Die Gura-waterval is in die Aberdare Nasionale Park in Kenia.

Ligging Die waterval lê in die Gurarivier in die Aberdare-bos in die Aberdare-bergreeks in die sentrale deel van Kenia. Dit is in dieselfde kloof as die Karuru-waterval, maar net mooi aan die teenoorgestelde kant. Die val is ‘n 180 km noord van Nairobi, suidwes van Berg Kenia, 2707 m bo seespieël en net-net suid van die ewenaar by die koördinate .

Waterval Die waterval bestaan uit drie vertikale valle met ‘n gesamentlike hoogte van 305 m. Hierdie steilste val in Kenia is ongeveer 9 m breed. Saam met die water van die Karuru-waterval kom die water te lande in ‘n ondeurdringbare kloof. Staptogte word onderneem om die watervalle, voëllewe en welige plantegroei van naby te besigtig.

Ander watervalle In die omgewing van hierdie waterval is die Karuru-waterval, 1,1 km ver Magura-waterval, 5,6 km Chania-waterval, 9 km weg Ander bekende watervalle in Kenia is die Thomson-waterval (Nyahururu) Lugard-waterval Fourteen-waterval Adamson-waterval Sheldrick-waterval Thirka-waterval Tigoni-waterval

Bibliografie africatourer.com fortuneofafrica.com mapcarta.com worldwaterfalldatabase.com

Kategorie:Watervalle in Kenia