regs|duimnael|300px|Die kunstenaar Abel Azcona tydens Die dood van die kunstenaar uitstalling in die Círculo de Bellas Artes in Madrid. regs|duimnael|300px|Azcona se Vaders wat in Madrid uitgestal is.
Abel Azcona (gebore 1 April 1988 in Madrid) is 'n kunstenaar wat bekend staan as die enfant terrible van Spaanse kontemporêre kuns. Sy werk, met duidelike outobiografiese en politieke aspekte druk 'n diepliggende opstand teen die samelewing uit. Dit word gemanifesteer in artistieke media wat gebore is in opvoerings en ontwikkel word tot uitstallings, beeldhouwerke, videokuns, skilderkuns of skryfwerk, met letterkundige werke van opstelle tot literêre of gedenktekste. Sy eerste werke het gehandel oor persoonlike identiteit, geweld en die grense van pyn, wat ontwikkel het tot werke van kritiese, politieke en maatskaplike aard.
Sy werk is te sien in galerye en uitstallings regoor die wêreld en het internasionale aandag getrek, insluitende die Arsenaal van Venesië, die Asian Art Biennale in Dhaka en Taipei, en die tweejaarlikse uitstalling in Lyon, die International Miami Performance festival en die tweejaarlikse Bangladesh Live Art Biennial. Daarbenewens is Azcona se werke teenwoordig in verskillende nasionale en internasionale museums en kultuursentrums, soos die Malaga Sentrum vir Kontemporêre Kuns, die Museum van Moderne Kuns in Bogotá, die Art League Houston, die Museum Leslie Lohman van New York en die Círculo de Bellas Artes in Madrid. Die Museum van Kontemporêre Kuns in Bogotá het in 2014 'n retrospektiewe uitstalling van sy kunswerke vertoon.
Bibliografie
Verwysings
Kategorie:Geboortes in 1988 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Spanjaarde