naam William Maurice in 1241 aan seerowery skuldig bevind is; hy was die eerste persoon wat sover bekend gehang, getrek en gevierendeel is.H. Thomas Milhorn, Crime: Computer Viruses to Twin Towers, Universal Publishers, 2004. . Dit dui daarop dat koning Hendrik III dié misdaad in ’n ernstige lig beskou het.
Reeds in Bisantynse tye was die Maniote (een van Griekeland se gedugste bevolkingsgroepe) bekende seerowers. Hulle het seerowery as wettig beskou omdat hulle grond arm was, en dit het hulle grootste bron van inkomste geword. Hulle grootste slagoffer was die Ottomaanse Ryk, maar hulle het ook skepe van Europese lande aangeval.
Zaporozka Sitsj was van die 16de tot die 18de eeu ’n seerowersrepubliek in Europa. Dit was in Kosakwêreld geleë, in die verafgeleë steppe van Oos-Europa, en is bewoon deur Oekraïense kleinboere wat van hulle feodale meesters af weggeloop het, voëlvryverklaardes, slawe wat van Turkse galeie weggeloop het, ensovoorts. Die afgesonderheid van hulle blyplek en die versnellings van die Dnieperrivier het dit beskerm teen wraakaanvalle deur ander magte. Die hoofteiken van Zaporozka Sitsj, wat hulleself Kosakke genoem het, was ryk nedersettings aan die Swartsee-oewers van die Ottomaanse Ryk en op die Krim. Teen 1615 en 1625 het Zaporozje-Kosakke selfs bewoonde gebiede aan die buitewyke van Istanboel geplunder en veroorsaak dat die Ottomaanse sultan uit sy paleis moes vlug. Don-Kosakke onder Stenka Razin het selfs die Persiese kus aangeval.
Mediterreense corsaires duimnael|350px|’n Franse skip word deur Barbaryse seerowers aangeval, omstreeks 1615. Hoewel hulle nie so bekend was as Atlantiese en Karibiese seerowers nie, was daar op enige tydstip in die geskiedenis net soveel of meer "corsaires" in die Middellandse See.Earle (2003), p. 89 Seerowery hier is tot in die middel 17de eeu feitlik uitsluitlik met galeie uitgevoer; daarna is hulle geleidelik deur hoogs beweegbare seilskepe vervang.Guilmartin (1974), pp. 217–19 Die seerowersgaleie was kleiner as die galeie wat in oorlogstyd gebruik is. Hulle was vinnig en het min wapens aan boord gehad, maar die bemanning was dikwels groot sodat hulle die kleiner bemanning van die handelskepe kon oorrompel. Dit was vir patrolliebote gewoonlik moeilik om die galeie agterna te sit en voor te keer. Die Franse admiraal Anne Hilarion de Tourville het geglo die enigste manier om aanvallers van die berugte seerowershawe Salé in Marokko in te haal was om ’n seerowersboot van dieselfde soort te gebruik.Earle (2003), p. 45 Om seerowers met roeibote te beveg was algemeen en hulle is selfs deur groot magte in die Karibiese gebied gebruik. Die Engelse in Jamaika het in 1683 galeie spesiaal vir dié doel gebou,Earle (2003), p. 137 en die Spanjaarde het dit ook in die laat 16de eeu gedoen.Glete (2000), p. 151
Die uitbreiding van Moslemmag danksy die Ottomaanse oorwinning van groot dele van die Oos-Mediterreense streek in die 15de en 16de eeu het gelei tot meer seerowery. Die sogenaamde Barbaryse seerowers het omstreeks 1500 uit hawestede in Noord-Afrika begin toeslaan, soos in Algiers, Tunis, Tripoli en Marokko. Hulle teikens was hoofsaaklik skepe van die Christelike magte. Die Barbaryse seerowers was in naam onder Ottomaanse opperheerskappy, maar het aansienlike onafhanklikheid geniet wat betref rooftogte teen die vyande van Islam. Die Moslemse corsaires was tegnies gesproke dikwels kaapvaarders wat ondersteun is deur wettige, maar hoogs strydlustige, state. Hulle het hulleself as heilige Moslemvegters beskouGuilmartin (1974), p. 120 in die tradisie van vegters teen die inval van Westerse Christene, wat die Eerste Kruistog laat in die 11de eeu begin het.Earle (2003), pp. 39–52