Abiy Ahmed Ali (Ge'ez: ዐቢይ አህመድ አሊ; gebore op 15 Augustus 1976) is 'n Ethiopiese politikus wat dien as die 12de premier van Ethiopië sedert 2 April 2018. Hy is die eerste Oromo wat dien as voorsitter van die regerende Ethiopiese Volksrevolusionêre Demokratiese Front (EPRDF) van die Demokratiese Oromoparty (ODP), wat een van die vier koalisiepartye van die EPRDF is. Abiy is ook 'n verkose lid van die Ethiopiese parlement en 'n lid van die uitvoerende komitees van die ODP en EPRDF.

Abiy was 'n voormalige intelligensiebeampte van die weermag en het sedert sy aanstelling as premier 'n wye program van politieke en ekonomiese hervormings van stapel gestuur en gewerk aan vredesooreenkomste in Eritrea, Suid-Soedan, en 'n oorgangsooreenkoms in die Republiek Soedan. Abiy is bekroon met die Nobelprys vir Vrede in 2019 vir sy werk in die beëindiging van die twintigjarige naoorlogse territoriale dooiepunt tussen Ethiopië en Eritrea.

In Oktober 2021 is Abiy Ahmed amptelik beëdig vir 'n tweede termyn van vyf jaar.

Eksterne skakels

Kategorie:Eerste Ministers van Ethiopië Kategorie:Wenners van die Nobelprys vir Vrede Kategorie:Geboortes in 1976 Kategorie:Lewende mense