Die Mercedes-Benz W123 is 'n reeks middelslagmotors wat van November 1975 tot Januarie 1986 deur die Duitse vervaardiger Mercedes-Benz vervaardig is. Die W123-modelle oortref hul voorganger, die Mercedes-Benz W114/W115-modelle, as die suksesvolste Mercedes, en het 2,7 miljoen eenhede verkoop voordat die produksie in Januarie 1986 gestaak is.
Agtergrond Die W123 het 'n treffer by die publiek geword vanweë sy moderne voorkoms. Na 'n trae opbou gedurende die eerste jaar van produksie om die hoë en konsekwente gehalte te verseker, het die klante wat hul bestellings geplaas het, 'n lang wagperiode van nege tot twaalf maande in die gesig gestaar. 'n Swartmark het ontstaan vir die kliënte wat bereid was om meer te betaal vir onmiddellike aflewering. Die effens gebruikte W123 het 'n 5.000 Deutsche Mark- premie bo sy oorspronklike verkoopprys behaal.
Soos sy voorgangers, het die W123 die reputasie verwerf dat hy oorontwerp, goed gebou, duursaam en betroubaar is. Baie taxi-ondernemings het die W123 om hierdie rede gekies, en hulle was algemeen te sien in Duitsland, 'n Enjinlewe van 500 000 of selfs 1 000 000 km met geringe meganiese probleme was algemeen vir W123's wat as taxi's gebruik is. Nadat die W123 die einde van hul lewensduur bereik het, is hulle gereeld na Afrika en derdewêreldlande gestuur waar hulle hoog aangeskryf is vir die vermoë om op rowwe paaie te ry asook sonder gereelde onderhoud.
Die produksie van die W123 is in Januarie 1986 beëindig met 63 finale T-modelle. Die gewildste enkelmodelle was die 240 D (455 000 gebou), die 230 E (442 000 gebou) en die 200 D (378 000 gebou).
Ontwerp Die W123 deel 'n paar tegniese ooreenkomste met sy voorgangers soos enjins, stuurstelsel en veerstelsel. Die ontwerp is opgedateer met 'n klomp styllyne van sy groter boet, die Mercedes-Benz W116, naamlik agterligte, horisontale kopligte en voorste rigtingwysers aan die buitekant, trek-deurhandvatsels, ensovoorts. Die binneruim is gemoderniseer met 'n groter instrumentepaneel, 'n sentrumstel van ronde ventilasiegate, nuwe HVAC-bedieningspaneel, enkele ry beheerskakelaars in die middel, die nuwe middelkonsole wat naatloos van die paneelbord na die tonnelhuisie vloei, en dies meer.
Al die modelle behalwe 280, 280 E en coupé bevat groter ronde kopligte met kleiner ronde misligte met 'n groot glasplaat wat die hele kopligbehuising bedek en as diffusielens optree. Hierdie opstelling is dieselfde vir die Noord-Amerikaanse modelle met verseëlde kopligte en 'n glasplaat wat die koplighuisie gedeeltelik bedek. Die 280, 280 E en koepeemodelle gebruik groot reghoekige kopligte met ronde misligte
Enjins Alle enjins van die W114 / W115 is oorgedra. Die enkele nuwe enjin was 'n SOHC 2,5-liter M123 Inlynsessilinder. Die drieliter-viersilinderdieselenjin het 'n behoorlike benaming met die W123 gekry, wat ooreenstem met sy enjinverplasing: 300 D in plaas van 240 D 3.0 op die vorige W114 / W115.
Die wêreld se eerste turbo-aangejaagde dieselenjin vir passasiersvoertuie, die OM617 A, is uiteindelik in September 1979 in die W123-model bekendgestel, eksklusief aan die 300 TD TURBODIESEL vir die Europese mark.
Kopieë Die W123 is amptelik van 1987 tot 1988 deur FAW in China vervaardig, as 'n 200 sedan of as 'n langwielbasis 230E. Slegs 828 motors is in hul Changchun-aanleg gebou. 'n Meer getroue replika is in Noord-Korea byna geheel en al met die hand gebou, dit was die Kaensaeng 88 genoem.
Galery
Tegniese Data (algemeen) ModelOnderstelJareKonfigurasieInhoudsmaatBrandstof-toevoerDrywingWringkragLeë massa (kg)0–100 km/hTopspoed (km/h)VerbruikEenhedePetrolenjins200123.0202/76–8/80M115 V 20(115.938)I41988 ccVergasser69 kW (93 pk) teen 4800 opm158 Nm teen 3000 opm1 34015,2 sekondes160 km/h12,3 L/100 km158 772123.2209/80–11/85M102 V 20(102.920)I41997 ccVergasser80 kW (108 pk) teen 5200 opm170 Nm teen 3000 opm1 35014,4 sekondes168 km/h10,2 L/100 km217 315200 T123.28011/80–1/861 47015,3 sekondes10,4 L/100 km18 860230123.0232/76–8/80M115 V 23(115.954)I42307 ccVergasser80 kW (108 pk) teen 4800 opm186 Nm teen 2500 opm 1 35013,7 sekondes170 km/h 12,2 L/100 km 196 185230 C123.0836/77–8/801 37512,1 L/100 km18 675230 T123.0435/78–4/801 47012,2 L/100 km6 884230 E123.2237/80–11/85M102 E 23(102.980)I42299 ccBosch K-Jetronic brandstofinspuiting100 kW (134 pk) teen 5100 opm205 Nm teen 3500 opm1 36011,5 sekondes180 km/h10,4 L/100 km245 876230 CE123.2434/80–11/851 38029 858230 TE123.2834/80–9/861 48012,2 sekondes10,5 L/100 km42 248250123.0264/76–8/79M123 V 25(123.920)I62525 ccVergasser95 kW (127 pk) teen 5500 opm196 Nm teen 3500 opm1 41011,3 sekondes185 km/h12,8 L/100 km117 6849/79–9/81M123 V 25(123.921)I6100 kW (134 pk) teen 5500 opm200 Nm teen 3500 opm10/81–12/8511,7 sekondes250 T123.0865/78–8/79M123 V 25(123.920)I695 kW (127 pk) teen 5500 opm196 Nm teen 3500 opm1 51011,9 sekondes185 km/h12,8 L/100 km7 7049/79–9/81M123 V 25(123.921)I6100 kW (134 pk) teen 5500 opm200 Nm teen 3500 opm10/81–10/8211,7 sekondes280123.03012/75–7/81M110 V 28(110.923)I62746 ccVergasser115 kW (154 pk) teen 5500 opm223 Nm teen 4000 opm1 45510,6 sekondes190 km/h13,8 L/100 km33 206280 C123.0504/77–3/8013,1 L/100 km3 704280 E123.03312/75–3/78M110 E 28(110.984)I6Bosch K-Jetronic130 kW (175 pk) teen 6000 opm234 Nm teen 4500 opm1 4759,9 sekondes200 km/h13,3 L/100 km126 0044/78–9/81M110 E 28(110.988)I6136 kW (182 pk) teen 5800 opm240 Nm teen 4500 opm10/81–12/8512,0 L/100 km280 CE123.0534/77–3/78M110 E 28(110.984)I6130 kW (175 pk) teen 6000 opm234 Nm teen 4500 opm1 4759,9 sekondes200 km/h13,3 L/100 km32 1764/78–9/81M110 E 28(110.988)I6136 kW (182 pk) teen 5800 opm240 Nm teen 4500 opm10/81–8/8512,0 L/100 km280 TE123.0935/78-8/78M110 E 28(110.984)I6130 kW (175 pk) teen 6000 opm234 Nm teen 4500 opm1 4759,9 sekondes200 km/h13.3 L/100 km19 7899/78–9/81M110 E 28(110.988)I6136 kW (182 pk) teen 5800 opm240 Nm teen 4500 opm10/81–1/8612,0 L/100 kmDieselenjins200 D123.1202/76–1/79OM 615 D 20(615.940)I41988 ccBrandstofinspuiting metvoorverbrandingskamer40 kW (54 pk) teen 4200 opm113 Nm teen 2400 opm1 39031 sekondes130 km/h8,9 L/100 km378 1382/79–4/8544 kW (59 pk) teen 4400 opm113 Nm teen 2500 opm27,4 sekondes135 km/h220 D123.1262/76–3/79OM 615 D 22(615.941)I42197 cc44 kW (59 pk) teen 4400 opm126 Nm teen 2400 opm1 38028,1 sekondes135 km/h9 L/100 km56 736240 D123.1232/76–7/78OM 616 D 24(616.916)I42404 cc48 kW (64 pk) teen 4200 opm137 Nm teen 2400 opm1 39524,6 sekondes138 km/h9,3 L/100 km449 7808/78–9/81OM 616 D 24(616.912)I42399 cc53 kW (71 pk) teen 4400 opm22 sekondes143 km/h10/81–11/858,9 L/100 km240 TD123,1835/78–8/79OM 616 D 24(616.912)I42404 cc48 kW (64 pk) teen 4200 opm137 Nm teen 2400 opm1 51525,8 sekondes138 km/h9,6 L/100 km38,9039/79–1/862399 cc53 kW (71 pk) teen 4400 opm23,2 sekondes143 km/h8,9 L/100 km300 D123.1302/76–8/79OM 617 D 30(617.912)I53005 cc59 kW (79 pk) teen 4000 opm172 Nm teen 2400 opm1 45019,9 sekondes148 km/h9,9 L/100 km324 7189/79–9/812998 cc65 kW (87 pk) teen 4400 opm17,8 sekondes155 km/h10/81–11/859.3 L/100 km300 CD123.1509/77–8/793005 cc59 kW (79 pk) teen 4000 opm172 Nm teen 2400 opm1 45020,8 sekondes143 km/h9,9 L/100 km7 5029/79–8/812998 cc65 kW (87 pk) teen 4400 opm19,2 sekondes150 km/h300 TD123.1905/78–8/793005 cc59 kW (79 pk) teen 4000 opm172 Nm teen 2400 opm1 57020,9 sekondes148 km/h9,9 L/100 km36 8749/79–9/812998 cc65 kW (87 pk) teen 4400 opm18,9 sekondes155 km/h9/81–1/869,3 L/100 km300 D TURBODIESEL(slegs VSA)123.1338/81–9/82OM 617 D 30 A(617.952)I5 turbo2998 ccBrandstof-inspuiting metvoorverbrandingskameren turboaanjaer89 kW (119 pk) teen 4350 opm230 Nm teen 2400 opm1 52514,0 sekondes165 km/h9,9 L/100 km75 26110/82–8/8592 kW (123 pk) teen 4350 opm250 Nm teen 2400 opm170 km/h300 CD TURBODIESEL123.1507/81-9/821 62514,0 sekondes165 km/hN/A8 00710/82-8/85170 km/h300 TD TURBODIESEL123.19310/80-8/811 62515.0 sekondes165 km/h 9.9 L/100 km28 2199/81-1/869,8 L/100 km
Tegniese data (vir Amerika en Japan) In hierdie markte is slegs die volgende modelle aangebied:Mike Covello: Standard Catalog of Imported Cars 1946–2002. Krause Publications, Iola 2002, , p. 539-43.
<div class="NavContent" style="margin:0;"> ModelJaarEnjinDrywingWringkragPetrolenjins2301977–19782.3 L M115 I469 kW (93 pk) teen 4 800169 Nm teen 2 500280 E1977–19792.8 L M110 Brandstofinspuiting I6106 kW (142 pk) teen 5 750202 Nm teen 4 6001980–1981104 kW (140 pk) teen 5 500197 Nm teen 4 600280 CE1977–19792.8 L M110 Brandstofinspuiting I6106 kW (142 pk) teen 5 750202 Nm teen 4 6001980–1981104 kW (140 pk) teen 5 500197 Nm teen 4 600Dieselenjins240 D1977–19802.4 L OM616 I446 kW (67 pk) teen 4 000132 Nm teen 2 4001981–198550 kW (70 pk) teen 4 000132 Nm teen 2 400300 D1977–19813.0 L OM617.912 I557 kW (77 pk) teen 4 000156 Nm teen 2 400300 CD1978–1981300 TD1979–1980300 D TURBODIESEL1981–19853.0 L OM617 A I5 turbo93 kW (125 pk) teen 4 350245 Nm teen 2 400300 CD TURBODIESEL 300 TD TURBODIESEL
Verwysings
Eksterne skakels
W123 produksiesyfers W123 spesifikasies en pryse W123 Club España
Kategorie:Mercedes-Benz