Die Montagu vexator (Vexatorella obtusata obtusata) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Vexatorella behoort en deel van die fynbos vorm. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom in die Hexrivierberge, Bokkerivierberge, Keeromsberg en Kwadouwberge tot by die Langeberg by Koo asook die Waboomsberg voor. Die struik is dig en word to 2.0 m in deursnee. Die struik blom van September tot Desember.
Vuur vernietig die plant maar die sade oorleef. Twee maande nadat dit geblom het, val die vrugte af en miere versprei die sade. Hulle stoor die sade in hul neste. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van insekte. Die plant groei in droë fynbos in sandsteengrond op hoogtes van 300 - 1 800 m.
In Engels staan dit as die Montagu Vexator bekend. Daar is 'n subspesie: Witteberg vexator.
Galery
Bronnelys REDLIST Sanbi Protea Atlas Biodiversityexplorer Plants of the World Online
Kategorie:Struike Kategorie:Vexatorella Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika