Die Tiger I is 'n Duitse swaartenk wat in die Tweede Wêreldoorlog diens gedoen het op die front in Noord-Afrika asook Europa, gewoonlik in onafhanklike swaartenkbataljons. Die tenk se amptelik naam is: Panzerkampfwagen VI Tiger Ausf. E, verkort tot Tiger. Die Tiger I is die Duitse weermag se eerste pantsergevegsvoertuig wat toegerus was met die 8,8 cm KwK 36-kanon wat ontwikkel is van die 8,8 cm Flak 36-lugafweerkanon. Vanaf Augustus 1942 tot Augustus 1944 is daar altesaam 1 347 van die tenks gebou. Na Augustus 1944 is die Tiger II bo die Tiger I verkies.

Die Tiger I se ontwerp is as buitengewoon vir sy tyd beskou, tog was dit oorontwerp, omrede duur materiaal gebruik is en produksie arbeidsintensief was. Die Tiger se swakheid was die rusperbande wat gereeld gebreek het en sy togafstand was beperk weens sy hoë brandstofverbruik. Die tenk was duur om te onderhou, maar meganies betroubaar.Drabkin & Sheremet 2006:43 Dit was moeilik om die tenk te vervoer en dit is gou tot stilstand gedwing wanneer ys, modder en sneeu tussen die oorvleulende, tussengelaagde Schachtellaufwerk-patroon padwiele gekom het. Soms was die blokkasie van so 'n aard dat die wiele glad nie wou beweeg nie. Hierdie was 'n probleem wat veral op die oos-front in Oos-Europa ondervind is, gedurende die rasputitsa-seisoen en tydperke van uiterste koue.

Die bynaam van Tiger is deur Ferdinand Porsche geskep en die romeinse syfer is eers bygevoeg nadat die Tiger II in produksie gekom het. Die aanvanklike naam was Panzerkampfwagen VI Ausführung H, letterlik Pantser Gevegsvoertuig VI weergawe H, afgekort tot PzKpfw VI Ausf. H waar die 'H' Henschel & Son voorstel, wat die ontwerper en vervaardiger was. Dit is in Maart 1943 herklassifiseer as PzKpfw VI Ausf. E met voorraadverwysing Sd.Kfz. 181.

Wêreldwyd is daar tans slegs sewe Tiger I-tenks oor in museums en privaatversamelings. Tiger 131, wat tydens die Noord-Afrika offensief verower is, behoort aan die Bovington Tenkmuseum en is die enigste werkende model.

Ontwerpgeskiedenis Eerste ontwerp In Januarie 1937 het die Duitse Leërwapenagentskap Waffenamt 'n versoek aan Henschel & Son gerig om 'n deurbraakvoertuig Durchbruchwagen in die 30-33 ton klas te ontwerp.White, B. T. German Tanks and Armoured Vehicles, 1914–1945. p. 69-70 Slegs een prototipe se romp is ontwikkel en nooit met 'n skiettoring toegerus nie. Die Durchbruchwagen I se ontwerp het baie ooreenkomste met die Panzer III getoon, die skiettoring kom ooreen met die vroeëre Panzer IV C se skiettoring met die 7,5 cm L/24-kanon en kortloop.

Nog voordat die Durchbruchwagen I egter voltooi kon word, het die Waffenamt 'n versoek aan Henschel gerig om 'n 30 ton Durchbruchwagen te ontwikkel met dikker pantser. Die Durchbruchwagen II het oor pantser van 50 mm aan die voorkant beskik en sou toegerus word met die Panzer IV se skiettoring met 'n 7,5 cm L/24-kanon, ook met 'n kortloop. Die totale massa sou 36 ton wees. Slegs een romp is ooit gebou en weereens was dit nie met 'n skiettoring toegerus nie. Verdere ontwikkeling van die Durchbruchwagen is gestaak in 1938 ten gunste van die groter en beter gepantserde VK 30.01 (H) en VK 36.01 (H)-ontwerpe. VK beteken Vollketten in Duits, volrusperband.VK van die Duitse Vollketten beteken "volle rusperband"; H vir Henschel Beide die Durchbruchwagen I en II prototipes was gebruik as toetsvoertuie tot in 1941.

Verbeterde ontwerp Die VK 30.01 (H) mediumtenk- en die VK 36.01 (H) swaartenkontwerpe is die pioniers vir die komplekse Schachtellaufwerk rusperbandonderstel van wringstaafgeveerde, oorvleulendgelaagde vere vir gebruik op die hoofwiele van die tenks. Hierdie konsep was reeds gebruik op die Duitse halfrusperbandvoertuie soos die Sd.Kfz. 7. Die VK 30.01 (H) is ontwerp om met 'n Krupp-skiettoring toegerus te word waarin 'n 7,5 cm L/24 infanterie-ondersteuningskanon met 'n lae trompsnelheid, 'n 7,5 cm L/40 veeldoelige teentenkkanon of 'n 10,5 cm L/28 veldkanon gemonteer is. Die totale massa mag nie meer as 33 ton gewees het nie. Die pantser aan die voorkant was 50 mm en 30 mm aan die kante. Vier prototipes is gebou vir evaluering. Twee is later toegerus met die 12,8 cm Selbstfahrlafette L/61 kanon en het bekend gestaan as die Sturer Emil-selfaangedrewe kanon.

Die VK 36.01 (H) ontwerp was vir 'n tenk van 40 ton met 100 mm pantser aan die voorkant, 80 mm aan die kante van die skiettoring en 60 mm aan die kante van die romp. Dit moes toegerus word met 'n Krupp-skiettoring wat of met 'n 7,5 cm L/24 of 'n 7,5 cm L/43 of 'n 7,5 cm L/70 of 'n 12,8 cm L/28 kanon toegerus is. Dit lyk amper soos die Panzer IV C se skiettoring. Aanvanklik is daar een prototipe van die romp gebou en later nog vyf meer. Die rompe is egter nooit toegerus met die skiettorings nie en dié was gebruik vir die sg. Atlantiese Muur. Die VK 36.01 (H) projek is later gestaak ten gunste van die VK 45.01 projek.

Verdere verwikkelinge Die Duitse magte het die Franse SOMUA S35 kavallerietenk en Char B1 swaartenk en die Britse Matilda II infanterietenks teëgekom gedurende die Slag van Frankryk in Junie 1940 en dié ondervinding het hulle oortuig dat die Duitse Leër beter bewapende en gepantserde tenks benodig.

Op 26 Mei 1941 is Henschel en Ferdinand Porsche versoek om ontwerpe vir 'n 45 ton swaartenk in te dien, wat teen Junie 1942 vir diens gereed moes wees. Porsche het aan 'n verbeterde weergawe van die hul VK 30.01 (P) Leopard-tenk prototipe gewerk en Henschel aan 'n verbeterde weergawe van hul VK 36.01 (H) ontwerp. Henschel het twee prototipes gebou: die VK 45.01 (H) H1 met 'n 8,8 cm L/56 kanon en die VK 45.01 (H) H2 met 'n 7,5 cm L/70 kanon.

Finale ontwerp duimnael|links|160px|Die skiettoring word in Henschel se fabriek geïnstalleer Op 22 Junie 1941 het Duitsland Operasie Barbarossa geloods en die Sowjetunie binnegeval. Die Duitsers was egter geskok toe hulle die Sowjet T-34 mediumtenk en die KV-1 swaartenk teëgekom het, en volgens die Henschel-ontwerper Erwin Aders "was daar groot konsternasie toe daar ontdek word dat die Sowjettenks beter was as enige iets waaroor die Duitse Leër beskik het".

Tenks met 'n massa van 45 ton en 8,8 cm kaliber kanonne is toe bestel. Die afleweringsdatum was 20 April 1942, die 53ste verjaarsdag van Hitler. Die ontwerp het egter nie voorsiening gemaak vir skuinspantserplate soos die Panther-tenk nie, 'n innovasie van die Sowjetleër op hul T-34 tenk. duimnael|130px|Een van eerste Tigers met 'n hoë luik

Beide Porsche en Henschel se ontwerpe het gebruik gemaak van die Krupp-ontwerpte skiettoring. Die prototipe is aan Hitler gedemonstreer by Rastenburg. Henschel se ontwerp is aanvaar omrede die Porsche VK 4501 (P) prototipe se ontwerp 'n petrol-elektriese hibriedkrageenheid gebruik het wat groot hoeveelhede koper benodig het om die skiettoring aan te dryf. Koper was egter 'n strategiese materiaal waartoe Duitsland beperkte toegang gehad het. Produksie van die Panzerkampfwagen VI Ausf. het in Augustus 1942 begin. Porsche het 'n bestelling vir sy tenks verwag en het 100 onderstelle gebou. Nadat die kontrak aan Henschel toegeken is, was Porsche se onderstelle gebruik vir 'n skiettoringlosetipe tenkvernietiger, 91 omgeskakel na die Panzerjäger Tiger (P) vroeg in 1943.

Die Tiger was nog in sy prototipe fase toe dit dringend in diens gestel is en daarom is groot en klein veranderinge aangebring deur die produksieloop. Die grootste verandering was die herontwerpte skiettoring met 'n laer luik. Om koste te verminder is die onderwatervermoë en buitelugfiltreerstelsel geskrap.

Ontwerp Die Tiger se ontwerpbeginsels het verskil van die filosofie wat tot op daardie stadium vir Duitse tenks gegeld het. Sy voorgangers het gestreef na 'n balans tussen beweegbaarheid, pantser en slaankrag en het soms teen vyandelike tenks te staan gekom wat oor beter slaankrag beskik het.

Die Tiger, alhoewel groot, was nie stadiger as die beste van sy opponente nie. Tog, met 'n dooie massa van 50 ton, het die onderstel, ratkaste en ander soortgelyke items hulle boonste ontwerplimiet bereik en falings was aan die orde van die dag indien instandhouding nie gereeld gedoen is nie.

Alhoewel die algemene ontwerp en uitleg min of meer dieselfde was as die vorige mediumtenk, die Panzer IV, was die Tiger twee keer so swaar. Dit was as gevolg van sy aansienlik-dikker pantser, die groter hoofkanon, groter brandstoftenks en ook meer stoorplek vir ammunisie, 'n groter enjin en stewiggeboude onderstel en transmissiestelsel.

Pantser duimnael|links|Die Tiger I se pantser was tot 120 mm dik op die skiettoringmantel

Die Tiger I se pantser op die voorste romp was 100 mm dik, die voorkant van die skiettoring was 100 mm dik en die basis van die skiettoring was 120 mm dik. Die kantplate was 60 mm dik en die bokant van die romp was 80 mm dik terwyl die skiettoring se kante en agterkant ook 80 mm dik was. Die bokant en onderkant was 25 mm dik en vanaf Maart 1944 is die skiettoring se dak dikker gemaak tot 40 mm. Die pantserplate was hoofsaaklik plat met 'n legkaarttipe konstruksie. Die pantser was van martensiet-(termo)verharde staal en die lasplekke was van 'n hoë kwaliteit, hulle het oorvleuel en is gesweis eerder as om met klinknaels gelas te word.

Kanon Die 56-kaliber lang 8,8 cm KwK 36 is vir die Tiger gekies. 'n Kombinasie van die projektiel se plat trajek as gevolg van sy hoë trompsnelheid en die presisie Turmzielfernrohr TZF 9b visier van Leitz (die 9b is later vervang met die mono TZF 9C) maak die kanon uiters akkuraat. Met toetse gedurende die oorlog deur die Britte het hulle 'n teiken van 410 mm x 460 mm vyf keer agtereenvolgens getref op 'n afstand van 1 100 m. In vergelyking met die ander Duitse tenkkanonne het die 8,8 cm KwK 36 beter deurdringingsvermoë gehad as die 7,5 cm KwK 40 van die Sturmgeschütz III en Panzer IV maar was ondergeskik aan die 7,5 cm KwK 42 van die Panther-tenk tot op 'n afstand van 2 500 meter. Verder as 2 500 meter was die 8,8 cm KwK 36 beter in deurdringingsvermoë en akkuraatheid.

duimnael|Ammunisie word gelaai Die ammunisie vir die Tiger het elektriese slagdoppe gebruik. Vier tipes ammunisie was bruikbaar maar nie altyd geredelik beskikbaar nie; die PzGr 40 het wolfram benodig, wat skaars was gedurende die oorlog.

PzGr. 39 (pantserbreek-ballistiese-dopgeskut) PzGr. 40 (pantserdeurdringing, soliede projektiel) Hl. Gr. 39 (hoë plofkrag teentenk) sch. Sprgr. Patr. L/4.5 (brandbom skrapnel)

Enjin en aandrywing duimnael|upright|Bemanning werk aan die enjin deur 'n luik agterop die tenk