KLM Vlug 861 duimnael|330px|Dieselfde Boeing 747-206B van KLM in 1988 Datum: 25 November 1973 Tipe voorval: Vliegtuigkaping Plek: Doebai Sterftes: 0 Beserings: Geen Vliegtuigtipe: Boeing 747-206B Vliegtuig-stertnommer: PH-BUA Oorsprong: Lughawe Schiphol, Amsterdam Halte 1: Ellinikon Int. Lughawe, Athene, Griekeland Halte 2: Beirut–Rafic Hariri Lughawe, Beiroet Halte 3: Palam Lughawe, Delhi, Indië Bestemming: Haneda Int. Lughawe, Tokio Passasiers: 247 Bemanning: 17 Oorlewendes: 264 (almal)
KLM Vlug 861, bedryf met 'n Boeing 747 geregistreer as PH-BUA en met die naam Mississippi, is op 25 November 1973 deur drie jong Arabiere oor die Irakse lugruim gekaap op 'n geskeduleerde vlug van Amsterdam na Tokio met 247 passasiers aan boord.
Voorval KLM Vlug 861, met kaptein Issac Risseeuw in bevel, was 'n geskeduleerde vlug van Amsterdam (AMS) na Tokio-Haneda (HND) met beplande haltes in Athene (ATH), Beiroet (BEY) en Delhi (DEL). Die vliegtuig was onderweg oor Irak toe dit deur drie passasiers gekaap is wat beweer het dat hulle lede van die Arabiese Jeugorganisasie vir die Bevryding van Palestina is. Hulle het die vliegtuig na Damaskus, Nicosia, Tripoli, Malta en uiteindelik Dubai, gedwing, waar die kapers hulle aan die owerhede oorgegee het.
Nadraai Die Arabiese nasionalistiese jeugorganisasie het verantwoordelikheid aanvaar vir die kaping. Die vlugnommer word steeds gebruik vir die direkte roete van Amsterdam na Tokio.
Verwysings
Kategorie:Vliegtuigkapings