duimnael| Groen-en-wit geruite gingham-materiaal duimnael|Verskillende kleure gingham-materiale Gingham is 'n medium-gewig, gebalanseerde effebinding tekstielstof, wat van gekleurde katoen- of katoenmengeldrade gemaak word. Kadolph 2007, p. 325 Dit word van fyn- of mediumgewig, gekaarde drade geweef.
Geskiedenis Die naam is moontlik van Malay genggang, wat 'apart', of 'afsonderlik' beteken, afkomstig. Alternatiewelik word daar ook bespiegel dat die tekstielstof, wat nou as gingham bekend staan, in Guingamp, 'n stad in Bretagne, Frankryk, gemaak is, en dat die tekstielstof na die stad vernoem is. Sommige bronne is van mening dat die naam 'n Nederlandse oorsprong het. American Heritage Dictionary of the English Language Toe gingham oorspronklik in die 17de eeu na Europa ingevoer is, was dit 'n gestreepte stof, maar dit word nou deur geruite patrone gekenmerk. Vanaf die middel van die 18de eeu, toe dit in fabrieke in Manchester, Engeland, vervaardig is, is daar begin om dit as ruitstof (gewoonlik blou en wit) te weef. Geruite gingham het met verloop van tyd meer algemeen geword, hoewel gestreepte gingham nog in die laat Victoriaanse periode beskikbaar was. In die Franse taal staan 'n soortgelyke tekstielstof bekend as vichy, na aanleiding van die stad Vichy in Frankryk.
Gebruik Gingham word, net soos moeselien, dikwels as 'n toetsstof vir mode-ontwerp gebruik, of vir die maak van 'n goedkoop toetskledingstuk, voordat dit finaal in duurder materiaal gemaak word.
In die Verenigde Koninkryk word gingham-materiaal dikwels vir jonger meisies se skooldrag gebruik.
In die populêre kultuur
Die Eugene Field-gedig The Duel handel oor 'n tweegeveg tussen 'n "gingham-hond" en 'n "kaliko-kat". Brigitte Bardot het 'n trourok van pienk gingham-materiaal gedra. Dit het 'n modeneiging tot gevolg gehad wat tot 'n tekort aan hierdie materiaal in Frankryk gelei het. Gedurende die 2012-’13-seisoen het Manchester United FC 'n trui met gingham-patrone gedra. Die Japannese meisiegroep AKB48 het gingham as 'n algemene tema vir hul 2012-single "Gingham Check" gebruik. In die boek en film, die Wizard of Oz, het Dorothy Gale 'n blou gingham-rok gedra. Mary Ann Summers het dikwels 'n gingham-rok op Gilligan's Island gedra. Bill Hicks het met betrekking tot Jack Palance van die 1953 film Shane, in sy bekende komedie-vertonings, na gingham verwys. In Marty Robbins se Grammy-bekroonde lied "My Woman, My Woman, My Wife" (1970) verwys hy na sy vrou "in 'n rok van gingham". In die Captain Beefheart-lied "My Human Gets Me Blues" van die album Trout Mask Replica (1969), sing hy dat sy geliefde in 'n gingham-rok gedans het.
Sien ook Britse landsklere Madras-lap Spoorwegstreep Gamucha Keffiyeh
Bronne Kadolph, Sara J., red.: Textiles, 10de uitgawe, Pearson/Prentice-Hall, 2007, Material for Boys' Clothing: Gingham Vichy
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Tekstiele