Quinne Brown, (gebore 9 Junie 1979, Johannesburg, Transvaal), is 'n Suid-Afrikaanse aktrise. Nadat sy gematrikuleer het, het sy in geografie en antropologie studeer aan die Universiteit van Johannesburg. Gedurende haar studies het sy die geleentheid gekry om deel te wees van die SABC2-sepie, 7de Laan. Brown het bekendheid verwerf vir haar rol as Connie van der Lecq in die sepie. Brown het ook as aanbieder gewerk op die SABC2-geselsprogram, Pasella.

Persoonlike lewe In 2003 het Brown sabatsverlof geneem na haar pa se dood in April daardie jaar. Sy het na San Francisco vertrek, waar sy haar toekomstige man ontmoet het.

Brown is in 2006 met Ryan Hufman getroud en die egpaar het in San Francisco gewoon, waar sy ook aan teater, film en advertensies gewerk het. In 2008 het Brown begin om kinders te onderrig by 'n toneelskool vir kinders.

Die egpaar het hierna na San Diego verhuis waar hulle hul twee dogters, Charlotte en Lara, ryker geword het. Daar het Brown ook as 'n vroedvrou gekwalifiseer om vroue by te staan tydens hul bevallings. Na tien jaar in Amerika, het die gesin teruggekeer na Suid-Afrika en Quinne het in 2016 weer by 7de Laan aangesluit, steeds as die karakter Connie.

Film Just Under a Million; kort film; as Rachel (2007) Ouma se Slim Kind; as Klaradyn (2007) The Shadow of Evil; kort film; as Doris (2008) Nominated; as ʼn aanbieder (2010) This is Charlotte King; kort film; as Charlotte King (2010) Homeward Bound; kort film; as Nicola (2011) Lifeless; as Janice (2013) Sedona’s Rule; as Irene Hartstog; as Alette Barnard Drug of Choice; as Janice Love in Public; vertolk die hoofrol The Last Step; vertolk die hoofrol The Jeffersons; vertolk die hoofrol

Televisie 7de Laan; vertolk die rol van Connie van der Lecq (2001-2002 en weer sedert 2016) Pasella; aanbieder

Teater Hartsondes; vertolk 'n ondersteunende rol; regie: Henry Mylne Homebound; vertolk die hoofrol; regie: Diaan Lawrenson The Good Doctor; vertolk die rol van 'n meisie wat vir 'n oudisie gaan; regie: Richard Homan Knocked Up; vertolk die hoofrol; regie: Tanya Foster, Shari Carlson

Bronnelys https://www.imdb.com/name/nm1513448/ https://www.netwerk24.com/huisgenoot/Bekendes/7de-laan-se-quinne-brown-kuier-in-amerika-vir-kersfees-20191217 https://www.all4women.co.za/1813181/health/womens-health/7de-laan-actress-doula-women-need-to-choose-their-own-birthing-experience https://www.linkedin.com/in/quinne-brown-huffman-05878b9/?originalSubdomain=za https://www.backstage.com/u/QuinneBrown/ http://www.artistconnection.co.za/artists/183/cv.pdf http://www.sabc2.co.za/sabc/home/sabc2/news/details?id=d4b593a6-7ba8-4241-a0c9-9c05cd893ea2&title=Quinne+Brown+Huffman+rejoins+the+cast+of+7de+laan https://www.netwerk24.com/huisgenoot/Bekendes/splinternuwe-avontuur-vir-quinne-brown-en-manlief-ryan-20180426 https://doulaquinne.com/quinnebrown-com/

Kategorie:Suid-Afrikaanse aktrises van die 21ste eeu Kategorie:Lewende mense Kategorie:Geboortes in 1979