Eugenius I was die 8ste teenpous asook die 75ste wettige pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
Biografie Pous Eugenius I is in die Aventynse Heuwel distrik van Rome gebore as die seun van Rufinianus. Hy was bekend weens sy vroomheid, sagtheid en genadigheid. Hy was 'n priester van sy jong dae en het verskeie poste in die Kerk beklee. Op 16 September 655 volg hy Pous Martinus I op en regeer tot sy dood op 2 Junie 657. Hy word opgevolg deur Pous Vitalianus. Die naam ‘Eugenius’ beteken 'edelgeborene' in Grieks.
Pontifikaat Pous Eugenius I is al op 10 Augustus 654 as teenpous geïnstalleer onder dwang van keiser Constans II van Bisantium en die goewerneur Theodorus Calliopas. Hy het homself pas na die dood van Pous Martinus I as die wettige pous beskou.
Hy het hom kragtig verset teen die monotelitisme en die invloed van die keiser van Bisantium en sterf toe hy ook verban sou word soos sy voorganger Pous Martinus I.
Verering Pous Eugenius word as heilige vereer in die Rooms-Katolieke Kerk. Sy feesdag is op 2 Junie.
Bibliografie Davis, R. (2001) Book of the Pontiffs (English Translation of the Liber Pontificalis) Liverpool University Press. Duff, Eamon. Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press, 2001. bl. 62–63. Maxwell-Stuart, P. G. Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson, 2002, bl. 47. .
Eksterne skakels
Nota Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia.
Opvolging
Eugenius I Eugenius I