Die Protea (suikerbosse) is 'n genus wat tot die familie Proteaceae behoort. Die genus is immergroen en is oor die algemeen struike met enkele spesies wat bome vorm. Die genus se naam word in die volksmond gebruik vir baie spesies van ander genera wat deel vorm van die Proteaceae's. Die protea vorm deel van die Kaapse floraryk. Die meeste protea's kom in die Wes-Kaap voor en min spesies word nie in Suid-Afrika aangetref nie.

Geskiedenis Die eerste protea is reeds in 1605, 47 jaar voordat Jan van Riebeeck hom aan die suidpunt van Afrika gevestig het, deur Carolus Clusius geïllustreer. Die blom, wat hy Carduus genoem het, is later as Protea neriifolia geïdentifiseer. Die naam Protea is eers in 1735 deur Linnaeus aan die genus gegee. Hy het die genus vernoem na Proteus, 'n god van die Griekse mitologie wat volgens oorlewering van gedaante kon verander. Hierdie naam het hy aan die plante gegee vanweë die geweldige variasie wat binne die genus voorkom.

Proteas wissel byvoorbeeld van klein verdwergde struikies (Protea acaulos en Protea scabra) tot bome (Protea nitida en Protea afra). Spesies soos Protea cryophila, Protea laevis en Protea tenax het ondergrondse stamme, terwyl die meeste ander bogrondse stamme het. Die blomme van die reuseprotea Protea cynaroides het ʼn deursnee van ongeveer 30 cm, terwyl dié van Protea odorata ongeveer 3 cm of nog minder in deursnee is.

Die meeste proteas dra hul blomme aan die punte van die takke, maar Protea amplexicaulis, Protea cordata en Protea humiflora dra hul blomme aan die stam naby die grond. Dikwels is daar ook variasie binne dieselfde spesie. Naby seevlak in die omgewing van Port Elizabeth is die reuse- of koningsprotea (Protea cynaroides) byvoorbeeld groot en het die plante smal blare en blomknoppe met skerppuntige skutblare wat in die lente tot die somer verskyn. Hoër op in dieselfde omgewing is die plante heelwat kleiner, die blare breër, die skutblare van die blomkoppe gerond en blom hulle in die somer tot die herfs.

Verskeie plantkundiges en ontdekkingsreisigers het in die 18e en 19de eeu heelwat belangstelling in Suid-Afrikaanse proteas getoon. Twee persone wat heelwat proteas in Suidwes-Kaap versamel en laat benaam het, was Thunberg, van die Universiteit van Uppsala in Swede, en Masson, van die botaniese tuin Kew in Engeland. Thunberg het byvoorbeeld die bergbruidjie (Serruria florida) vir die eerste keer in die berge rondom Franschhoek ontdek.

Teen die einde van die 18e eeu het die kweek van proteas in glashuise in Engeland 'n gewilde praktyk geword, maar in die 19e eeu het orgideë gewilder begin word en is die glashuise verwarm sodat proteas nie meer daarin gekweek kon word nie. Vandag word Suid-Afrikaanse proteas veral in lande soos Australië en Nieu-Seeland, waar die klimaat soortgelyk aan dié van Suid-Afrika is, gekweek. Die kweek van proteas en Leucospermum (speldekussings) in Suid-Afrika self neem ook toe omdat daar veral in Europa 'n goeie mark vir die blomme bestaan en die blomme lank genoeg hou om uitgevoer te kan word.

Die plaaslike mark vir die blomme is ook besig om te verbeter. Die proteas word volgens hul groeivorm, die plek waar hulle groei en eienskappe van die blomkoppe in verskeie groepe (sonder taksonomiese status) verdeel. Hierdie indeling is soos volg:

Proteas met bogrondse stamme Cynaroideae – slegs Protea cynaroides. Die blom lyk soos 'n artisjok.

Melliferae – slegs Protea repens. Letterlik heuningdraend.

Ligulatae – lepelvormige skutblare.

Speciosae – lang hare aan die punte van die skutblare.

Exsertae – die blomkoppies is klein (ongeveer 8 cm lank), die bome is skraal en onnet en ongeveer 3 m hoog en almal behalwe Protea glabra blom in die herfs. Verbastering tussen die spesies vind maklik plaas.

Pinifoliae – die blare is smal of naaldvormig, die plante is meestal klein en die blomkoppies roosvormig.

Somerreënvalproteas – die blomkwas is langer as die skutblare en hierdie proteas is oor die algemeen nie so mooi soos dié van die winterreënvalstreek nie.

Proteas met ondergrondse stamme word nie verder onderverdeel nie. Proteas is vroeër dikwels as bron van brandstof gebruik, terwyl die tanniene wat uit die bas van sommige Protea- en Leucospermum- spesies verkry is, gebruik is om leer te looi, asook om maagprobleme te behandel.

Die waboom (Protea nitida) was, soos sy naam aandui, 'n belangrike bron van hout vir ossewaens asook vir gebruiksartikels, en die hout word vandag nog vir draaiwerk gebruik. 'n Swart ink waarmee Louis Tregardt na bewering sy dagboek geskryf het, is in die 19e eeu uit die blare van die waboom vervaardig.

Spesies Spesies wat hoort tot die genus is as volg: Seksie Algemene seksienaam Spesie Algemene spesienaamcraterifolia buidelprotea Protea effusa Blosrooisuikerboscraterifolia buidelprotea Protea namaquana Kamiesbergsuikerboscraterifolia buidelprotea Protea pendula Knikkopsuikerboscraterifolia buidelprotea Protea recondita Gesigtoehouproteacraterifolia buidelprotea Protea sulphurea Heuningkoeksuikerboscrinitae oostelike grondprotea Protea foliosa Ruie-suikerboscrinitae oostelike grondprotea Protea intonsa Klossie-suikerboscrinitae oostelike grondprotea Protea montana Swartbergsuikerboscrinitae oostelike grondprotea Protea tenax Gehardesuikerboscrinitae oostelike grondprotea Protea vogtsiae Marie-se-roossuikerboscristatae moorlandprotea Protea asymmetrica Inyanga-suikerboscristatae moorlandprotea Protea wentzeliana Wentzel-se-suikerbosexsertae witprotea Protea aurea aurea Geelsuikerbosexsertae witprotea Protea aurea potbergensis Potbergsuikerbosexsertae witprotea Protea lacticolor Witsuikerbosexsertae witprotea Protea mundii Boswitsuikerbosexsertae witprotea Protea punctata Waterwitsuikerbosexsertae witprotea Protea subvestita Lippeblomsuikerbosexsertae witprotea Protea venusta Rotssuikerboshypocephalae knaagdierprotea Protea amplexicaulis Aardroos-suikerboshypocephalae knaagdierprotea Protea cordata Hartblaargrondsuikerboshypocephalae knaagdierprotea Protea decurrens Overbergsesuikerboshypocephalae knaagdierprotea Protea humiflora Grassuikerboshypocephalae knaagdierprotea Protea subulifolia Naaldblaarsuikerboslasiocephalae savanna-protea Protea gaguedi Grootsuikerboslasiocephalae savanna-protea Protea welwitschii Troshofiesuikerbosleiocephalea grasveld protea Protea afra Hoëveldsuikerbosleiocephalea grasveldprotea Protea afra gazensis Manica-suikerbosleiocephalea skeerkwasprotea Protea afra killimandscharic Kilimanjaro-suikerbosleiocephalea skeerkwasprotea Protea afra mafingensis Mafinga-suikerbosleiocephalea grasveldprotea Protea afra nyasea Malawi-suikerbosleiocephalea grasveld protea Protea dracomontana Drakensbergsuikerbosleiocephalea skeerkwasprotea Protea glabra Kaiingsuikerbosleiocephalea skeerkwasprotea Protea inopina Groottolsuikerbosleiocephalea skeerkwasprotea Protea nitida Blousuikerbosleiocephalea grasveldprotea Protea nubigenaWolkesuikerbosleiocephalea grasveld protea Protea parvula Kleinsuikerbosleiocephalea grasveldprotea Protea petiolaris elegans Sekelblaarsuikerbosleiocephalea grasveldprotea Protea petiolaris petiolaris Sekelblaarsuikerbosleiocephalea skeerkwasprotea Protea rupicola Kranssuikerbosleiocephalea grasveldprotea Protea simplex Slanksuikerbosligulatae lepelskutblaar protea Protea burchellii Blinksuikerbosligulatae lepelskutblaar protea Protea compacta Botriviersuikerbosligulatae lepelskutblaar protea Protea eximia Breëblaarsuikerbosligulatae lepelskutblaar protea Protea longifolia Begrafnissuikerbosligulatae lepelskutblaar protea Protea obtusifolia Bredasdorpsuikerbosligulatae lepelskutblaar protea Protea pudens Aardroos-suikerbos (Protea pudens)ligulatae lepelskutblaar protea Protea roupelliae hamiltonii Dwergsilwerblaarsuikerbosligulatae lepelskutblaar protea Protea roupelliae roupelliae Silwerblaarsuikerbosligulatae lepelskutblaar protea Protea susannae Stinkblaarsuikerbosmelliferae suikerbos Protea aristata Kleindennesuikerbosmelliferae suikerbos Protea lanceolata Smalblaarsuikerbosmelliferae suikerbos Protea repens Opregte suikerbosmicrogeantae westelike grond protea Protea acaulos Aardroos-suikerbos (Protea acaulos)microgeantae westelike grond protea Protea convexa Grootblaarsuikerbosmicrogeantae westelike grond protea Protea laevis Gladde-blaarsuikerbosmicrogeantae westelike grond protea Protea revoluta Gerolde-blaarsuikerbosmicrogeantae westelike grond protea Protea angustata Wyeblaarsuikerbosobvallatae biskopprotea Protea caespitosa Biskopsuikerbospaludosae sneeuprotea Protea enervis Chimanimani-suikerbosparacynaroides sneeuprotea Protea cryophila Sneeubalsuikerbosparacynaroides sneeuprotea Protea pruinosa Geskuurde-suikerbosparacynaroides sneeuprotea Protea scabriuscula Gryssuikerbosparacynaroides sneeuprotea Protea scolopendriifolia Tongblaarproteaparviflorae skalieprotea Protea mucronifolia Kasteelkloofsuikerbosparviflorae skalieprotea Protea odorata Swartlandsuikerbospatentiflorae bergprotea Protea angolensis angolensis Dwerg-noordelike woudsuikerbospatentiflorae bergprotea Protea angolensis divaricata Noordelike woudsuikerbospatentiflorae bergprotea Protea comptonii Barbertonse bergsuikerbospatentiflorae bergprotea Protea curvata Serpentynsuikerbospatentiflorae bergprotea Protea laetans Blydesuikerbospatentiflorae bergprotea Protea madiensis Tall woodland sugarbushpatentiflorae bergprotea Protea rubropilosa Transvaalbergsuikerbospatentiflorae bergprotea Protea rupestris Vuurpylsuikerbospinifolia roosprotea Protea acuminata Sederbergsuikerbospinifolia roosprotea Protea canaliculata Bergroossuikerbospinifolia roosprotea Protea nana Skaamroossuikerbospinifolia roosprotea Protea pityphylla Skaamblomsuikerbospinifolia roosprotea Protea scolymocephala Kleingroenroospinifolia roosprotea Protea witzenbergiana Maanhaarbergroosprotea koningsprotea Protea cynaroides Koningsproteaspeciosae baardprotea Protea coronata Groenhofiesuikerbosspeciosae baardprotea Protea grandiceps Rooisuikerbosspeciosae baardprotea Protea holosericea Saagtandsuikerbosspeciosae baardprotea Protea laurifolia Louriersuikerbosspeciosae baardprotea Protea lepidocarpodendron Swartbaardsuikerbosspeciosae baardprotea Protea lorifolia Riemblaarsuikerbosspeciosae baardprotea Protea magnifica Wolbaardsuikerbosspeciosae baardprotea Protea neriifolia Baardsuikerbosspeciosae baardprotea Protea speciosa Bruinbaardsuikerbosspeciosae baardprotea Protea stokoei Blosendesuikerbossubacaules dwergpolprotea Protea aspera Aardroos-suikerbos (Protea aspera)subacaules dwergpolprotea Protea denticulata Tandjiessuikerbossubacaules dwergpolprotea Protea lorea Sneeugrondsuikerbossubacaules dwergpolprotea Protea piscina Skurweblaarsuikerbossubacaules dwergpolprotea Protea restionifolia Bruingrondsuikerbossubacaules dwergpolprotea Protea scabra Skurweblaargrondsuikerbossubacaules dwergpolprotea Protea scorzonerifolia Kanaalblaarsuikerbos