thumb|220px|Doleriet. Doleriet is ’n mafiese, kristalagtige stollingsgesteente. Dit word ook diabaas, mikrogabbro of groensteen"Groensteen" in die WAT. Aanlyn by viva-afrikaans.org (intekening nodig). Besoek op 25 Mei 2020. genoem.

Dolerietgesteentes of is gewoonlik vlak intrusies met ’n fyn, korrelrige tot ofitiese struktuur. In Noord-Amerika word die term "diabaas" (diabase) verkies en in die res van die Engelssprekende wêreld "doleriet" (dolerite). Baie wetenskaplikes gebruik daarom die term "mikrogabbro" om verwarring te voorkom.

Gebruike Doleriet word fyngemaak en in bouwerk gebruik, veral vir paaie, geboue en damme. Dit kan ook gebruik word vir grafstene en gedenktekens.

’n Vorm van doleriet, bekend as blousteen, is een van die materiale wat gebruik is in die oprigting van Stonehenge.

Verwysings

Skakels

Kategorie:Gesteentes Kategorie:Vulkanisme