duimnael| Sint Sebastiaan pleit by Jesus vir die lewe van 'n grafgrawer wat tydens die pes van Justinianus siek geword het. (Josse Lieferinxe, ca. 1497–1499) duimnael| 'n Kenmerk van die pes van Justinianus was nekrose van die hand. ('n 1975 foto van 'n pesslagoffer) duimnael| 'n Kaart van die Bisantynse Ryk in 550 ('n dekade na die pes van Justinianus) met Justinianus se verowerings in groen aangedui. Die pes van Justinianus (541–542 n.C., met herhalings tot 750) was 'n pandemie wat die Bisantynse (Oos-Romeinse) Ryk en veral die hoofstad, Konstantinopel, sowel as die Sasaniese Ryk en hawestede rondom die hele Middellandse See getref het. Handelskepe het die pes versprei as gevolg van die rotte op die skepe, wat vlooie wat met die pes besmet was, gedra het. Sommige geskiedkundiges is van mening dat die pes van Justinianus een van die dodelikste pandemies in die geskiedenis was, wat gelei het tot die dood van ongeveer 25-50 miljoen mense gedurende twee eeue wat dit by herhaling voorgekom het. Tydens die eerste uitbraak was die dodetal gelykstaande aan 13–26% van die destydse wêreldbevolking. Die sosiale en kulturele impak van die pes word met dié van die Swart Dood wat Eurasië in die veertiende eeu verwoes het, vergelyk. Volgens navorsing wat in 2019 gepubliseer is, word daar egter aangevoer dat die dodetal en die sosiale gevolge van die pes oordryf word.

In 2013 het navorsers vroeëre bespiegelinge dat die pes van Justinianus deur Yersinia pestis, dieselfde bakterie wat verantwoordelik was vir die Swart Dood (1347-1351), bevestig. Die Swart Dood het vir 'n baie korter tydperk geduur, maar het steeds 'n geskatte een-derde tot die helfte van Europeërs doodgemaak. Antieke en moderne Yersinia pestis-stamme, wat nou verwant is aan die voorloper van die Justinianse pesstam, is in Tian Shan, 'n stelsel van bergreekse aan die grense van Kirgisië, Kazakstan en China gevind, wat daarop dui dat die Justinianse pes moontlik in, of naby daardie streek ontstaan het.

Die pes het tydens die agste eeu periodiek teruggekeer; dit het 'n groot invloed op die daaropvolgende verloop van die Europese geskiedenis gehad. Moderne historici het die pes na Justinianus I, die keiser ten tyde van die eerste uitbraak, genoem. Justinianus het self die siekte opgedoen, maar dit oorleef.

Oorsprong en verspreiding

Genetika van die Justiniaanse pesstam Genetiese studies van moderne en antieke Yersinia pestis DNS dui daarop dat die oorsprong van die Justiniaanse pes in Sentraal-Asië was. Die mees basale vlak van bestaande stamme van die Yersinia pestis-spesie as 'n geheel kom in Qinghai, China voor. Nadat monsters van DNS van Yersinia pestis van geraamtes van die Justiniaanse pesslagoffers van Duitsland geïsoleer is, is daar bevind dat moderne stamme wat tans in die Tian Shan- bergreeksstelsel voorkom, die mees basale ooreenkoms met die Justiniaanse pesstam toon. Daar is ook gevind dat 'n skelet wat in Tian Shan gevind is, wat uit ongeveer 180 n.C. dateer, en wat as 'n "vroeë Hun" geïdentifiseer is, DNS bevat het van Yersinia pestis wat nou verwant is aan die stamvoorouer van die Tian Shan-stam van die Duitse monsters. Dit suggereer dat die migrasie van nomadiese volke soos die Xiongnu en die latere Hunne, wat oor die Eurasiese steppe beweeg het, 'n rol gespeel het om die pes van 'n oorsprong in Sentraal-Asië na Wes-Eurasië te versprei.

Vroeëre monsters van DNS van Yersinia pestis is in geraamtes wat van 3000 tot 800 v.C. dateer, dwarsoor Wes- en Oos-Eurasië gevind. Dit lyk nie asof die stam van Yersinia pestis wat vir die Swart Dood, die verwoestende 14de eeuse builepespandemie, verantwoordelik was, 'n direkte afstammeling van die Justiniaanse pesstam was nie.

Historiese perspektief duimnael| Gedeeltelik voltooide basilika in Philippi. Die konstruksie van die kerk is vermoedelik deur die pes van Justinianus gestaak. Die pes van Justinianus word oor die algemeen as die eerste histories-gedokumenteerde epidemie wat deur Yersinia pestis veroorsaak is, beskou. Hierdie gevolgtrekking is op historiese beskrywings van die kliniese manifestasies van die siekte gebaseer,Procopius, History of the Wars, 7 Vols., trans. H. B. Dewing, Loeb Library of the Greek and Roman Classics, (Cambridge, Mass.: Harvard University Press, 1914), Vol. I, pp. 451–473. sowel as Y. pestis-DNS by menslike oorskot wat in ou grafterreine wat uit die betrokke tydperk dateer, gevind is.Wiechmann I, Grupe G. Detection of Yersinia pestis DNA in two early medieval skeletal finds from Aschheim (Upper Bavaria, 6th century A.D.)" Am J Phys Anthropol 2005 Jan;126(1) 48–55

Volgens hedendaagse bronne word daar vermoed dat die uitbraak Konstantinopel bereik het deur besmette rotte, wat na die stad op graanskepe wat uit Egipte aangekom het, vervoer is. Om sy burgers te voed, het die stad en die omliggende gemeenskappe groot hoeveelhede graan, meestal uit Egipte, ingevoer. Egipte se rotte- en vlooibevolking het in die land se graanstore gefloreer.

Die Bisantynse historikus Procopius het die eerste keer in 541, vanuit die hawe Pelusium, naby Suez in Egipte, oor die epidemie verslag gedoen. Nog twee persone het eerstehandse verslae van die verwoesting van die pes gelewer, naamlik die Siriese kerkhistorikus Johannes van EfeseJohn of Ephesus, Ecclesiastical History, part 2. Translation of relevant portions here. en Evagrius Scholasticus, wat destyds 'n kind in Antiochië was en later 'n kerkhistorikus geword het. Evagrius is deur die siekte aangetas, maar het dit oorleef. Tydens sy leeftyd het die siekte vier keer teruggekeer, waartydens hy sy vrou, 'n dogter en haar kind, ander kinders, die meeste van die bediendes en mense van sy landgoed, aan die dood afgestaan het.Evagrius, Historia Ecclesiae, IV.29.

ProcopiusProcopius, Persian War II.22–23. het, in 'n weergawe wat baie met dié van Thukydides ooreenstem, aangeteken dat die pes op die piek daarvan daagliks 10,000 mense in Konstantinopel doodgemaak het. Die akkuraatheid van die syfers word egter bevraagteken en die ware hoeveelheid sterftes sal waarskynlik nooit bekend wees nie. Volgens Procopius was daar nie ruimte in die stad om die dooies te begrawe nie, en daarom is die lyke in die ooptes opgestapel. Begrafnisrites is dikwels sonder toesig gelaat, en die hele stad het na die dooies geruik.Procopius: The Plague, 542 In sy Geheime geskiedenis beskryf hy die verwoesting op die platteland en rapporteer hy die meedoënlose reaksie van die hardvogtige Justinianus: Toe die pes deur die hele bekende wêreld en veral in die Romeinse Ryk versprei het, en die grootste gedeelte van die boeregemeenskap uitgewis het, en noodwendig 'n spoor van verwoesting agtergelaat het, het Justinianus geen genade teenoor die geruïneerde eienaars getoon nie. Selfs toe het hy hom nie daarvan weerhou om die jaarlikse belasting te eis nie - nie net die bedrag waarvoor elke individu aangeslaan is nie, maar ook die bedrag waarvoor die boere se oorlede bure aanspreeklik was.Procopius, Anekdota, 23.20f. As gevolg van die pes op die platteland, kon boere nie gewasse verbou nie, en die prys van graan in Konstantinopel het gestyg. Justinianus het groot bedrae geld aan oorloë teen die Vandale in die streek van Carthago en die Oos-Gote se koninkryk in Italië bestee. Hy het 'n aansienlike hoeveelheid geld aan die bou van groot kerke, soos Hagia Sophia, spandeer. Terwyl die Ryk die projekte probeer finansier het, het die pes daartoe gelei dat belastinginkomste gedaal het as gevolg van die geweldige aantal sterftes en die ontwrigting van landbou en handel. Justinianus het vinnig nuwe wetgewing deurgevoer om die oorvloed van erfeniseise wat ontstaan het as gevolg van slagoffers wat intestaat gesterf het, meer effektief te hanteer.Justinian, Edict IX.3; J. Moorhead 1994; Averil Cameron, The Mediterranean World in Late Antiquity, AD 395–600, 1993:111.

Die langdurige gevolge van die pes op die Europese en Christelike geskiedenis was enorm. Namate die siekte na hawestede rondom die Middellandse See versprei het, het die sukkelende Gote weer sterker geword. Die pes het die Bisantynse Ryk op 'n kritieke tydstip verswak, toe Justinianus se leërs bykans die hele Italië en die westelike kus van die Middellandse See herower het. Die gepaardgaande verowering sou die kern van die Wes-Romeinse Ryk met die Oos-Romeinse Ryk herenig het. Alhoewel die oorwinning wel in 554 plaasgevind het, het die hereniging nie lank gehou nie. In 568 het die Lombarde Noord-Italië binnegeval, die klein Bisantynse leër wat agtergelaat is, verslaan en die Koninkryk van die Lombards gestig. Die pes het moontlik ook 'n paar geslagte later tot die sukses van die Arabiere in die Bisantyns-Arabiese oorloë bygedra.Rosen, William. Justinian's Flea: Plague, Empire, and the Birth of Europe. Viking Adult, 2007. Pg. 321–322. .

Die invloed van die pes van Justinianus op die geskiedenis van Brittanje was beduidend. Sommige geleerdesJohn S. Wacher (1974, pp. 414–422); J.C. Russell (1958, pp. 71–99). is van mening dat die pes die Anglo-Saksiese nedersetting van Brittanje bevorder het, omdat die nasleep daarvan met die hernieude Saksiese offensiewe in die 550's saamgeval het. Blykbaar het Maelgwn, die koning van Gwynedd in Wallis, omstreeks 547 aan die 'geel pes van Rhos' gesterf, en van 548 tot 549 het die pes ook in Ierland verwoesting gesaai. Aangesien daar nie 6de eeuse Engelse dokumente bestaan nie, is daar ook nie Saksiese inligting oor die tydperk nie. Die Romeinse Britte is moontlik disproporsioneel geaffekteer as gevolg van handelskontakte met Gallië en ander faktore,Josiah C. Russell, Medieval Demography, New York, AMS, 1987, p. 123. soos Britse nedersettingspatrone wat meer verspreid was as dié van die Engelse. Dit kon die oordrag van die pes deur die rotte vererger het.Neville Brown, History and Climate Change: An Eurocentric Perspective, Routledge, London, 2001, p.94–95. Dit is moontlik dat die differensiële gevolge van die pes oordryf word. Britse bronne was destyds meer geneig as Saksiese bronne om oor natuurlike rampe te berig. Daarbenewens dui "die bewyse van die handel van artefakte tussen die Sakse en die Engelse" op beduidende interaksie tussen hulle, terwyl selfs "net minimale interaksie sekerlik 'n groot risiko vir die oordrag van die pes sou inhou". Wetenskaplikes (soos Lester K. Little et alii in hul Plague and the End of Antiquity: The Pandemic of 541 - 750 ) wys egter daarop dat die pes waarskynklik groter skade aan die sub-Romeinse Britte as die Anglo-Saksers gerig het. Hulle is van mening dat die skielike verdwyning van die belangrike Romeinse stad Calleva,End of Calleva Atrebatum teen ongeveer 560, waarskynlik aan die pes van Justinianus te wyte was. Dit het later tot 'n tipe vloek op die stad, wat deur die Anglo-Saksers "verdoem" is, gelei."Curse" on Calleva

Die uitbreek van die pes het met die Laziese-oorlog tussen die Bisantynse- en Sasaniese-ryke saamgeval. Die pes het die voortslepende Persiese leër onder Khosrow I, wat gedwing was om terug te trek, beïnvloed. Justinianus I het vinnig van die geleentheid gebruik gemaak om Persië binne te val, maar die veldtog was onsuksesvol.

Virulensie en sterftesyfer