duimnael|regs|250px|Heraldiese fleur-de-lys Die fleur-de-lis (of fleur-de-lys; meervoud: fleurs-de-lis) is 'n gestileerde ontwerp van 'n iris of 'n lelie wat dekoratief en simbolies gebruik word.Michel Pastoureau, Heraldry: its origins and meaning translated by Francisca Garvie (Thames and Hudson 1997), , p.98
Hoewel dit op talle Europese wapenskilde verskyn het, word dit histories veral geassosieer met die Franse monargie en hedendaags met die Spaanse monargie; die enigste oorblywende monarge van die Huis van Bourbon. Dit is 'n blywende simbool van Frankryk, maar aangesien dit met die monargie geassosieer is, is dit nie amptelik deur een van die Franse Republieke aangeneem nie. In Spanje, wat 'n grondwetlike monargie is, word die simbool met die Koning Juan Carlos I en die Koninkryk van Spanje geassosieer. In Noord-Amerika word die fleur-de-lis baie keer geassosieer met gebiede wat tevore deur Frankryk gekoloniseer is soos Quebec en Louisiana en met die Franssprekendes in ander Kanadese provinsies. Dit is ook die embleem van die Switserse Munisipaliteit Schlieren in Zürich.
Die simbool word baie keer gebruik op 'n kompas om Noord aan te dui, 'n tradisie wat deur Italiaanse seevaarder Flavio Gioja begin is.
Vroegste gebruik Die letterlike vertaling van die Franse term Fleur-de-lis is "blom van lelie" en daar word algemeen aanvaar dat dit 'n gestileerde vorm van die spesie Iris pseudacorus is. Dekoratiewe ornamente wat soos die fleur-de-lis lyk het in die kunswerke van die vroegste beskawings voorgekom. Voorbeelde van vroeë gebruik sluit Mesopotamiese silinders, Egiptiese reliëfs, Myceense pottebakkery, Sassanidiese tekstiele, Galliese muntstukke, Mamelukkiese muntstukke, Indonesiese klere, Japannese embleme en Dogon-totems in."The use for ornamental or symbolic purposes of the stylised flower usually called fleur de lis is common to all eras and all civilizations. It is an essentially graphic theme found on Mesopotamian cylinders, Egyptian bas-reliefs, Mycenean potteries, Sassanid textiles, Gaulish coins, Mameluk coins, Indonesian clothes, Japanese emblems and Dogon totems. The many writers who have discussed the topic agree that it has little to do graphically with the lily, but disagree on whether it derives from the iris, the broom, the lotus or the furze, or whether it represents a trident, an arrowhead, a double axe, or even a dove or a pigeon. It is in our opinion a problem of little importance. The essential point is that it is a very stylised figure, probably a flower, that has been used as an ornament or an emblem by almost all civilizations of the old and new worlds." -- Michel Pastoureau (2006) Traité d'Héraldique, "Treatise on Heraldry", translated by François R. Velde Galliese muntstukke vertoon egter die vroegste ontwerpe wat soos die moderne fleurs-de-lis lyk.Michel Pastoureau, Heraldry: its origins and meaning p.99
Dit is oor die eeue heen konsekwent as 'n koninklike embleem gebruik. Verskillende kulture het dit egter op verskillende maniere geïnterpreteer.
Koninklike simbool en heraldies gebruik duimnael|regs|250px|15de eeuse skildery met 'n engel wat die fleurs-de-lis aan Clovis stuur
Koning Clovis I Volgens legende het die Franse monargie vir die eerste keer die fleur-de-lis vir hulle koninklike wapenskild gekies as 'n simbool van reinheid na die bekering van Frankiese Koning Clovis I tot die Christen geloof in 493.Lewis, Philippa & Darley, Gillian (1986) Dictionary of Ornament Die verhaal neem verskeie vorms aan waarvan baie verband hou met Clovis se bekering en ondersteun die aanspraak wat die gesalfde Konings van Frankryk maak dat hulle outoriteit direk van God kom sonder mediasie deur die Keiser of die Pous.
Sommige weergawes van die legende versterk die mistiek van die koninklikes deur 'n fles olie te beskryf wat van die hemel af gestuur is, moontlik gedra deur 'n duif na Sint Remigius, om Clovis as koning te salf en heilig te maak.Ralph E. Giesey, Models of Rulership in French Royal Ceremonial in Rites of Power: Symbolism, Ritual, and Politics Since the Middle Ages ed. Wilentz (Princeton 1985) p43 In 'n ander weergawe het die lelie by Clovis se doop as 'n geskenk van 'n verskyning van die Maagd Maria, wat baie keer met die blom verbind word, verskyn.A.C. Fox-Davies, A Complete Guide to Heraldry (London 1909) p273 Clovis se Boergondiese vrou, Clothilda, wat later Sint Clothilda sou word, speel gewoonlik 'n betekenisvolle rol in die legendes. Sowel as haar aandeel in die aanmoediging tot haar man se bekering, help haar teenwoordigheid om die belangrikheid van Boergondië se ondersteuning vir die monarg benadruk.
'n Verhaal wat minder klem op Christendom en die goddelike reg van die Franse konings plaas, vertel hoe Clovis 'n blom in sy helm geplaas het net voor sy oorwinning in die Slag van Vouillé, wat daartoe gelei het dat hy die fleur-de-lis as 'n koninklike simbool gekies het.François R. Velde
Van Frankiese tot Franse konings duimnael|regs|125px|Die wapenskild van Edward III duimnael|125px|links|Franse wapenskild voor 1376 duimnael|regs|125px|Vlag van die Koninkryk van Frankryk voor die Franse Revolusie en kortstondig na die Bourbon Restorasie. duimnael|links|125px|Franse wapen na 1376 Deur die verbintenis met Clovis het die fleur-de-lis die simbool van al die Christelike Frankiese konings geword. Die bekendste onder hulle was Karel die Groete. Moderne navorsing het ook bevestig dat die fleur-de-lis 'n godsdienstige simbool was voor dit 'n ware heraldiese simbool was.Michel Pastoureau, Heraldry: its origins and meaning p.99-100 Soos ware lelies is die fleur-de-lis met die Maagd Maria geassosieer. In die 12de eeu het Lodewyk VI en Lodewyk VII begin om die embleem te gebruik, byvoorbeeld op septers, om so hulle heerskappy met die simbool van heiligheid te verbind. Lodewyk VII het beveel dat die fleur-de-lis in die klere van sy seun Filip se kroning in 1179 gebruik word.Fox-Davies, A Complete Guide to Heraldry p274 Die oudste visuele getuienis van duidelik heraldiese gebruik dateer uit 1211: 'n seël wat die toekomstige Lodewyk VIII toon met 'n skild wat met "blomme" bestrooi is.Michel Pastoureau, Heraldry: its origins and meaning p.100 Tot die laat 14de eeu was die Franse koninklike wapenskild Azure semé-de-lys Or ('n blou skild besaai met klein goue fleurs-de-lis), maar Karel V van Frankryk het die ontwerp verander van fleur-de-lis wat oor die hele skild versprei was na 'n groep van drie in ongeveer 1376. Hierdie twee skilde staan in heraldiese taal as onderskeidelik France Ancient en France Modern bekend.
Tydens die bewind van Koning Lodewyk IX (Sint Lodewyk) is daar gesê dat die drie blomblare van die fleur-de-lis geloof, wysheid en ridderlikheid verteenwoordig het en dat dit 'n teken van goddelike guns is wat aan Frankryk geskenk is.Chronicles of Guillaume de Nangis aangehaal in Nouvelle collection des mémoires pour servir a l'histoire de France (1839)] In die daaropvolgende 14de eeu, is die tradisie van die drievoudige simbolisme in Frankryk gevestig, van waar dit na ander plekke versprei het.
In 1328 het Koning Eduard III van Engeland 'n aanspraak op die Franse troon geërf en in ongeveer 1340 het hy dienooreenkomstig die France Ancient met die wapen van die Koninkryk van Engeland gevierendeel (waar 'n wapen georden word as gevolg van oorerwing deur die skild in vier te deel). Nadat die konings van Frankryk die France Modern aangeneem het, het die konings van Engeland hulle van ongeveer 1411 nageboots.Fox-Davies Die monarge van Engeland (en later van Groot Brittanje) het aangehou om die Franse wapen te vierendeel tot 1801, toe George III amptelik sy aanspraak op die Franse troon laat vaar het.
Koning Karel VII het Johanna van Arkel se familie op 29 Desember 1429 veredel met 'n oorerflike simboliese denominasie. Die Kamer van Rekenings in Frankryk het die familie se adellike betiteling op 20 Januarie 1430 aangeteken. Die stap het die familie toegelaat om hulle van na du Lys te verander.
France Modern het die Franse koninklike standaard gebly en was met 'n wit agtergrond die Franse nasionale vlag tot die Franse Revolusie, toe dit vervang is met die driekleur wat vandag in Frankryk gebruik word. Die fleur-de-lis is in 1814 weer op die Franse vlag gebruik, maar is weereeds vervang na die revolusie teen Karel X van Frankryk in 1830. Aan die einde van die Franse Tweede Ryk is die Franse troon aan Hendrik, Graaf van Chambord aangebied. Hy wou egter net instem as die Franse die driekleur sou opsê en die wit vlag met fleurs-de-lis sou terugbring.Pierre Goubert, The Course of French History, translator Maarten Ultee, (Routledge 1991) p.267 Sy voorwaarde is verwerp en Frankryk het weer 'n republiek geword.
France Modern het ook op die wapenskild van provinsie Île-de-France verskyn en is byvoorbeeld op die uniforms van die plaaslike gendarmerie gebruik.
Ander Europese monarge en heersers duimnael|regs|125px|Fleur-de-lis in die wapen van Pous Paulus VI Die fleur-de-lis het prominent in die Kroonjuwele van Engeland en Skotland vertoon. In Engelse heraldiek word dit op verskillende manier gebruik en dit kan die kadensmerk van die sesde seun wees. Die geblomde rand is reeds sedert Jacobus I van Skotland 'n belangrike deel van die Skotse koninklike wapen en vlag. The treasured fleur-de-luce he claims To wreathe his shield, since royal James –Sir Walter Scott in The Lay of the Last MinstrelllSir Walter Scott (1833) The Complete Works of Sir Walter Scott, Volume 1 of 7, Canto Fourth, VIII, NY: Conner and Cooke duimnael|links|125px|Fleur-de-lis van Florence In Florentynse fleurs-de-lis word die meeldrade altyd tussen die blomblare vertoon. Die heraldiese wapenfiguur staan baie keer as die Florentynse lelie bekend om dit te onderskei van die gewone ontwerp. As 'n embleem van die stad word dit aangetref in ikone van die biskop Zenobius.Hall, James (1974). Dictionary of Subjects & Symbols in Art. Harper & Row. . p.124. Die geldeenheid van Florence, die fiorino, is daarmee versier en dit het die voorkoms van die Hongaarse forint en ander florins bïnvloed. Elders in Italië is fleurs-de-lis vir sommige pouslike krone en wapens, Hertoë van Parma uit die Huis van Farnese en deur sommige doges van Venesië.
125px|duimnael|Fleur-de-lis van Bosnië Die fleur-de-lis was ook die simbool van Kotromanic, 'n heersende huis in middeleeuse Bosnië na bewering ter erkenning van die Huis van Anjou, waar die blom gesien word as 'n Lilium bosniacum. Dit is ook tussen 1992 en 1998 op die vlag van Bosnië-Herzegowina gebruik. Vandag is die fleur-de-lis 'n nasionale simbool van die Bosniakke, een van die drie Bosniese etniese groepe (die ander twee is die Serwiërs en Kroate).
125px|duimnael|Nasionale simbool van die Bosniërs Ander lande wat die simbool heraldies gebruik sluit in Serwië en Spanje ter erkenning van die Bourbons.
Die heraldiese fleur-de-lis is wydverspreid: onder die talle stede wat dit as simbool gebruik, is daar sommige waarvan die naam ook 'n verband met die woord lelie het, byvoorbeeld, Lille (Frankryk) en Liljendahl (Finland). Die verskynsel word in heraldiese taal "sprekende wapen" genoem. Dit is ook wydverspreid as dinastiese embleem gebruik: nie net vir adellike families nie, maar ook byvoorbeeld deur die Fuggers, 'n middeleeuse Europese bankierfamilie.
Noord-Amerika duimnael|links|125px|Vlag van Quebec duimnael|regs|125px|Vlag van Acadiana