duimnael|Goue apporteerhond 'n Goue apporteerhond of golden retriever is 'n mediumgrootte, goud- of roomkleurige hond. Die goue apporteerhond word tydens die jag van watervoëls, byvoorbeeld eende en ander wilde voëls, gebruik om die dooie wild te gaan optel en na die jagter te bring. Die ras het 'n buitengewone vermoë om die prooi sagkens in hulle bekke op te tel en te dra, sodat die dooie wild onbeskadig na die jagter teruggebring word. Goue apporteerhonde het 'n instinktiewe liefde vir water, en dit is maklik om hulle na basiese of gevorderde gehoorsaamheidsvlakke op te lei. Dit is 'n ras met lang hare, met 'n digte onderste laag wat hulle voldoende hitte bied in koue weer buite die huis. Hulle buitenste laag hare lê plat teen hul liggame en weer water af. Goue apporteerhonde aard goed in voorstedelike of plattelandse omgewings. Hulle gooi heelwat hare af, veral tydens seisoensveranderings, en benodig redelike gereelde versorging. Die goue apporteerhond is oorspronklik in die middel van die 19de eeu in Skotland geteel.Golden Retrievers: History. K9web.com. Besoek op 30 November 2007.

Die ras is 'n prominente deelnemer aan hondeskoue vir rasegte honde. Goue apporteerhonde is gewild as hulpverleningshonde vir diegene met gestremdhede, byvoorbeeld as 'n gidshond vir blindes en 'n gehoorhond vir dowes. Daarbenewens kan hulle ook as 'n jaghond en 'n opsporingshond, en om deel van 'n soek- en reddingsoperasie te wees, opgelei word. Die ras se vriendelike, minsame geaardheid het tot gevolg dat hulle nie geskik is om 'n professionele waghond te wees nie. Hulle innemende geaardheid maak hulle egter die derde gewildste honderas vir gesinne (per registrasie) in die Verenigde State, die vyfde gewildste in Brasilië en Australië, en die agtste gewildste in die Verenigde Koninkryk. Goue apporteerhonde is selde kieskeurige eters, maar benodig voldoende oefening (twee of meer uur per dag). Die ras is lief vir speel, maar is ook hoogs opleibaar.

Eienskappe Die goue apporteerhond is 'n mediumgrootte, sterk geboude ras met 'n digte, golwende, waterwerende pels. As 'n hond wat sy oorsprong in stamboomteling het, en as gevolg van sy wydverspreide historiese gewildheid, het sommige streeksvariasies van die ras ontstaan; daarom weerspieël die drie subtipes van die goue apporteerhond die tipiese variasies in terme van afmetings en pels. Alle goue apporteerhonde is egter blond, geel of goud van kleur, en alle subtipes is vir dieselfde gesondheidsprobleme vatbaar. senter|duimnael|300x300px|Skelet van goue apporteerhond

Britse honde regs|duimnael|Die goue apporteerhond is die eerste keer in Skotland geteel. Britse goue apporteerhonde is meer gespierd as Noord-Amerikaanse variëteite. Hulle weeg swaarder en het dik pelse. Britse-tipe goue apporteerhonde kom algemeen in Europa en Australië voor. Die skedel is breër en die voorkwart is meer gespierd as by ander soorte. Die snoet is gebalanseerd en goed gevorm. Die pels is oor die algemeen ligter van kleur as by die Amerikaanse soorte. Reunhonde is by die skof 56 tot 61 cm hoog; teefhonde se hoogte is tussen 51 en 56 cm. Die aanvaarbare of verwagte gewig van die honde word nie deur die Britse standaard gespesifiseer nie. Die standaard van die Hondeskuilingsklub verlang egter 'n gelykmatige bokant en reguit agterkwart, sonder die effense afwaartse hoekigheid, tiperend van Amerikaanse honde.KC Golden Retriever standard. UK Kennel Club. Besoek op 30 November 2007. American and the British Golden Retrievers – the same breed? Brighton Goldens.com. Besoek op 8 Desember 2007.

Die oë is rond en donker, in teenstelling met die driehoekige of skuins vorm van hul Amerikaanse eweknieë. Die pelskleur van Britse goue apporteerhonde kan enige kleurskakering van goud of room wees; rooi of mahonie is egter nie aanvaarbaar nie. Oorspronklik was room volgens die Britse standaard 'n onaanvaarbare kleur, maar die standaard is in 1936 hersien om roomkleurig in te sluit. Ten tyde van hierdie hersiening is ooreengekom dat die oorspronklike weglating van room as 'n kleur, as 'n fout beskou moes word, aangesien die oorspronklike "geel" apporteerhonde van die 19de eeu eintlik ligter in kleur was as wat volgens die standaarde voor 1936 toegelaat is. Soos met Amerikaanse goue apporteerhonde, is wit 'n onaanvaarbare kleur wanneer hulle aan skoue en tentoonstellings deelneem. White Golden Retrievers Golden Retriever Club of America. Besoek op 8 April 2016. Die Britse hondeskuilingsklub se standaard word in alle lande behalwe die VSA en Kanada gebruik. Goue apporteerhonde het weens hul oorsprong as jaghonde, gespierde liggame met goeie uithouvermoë.

Amerikaanse honde duimnael|Amerikaanse goue apporteerhond Amerikaanse goue apporteerhonde is langer en minder gespierd as ander soorte; reunhonde se hoogte by die skof is tussen 58 en 61 cm; teefhonde se hoogte is tussen 55 en 57 cm. Hul pelse is donkerder van kleur, in verskillende glansende skakerings van goud, met matige veeragtigheid. Wanneer hulle draf, het hulle 'n vrye, gladde, kragtige en goed gekoördineerde gang; wanneer die hond hardloop, kom sy pote byeen in die middel van die balanslyn. American Kennel Club website, breed standards – Golden Retriever. American Kennel Club. Retrieved on February 4, 2007. Die Amerikaanse standaard stel ook vereistes rakende die proporsie, substansie, kop en skedel, nek, lyf, toplyn, voorkwart en agterkwart; in hierdie opsig stem die Amerikaanse-retriever met ander goue apporteerhonde, wat aan ander nasionale standaarde moet voldoen, ooreen. Amerikaanse telers van goue apporteerhonde voer soms hul honde vanaf Brittanje in om voordeel te trek uit die geaardheid en voorkoms van die Britse rasse.

Kanadese honde regs|duimnael|Kanadese goue apporteerhond Die Kanadese goue apporteerhond het 'n dunner en donkerder pels en hul hoogte is hoër as dié van ander soorte. Reunhonde se hoogte is 58 tot 61 cm; teefhonde se hoogte is tussen 55 tot 57 cm. Die gewig van reunhonde is tussen 29 en 34 kg, teefhonde weeg tussen 27 en 32 kg.

Pels en kleur Soos deur hul naam aangedui word, het goue apporteerhonde pelse wat kan wissel van liggoud- tot donkergoudkleurig. Die bolaag van die pels is waterbestand en effens golwend; hare word regdeur die jaar in klein hoeveelhede gewerp. Die onderlaag is sag en hou die apporteerhond koel in die somer en warm in die winter; hare werp in die lente en herfs. "Golden Retrievers" by Brekka Hervey Larrew Die hare lê gewoonlik plat teen die buik. Die goue apporteerhond se pels behoort nooit te lank te wees nie, omdat dit onprakties kan wees wanneer hulle in die veld diens doen, veral wanneer hulle dooie wild moet gaan haal. AKC Golden Retriever standard. American Kennel Club. Besoek op 4 Februarie 2007. Die pels van goue apporteerhonde toon matige veeragtigheid aan die agterkant van hul voorpote en 'n groter mate van veeragtigheid aan die voorkante van hulle nekke, agterkant van hul boude en onderkant van hulle sterte.

Volgens die Amerikaanse hondeskuilingsklub se standaarde is die pels 'n 'ryk, glansryke goue kleur van verskillende skakerings', wat nie uiterse ligte of buitengewone donker kleure toelaat nie. Dit laat die kleur van die pels wat aanvaarbaar is, aan die oordeel van beoordelaars by hondeskoue oor. 'Suiwer wit' en 'rooi', sowel as 'swart', word as onaanvaarbaar beskou. Die Hondeskuilingsklub van Brittanje laat ook room as 'n aanvaarbare pelskleur toe. Beoordelaars mag goue apporteerhonde met pienk neuse of honde met 'n gebrek aan pigment, diskwalifiseer. Die goue apporteerhond se pels kan ook mahoniekleurig, wat 'rooikop' genoem word, wees, hoewel dit nie by Britse hondeskoue toegelaat word nie. Namate 'n goue appporteerhond ouer word, kan sy pels donkerder of ligter word, tesame daarmee dat die pels op en rondom die snoet ook merkbaar witter word. Babahondjies se pelse is gewoonlik baie ligter as wanneer hulle volwassenheid bereik. 'n Babahondjie met donkerder oorpunte kan egter aanduidend daarvan wees dat die hond by volwassenheid 'n donkerder kleur sal wees.

Geaardheid links|duimnael|Die goue apporteerhond, wat geteel is om dooie wild te gaan optel, is instinktief baie lief vir water en swem. Die geaardheid van die goue apporteerhond is 'n uitstaande eienskap van die ras, en word beskryf as "vriendelik, saggeaard en selfversekerd". Goue apporteerhonde is goeie troeteldiere vir 'n gesin, veral omdat hulle geduldig is met kinders. Hulle is nie 'eenmanshonde' nie en is oor die algemeen ewe liefdevol met vreemdelinge en dié wat hulle ken.Golden Retriever Extended Breed Standard: Origin of the Breed. grcv.org.au Retrieved on April 8, 2016. Hul vertrouende, sagte ingesteldheid maak van hulle swak waghonde. Canada's Guide to Dogs: Golden Retriever. Canadasguidetodogs.com Retrieved on December 17, 2007. Enige vorm van onuitgelokte aggressie of vyandigheid teenoor mense, honde of ander diere, hetsy in die skouring of in die gemeenskap, word by 'n goue apporteerhond as onaanvaarbaar beskou, en is dit nie in ooreenstemming met die karakter van die ras nie. 'n Goue apporteerhond moet ook nie uitermate skugter of senuweeagtig wees nie. Die tipiese goue apporteerhond is kalm, van nature intelligent en gehoorsaam en met 'n uitsonderlike wil om plesier te verskaf.

Goue apporteerhonde is bekend vir hul intelligensie. Volgens Stanley Coren se The Intelligence of Dogs, is goue apporteerhonde die vierde mees intelligente hond - gemeet volgens gehoorsaamheid na 'n opdrag. Volgens Coren behoort die eerste drie plekke aan die borderkollie, die poedel en die Duitse herdershond.

Tipiese goue apporteerhonde is aktiewe en pretliewende diere. Hulle toon ook die buitegewoon geduldige gedrag van 'n hond wat geteel is om vir ure tydens 'n jagtog stil te sit. Volwasse goue apporteerhonde hou baie daarvan om te werk, en het 'n uitsonderlike vermoë om op 'n gegewe taak te fokus. Hulle sal werk totdat hulle ineenstort, en daarom moet daarteen gewaak word om hulle nie te oorwerk nie.

Ander kenmerke wat met hul jagerfenis verband hou, is hul grootte wat dit vir hulle moontlik maak om in en uit bote te skarrel, sowel as hulle buitensporige liefde vir water. Goue apporteerhonde is buitengewoon opleibaar - vanweë hul intelligensie, atletiese vermoëns en hul begeerte om hul hanteerders te behaag - en blink uit in gehoorsaamheidstoetse. Hulle is ook baie mededingend met betrekking tot ratsheid en ander vertoningsaksies. Strawwe opleidingsmetodes is onnodig, omdat goue apporteerhonde gewoonlik baie goed reageer met positiewe en optimale opleidingstyle. Golden Retriever. www.fetchdog.com Retrieved on September 16, 2008.

Goue apporteerhonde kom goed oor die weg met ander honde, katte en die meeste vee. Daar is veral waardering vir hulle hoë vlak van sosialiteit teenoor mense, sowel as hulle kalmte en gewilligheid om te leer. As gevolg hiervan word hulle gereeld as gidshonde, mobiliteitsbystandshonde en as soek- en reddingshonde gebruik.

Gesondheid en lewensduur duimnael| Die werpsels van goue apporteerhonde bestaan tipies uit vyf tot tien hondjies duimnael| Goue apporteerhonde het 'n oorvloed van energie en benodig baie oefening. Hulle presteer gewoonlik uitmuntend by hondekompetisies Die gemiddelde leeftyd van 'n goue apporteerhond is ongeveer 11 tot 12 jaar.The Golden Retriever Club of America, National Health Survey: 1998–1999 (PDF). The Golden Retriever Foundation. Besoek op 4 Februarie 2007. Die ras is vatbaar vir spesifieke kwale, daarom moet troeteldiere vir jaarlikse ondersoeke na 'n veearts geneem word .