Julie Ann Felix (14 Junie 1938 – 22 Maart 2020) was 'n Amerikaanse folk-sangeres van Mexikaans-Indiaanse afkoms wat haar grootste sukses in die laat 1960's en vroeë 1970's behaal het. Felix, 'n boorling van Kalifornië wat haar in 1964 in die Verenigde Koninkryk gevestig het, is as permanente sangeres vir die Britse televisie-aanbieder Sir David Frost se satiriese komedie-program The Frost Report aangestel en het later ook self as aanbieder opgetree vir die BBC-program Once More With Felix wat tussen 1967 en 1970 gebeeldsaai is en waar internasionale musieksterre soos Leonard Cohen, Spike Milligan, Dusty Springfield, The Kinks en The Bee Gees opgetree het.Evening Standard, 23 Maart 2020: Folk singer Julie Felix dies aged 81. Besoek op 23 Maart 2020

Julie Felix, wat die klein nedersetting Chorleywood in die Engelse graafskap Hertfordshire haar tuiste gemaak het, was die eerste solokunstenaar in die folkmusiek-genre wat 'n kontrak met 'n groot Britse plaatetiket kon teken. Die sangeres was tot met haar dood op 81 ná 'n kortstondige siekte aktief en het voor gehore dwarsoor die Verenigde Koninkryk opgetree. In Oktober 2013 is sy uitgenooi om 'n besoek aan die koninklike Buckingham-paleis in Londen te bring waar sy met koningin Elizabeth II, prins Philip, prins Charles en sy eggenote Camilla gesels het.The Guardian, 19 Mei 2018: Once more with Julie Felix: at 80, the folk star playing after all these years. Besoek op 23 Maart 2020Chorleywood Magazine, 8 Oktober 2018: Julie Felix - Year Number 80, Album Number 40. Besoek op 23 Maart 2020 Felix was minder bekend in haar geboorteland, maar het ikoniese status bereik in haar aangenome land waar sy deur kritici aan Joan Baez gelykgestel is.AllMusic Biography by Bruce Eder. Besoek op 23 Maart 2020 Net soos Baez was Julie Felix 'n passievolle kampvegter vir vroue- en gay-regte wat ook ten gunste van Latyn-Amerikaanse vlugtelinge en vredesprojekte opgetree het.Charing Cross Theatre: Julie Felix: Gracias a la Vida. Besoek op 23 Maart 2020

Verwysings

Eksterne skakels

Media

Beta Hi-Fi Archive/YouTube.com: Julie Felix & Leonard Cohen: Hey, That's No Way to Say Goodbye (PBS 1976) Nuusberigte

Island Echo, Isle of Wight, 28 Augustus 2019: Julie Felix Back on the Isle of Wight ahead of this Weekend's Million Dollar Bash. Besoek op 23 Maart 2020

Kategorie:Amerikaanse sangers