Raikoke (Russies: Остров Райкоке; Japannees: 雷公計島, Raikoke-tō) is 'n klein onbewoonde vulkaaneiland in die sentrale gedeelte van die Koerile-argipel tussen Rusland en Japan, sowat 20 km noord van die eiland Matoea geleë. Administratief behoort Raikoke aan die Russiese Sachalin-oblast. duimnael|links|Die vulkaaneiland Raikoke, soos gesien vanuit die Golovnin-seestraat duimnael|links|Raikoke se uitbarsting in 2019 het 'n groot wolk vulkaanas in die atmosfeer uitgestoot Raikoke was ná sy laaste uitbarsting in 1924 byna 'n eeu lank 'n sluimerende vulkaan totdat dit op 22 Junie 2019 skielik uitgebars het. Die uitbarsting was so magtig dat dit volgens die Amerikaanse ruimte-administrasie Nasa nog deur astronaute in die Internasionale Ruimtestasie teen 'n hoogte van 408 km waargeneem kon word. Spiegel Wissenschaft, 1 Julie 2019: Satellitenbild der Woche - Wumms. Besoek op 25 Maart 2020 Vulkaniese gasse en as, wat uit die 700 meter breë krater in die atmosfeer uitgestoot is, het aan sonsop- en -ondergange elders op Aarde 'n purperroi kleur gegee. CNN Space + Science, 17 September 2019: A volcano erupting in Russia caused purple sunsets across the globe. Besoek op 25 Maart 2020
Wetenskaplikes neem aan dat die eiland se flora deur die uitbarsting vernietig is. Of Raikoke se groot kolonies van ysstormvoëls en Steller-seeleeus die uitbarsting oorleef het, is onbekend.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Koerile