duimnael|Tradisionele medisyne

Tradisionele Afrika-medisyne is 'n versameling praktyke wat inheemse kruie en spiritualiteit behels, en tipies waarsêers, vroedvroue en kruiedokters in sluit. Praktisyns van tradisionele medisyne beweer dat hulle verskillende toestande kan genees soos kanker, psigiatriese afwykings, hoë bloeddruk, cholera, die meeste geslagsiektes, epilepsie, asma, ekseem, koors, angs, depressie, prostaathiperplasie, urienweginfeksies, jig, en genesing van wonde en brandwonde en selfs ebola.

Diagnose word op spirituele wyse bereik en 'n behandeling word voorgeskryf, wat meestal bestaan ​​uit 'n kruiemiddel wat nie net genesingsvermoëns nie, maar ook simboliese en geestelike betekenis het. Daar is die oortuiging dat siekte nie afkomstig is van toevallige voorvalle nie, maar deur geestelike of sosiale wanbalans veroorsaak word. Dit verskil grootliks van moderne wetenskaplike medisyne, wat tegnies en analities gebaseer is. In die 21ste eeu bly moderne farmaseutiese en mediese prosedures ontoeganklik vir die groot meerderheid in Afrika weens hul relatiewe hoë koste en konsentrasie van gesondheidsfasiliteite in stedelike gebiede.

Voor die totstandkoming van wetenskapgebaseerde medisyne was tradisionele medisyne die oorheersende mediese stelsel vir miljoene mense in Afrika, maar die koms van die Europeërs was 'n merkbare keerpunt in die geskiedenis van hierdie tradisie en kultuur. Kruiemedisyne in Afrika word oor die algemeen nie voldoende nagevors nie, en word swak gereguleer. Daar is 'n gebrek aan die gedetailleerde dokumentasie van die tradisionele kennis, wat meestal mondeling oorgedra word. Ernstige nadelige gevolge kan ontstaan ​​as gevolg van verkeerde identifikasie of verkeerde gebruik van genesende plante.

Geskiedenis Koloniale tydperk Die wetenskap het in die verlede metodes van tradisionele kennis as primitief en agterlik beskou. Onder koloniale bewind is tradisionele geloofsgenesers verban omdat hulle deur baie nasies gesien as mense wat heksery en toorkuns beoefen. Hulle is deur die koloniale owerhede onwettig verklaar wat 'n oorlog teen aspekte van die inheemse kultuur wat as heksery beskou word bewerkstellig het. Gedurende hierdie tyd is pogings ook aangewend om die verkoop van kruie medisyne te beheer. Nadat Mosambiek in 1975 onafhanklik geword het, het hulle waarsêers na genesingskampe gestuur as 'n poging om tradisionele medisyne te beheer. Namate kolonialisme en Christendom deur Afrika versprei het, het kolonialiste algemene hospitale gebou, en Christen-sendelinge het privaat hospitale gebou met die hoop om wydverspreide siektes te bekamp. Weinig is gedoen om die wettigheid van hierdie praktyke te ondersoek, aangesien baie buitelanders van mening was dat die inheemse mediese praktyke heidens en bygelowig was en dat dit slegs op die regte manier reggestel kon word deur Westerse metodes te erf. In tye van konflik was opposisie veral sterk omdat mense meer geneig is om na die bonatuurlike te kyk vir ondersteuning. Gevolglik het dokters en gesondheidspraktisyns in die meeste gevalle voortgegaan om tradisionele praktisyns te vermy, ondanks hul bydrae om aan die basiese gesondheidsbehoeftes van die bevolking te voorsien.

Moderne periode duimnael|links|Verkoper van medisinale plante In later jare het die behandelings en middels wat in tradisionele medisyne in Afrika gebruik word meer aandag van navorsers in die wetenskap verkry. Ontwikkelende lande het begin te besef hoe hoog die koste van moderne gesondheidsorgstelsels en die nodige tegnologieë is en Afrika se afhanklikheid daaraan. As gevolg hiervan is daar belangstelling uitgespreek in die integrasie van tradisionele medisyne in die nasionale gesondheidsorgstelsels van die kontinent. 'n Voorbeeld van hierdie benadering is die 48-bed hospitaal in KwaMhlanga, wat tradisionele metodes uit Afrika met Westerse genesingsmetodes kombineer, maar het ook gediskrediteerde metodes soos homeopatie, iridologie en sommige tradisionele Asiatiese medisyne ingesluit.

Diagnose Die diagnoses en behandeling in tradisionele medisyne in Afrika is baie afhanklik van geestelike aspekte, dikwels gebaseer op die oortuiging dat gekombineerde sielkundige en spirituele aspekte voor mediese aspekte aangespreek moet word. In die kulture in Afrika word geglo dat "niemand siek word sonder voldoende rede nie." Praktisyns van tradisionele medisyne kyk na die "wie" eerder as die "wat" as hulle die oorsaak en genesing van 'n siekte opspoor, en die antwoorde wat gegee word is afkomstig van die kosmologiese oortuigings van die mense.

Eerder as om na die mediese of fisiese redes agter 'n siekte te soek, probeer tradisionele genesers om die hoof oorsaak daarvan te bepaal, wat vermoedelik spruit uit 'n gebrek aan balans tussen die pasiënt en hul sosiale omgewing of die geestelike wêreld en nie toegeskryf word aan natuurlike oorsake nie. Natuurlike oorsake word eintlik glad nie as "natuurlik" gesien nie, maar wel manipulasies deur geeste of die gode. Daar word byvoorbeeld gesê dat siekte soms toegeskryf word aan skuld deur die persoon, gesin of dorp vir 'n sonde of morele mislukking. Die siekte sou dus spruit uit die misnoeë van die gode as gevolg van 'n oortreding van die universele morele wet. Volgens die tipe wanbalans wat die individu ervaar sal 'n toepaslike genesingsplant gebruik word, wat waardeer word vir die simboliese en spirituele belang daarvan sowel as die medisinale effek daarvan.

As iemand siek word gebruik 'n tradisionele praktisyn inkantasies om 'n diagnose te maak. Daar word gedink dat inkantasies die indruk skep van mistieke en kosmiese verbande. Waarsêery word tipies gebruik as die siekte nie maklik geïdentifiseer word nie, anders kan die siekte vinnig gediagnoseer word en 'n remedie gegee word. As waarsêery nodig is, sal die praktisyn die pasiënt aanraai om 'n waarsêer te raadpleeg wat verdere diagnose en genesing kan gee. Kontak met die geesteswêreld deur waarsêery vereis dikwels nie net medikasie nie, maar ook opofferings.

Behandelings Tradisionele praktisyns gebruik 'n wye verskeidenheid behandelings, wat wissel van "towerkuns" tot biomediese metodes soos vas en dieet, kruieterapie, massering en chirurgiese prosedures.

Voorbeelde sluit in: Vir migraine, hoes en absesse word 'nat-geuttrekterapie' gebruik waarna 'n kruie salf toegedien word met kruie-opvolgmiddels. Sommige kulture vryf ook warm kruie-salf oor die ooglede van die pasiënt om hoofpyn te genees. Malaria word behandel deur beide die drink en die stoom van 'n kruiemengsel. Koors word gereeld met 'n stoombad behandel. Braking word veroorsaak in 'n poging om siektes te genees. Byvoorbeeld, rou beesvleis word in die drank van 'n alkoholiese persoon geweek om braking en naarheid te veroorsaak en daardeur alkoholisme te behandel. Diere word soms gebruik om die siekte daarna oor te dra of vir die vervaardiging van medisyne. Jig en rumatiek word behandel met die vet van 'n slang. Borspyne word behandel deur die vet op die vel van die pasiënt te vryf.

Ongeveer 60%-80% van die mense in Afrika vertrou op tradisionele middels om hulself teen verskillende siektes te behandel. In 'n sistematiese oorsig word beraam dat bykans 60% van die algemene bevolking in Afrika suid van die Sahara tradisionele en komplementêre medisyneprodukte vir hulself en hul diere gebruik. Byvoorbeeld, oorlewendes van ebola in Sierra Leone het gesê dat hulle tradisionele en komplementêre medisyne alleen of saam met konvensionele medisyne gebruik.

Medisinale plante duimnael|'n Carduus tenuiflorus-plant duimnael|links|'n Tulbaghia violacea-plant duimnael|links|'n Cannabis sativa-plant Daar is baie plante in Afrika wat vir medisinale doeleindes gebruik kan word en meer as 4000 plant spesies word in die tropiese gebiede as medisinale plante gebruik. Medisinale plante word gebruik in die behandeling van baie siektes, en is van toenemende belang is vir Westerse samelewings. Plante word dikwels gekies oor hul simboliese en geestelike betekenis. Byvoorbeeld, blare, sade en takkies wat wit, swart en rooi is, word veral gesien as simbolies of daar word geglo dat hulle spesiale of tower-eienskappe besit.

'n Studie, getiteld "ACE Inhibitor Activity of Nutritive Plants in Kwa-Zulu Natal", is gedoen deur Irene Mackraj en S. Ramesar, albei van die Departement Fisiologie en Fisiologiese Chemie; en H. Baijnath van die Departement Biologiese en Bewaringswetenskappe; Universiteit van KwaZulu-Natal, Durban. Die doel was om die doeltreffendheid van 16 plante wat in die KwaZulu-Natal-streek groei te ondersoek. Hulle het tot die gevolgtrekking gekom dat agt plantekstrakte waarde kan hê vir die behandeling van hipertensie, met Tulbaghia violacea die potensieel mees effektief van die agt.

Voorbeelde van ongetoetste tradisionele gebruike van plaaslike plante sluit in: Die Pedi-mense naby Grahamstad gebruik tradisionele plante en onkruid as alternatiewe medikasie. Die vars blare van Cannabis sativa word in 'n afkooksel gemaak wat drie keer per dag geneem word om asma te behandel. Dit word ook as stoom gebruik. In ander dele van Suid-Afrika word dit gebruik om brongitis, hoofpyn, kraampyn en hipertensie te behandel. Carduus tenuiflorus word gebruik om gif of siektes van 'n siek persoon te onttrek. Daar word geglo dat die plant die oorsaak van die siekte op sigself uitsuig.

Spiritualiteit Sommige genesers gebruik gelukbringers, inkantasies en towerspreuke in hul behandelings. Byvoorbeeld, daar is die oortuiging onder die Ibos van Nigerië dat medisynemans van 'n afstand iets in 'n persoon kan "inplant" om hulle siekte te veroorsaak. Om die kwaadaardige voorwerp te verwyder is 'n tweede medisyneman gewoonlik nodig wat dit dan verwyder deur 'n insnyding in die pasiënt te maak. Die Ibos glo dat psigokinetiese prosesse (om 'n fisiese stelsel sonder fisieke interaksie te beïnvloed) by hul towerkuns betrokke is. Simpatieke towerkuns, waarin 'n model van die slagoffer gemaak word en, daar word geglo, dat aksies wat op die model uitgevoer word aan die slagoffer oorgedra word op 'n manier soortgelyk aan die bekende voedoe-pop, word ook gebruik.

In kulture in Afrika word die genesingsdaad beskou as 'n godsdienstige handeling en daarom probeer die genesingsproses dikwels 'n beroep op God (wie die siekte toegedien het) te doen om 'n genesing te bied. Mense in Afrika het 'n godsdienstige wêreldbeskouing wat hulle laat glo in die goddelike ingryping in genesing en baie genesers verwys na 'n "oppergod" as die bron van hul genesingskrag.

Byvoorbeeld, die !Kung-stam van die Kalahariwoestyn glo dat die groot God Hishe alle dinge geskep het en daarom alle siektes en dood beheer. Hishe verleen egter mistieke magte aan sekere mans om siekte te genees. Hishe stel homself voor aan die mans in drome en hallusinasies en gee hulle raad oor medisyne en genesende krag. Hulle glo dat omdat hierdie god vrygewig genoeg is om hierdie mag aan die mans te gee, word daar van hulle verwag om vryelik genesing te beoefen. Die !Kung se "medisynemans" voer 'n stamdans uit om 'n gennesing te bewerkstellig.

Praktisyns van tradisionele medisyne Baie praktisyns van tradisionele medisyne is mense sonder formele opleiding wat kennis ontvang het van medisinale plante en die uitwerking daarvan op die menslike liggaam deur hul voorouers. Hulle neem 'n persoonlike betrokkenheid by die genesingsproses en probeer om die terapeutiese kennis 'n geheim te hou.