Die waterbossie (Leucadendron teretifolium) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Leucadendron behoort en deel van die fynbos-bioom vorm. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap, waar dit voorkom op die Elimvlakte, Kleinrivierberge, Riviersonderendberge, Potberg, Bonteberg, Witteberg, Waboomsberg en Langeberg tot by Riversdal. Die struik word 1,0 m hoog en dra blomme van Augustus tot September.
Vuur vernietig die plant maar die sade oorleef. Die sade word in 'n tol op die vroulike plant geberg en word vrygelaat na 'n brand en word moontlik deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig en daar is aparte manlike en vroulike plante. Die bevrugting word gedoen deur die wind. Die plant groei hoofsaaklik in Bokkeveld en Witteberg tipe grond op hoogtes van 0 – 1350 m.
In Engels staan dit as die Needle-leaf conebush bekend.
Galery
Verwysings
Bronnelys REDLIST Sanbi PlantzAfrica Biodiversityexplorer Protea Atlas Plants of the World Online
Eksterne skakels
Kategorie:Leucadendron Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika