Die Aitsa Afrikaanse Musiektoekennings is 'n toekenningsaand wat sedert 2019 aangebied word om baanbrekers in die Afrikaanse musiekbedryf te vereer, terwyl spesiale gilde vir Afrikaanse kuns en kultuur ook oorhandig word.

Beoordelingsproses Die beoordelingsproses word deur 'n paneel van 12 beoordelaars behartig, wat verteenwoordigers van die groot platemaatskappye, een beoordelaar van Pretoria FM en ook onafhanklike beoordelaars insluit. Publieke stemme word vir 5 van die kategorieë per SMS geneem. Kategoerieë waarin die publiek mag stem: Album van die jaar, Kunstenaar van die jaar, Gewildste liedjie van die jaar, Musiekvideo van die jaar en Nuweling van die jaar.

1ste Aitsa Afrikaanse Musiektoekennings (2019) Die eerste Aitsa Afrikaanse Musiektoekennings was op Woensdag 16 Oktober 2019 in die Moreleta-ouditorium in Pretoria aangebied. Die trofeë wat aan die wenners oorhandig was, is deur die beeldhouer Francois Visser ontwerp en vervaardig. Steve Hofmeyr, Ricus Nel, Snotkop, Danny Smoke, Monique, Demi Lee Moore, Corlea Botha, Adam Tas en ander kunstenaars het tydens die geleentheid opgetree.

Lys van wenners: Boere- of tradisionele musiekalbum van die jaar: Die Ventertjies vir Vanaand dans ons weer Humoristiese album van die aar: Die Flooze, vir Die Bliengmasjien Kontemporêre album van die jaar: Jo Black vir Voel jy die genade Instrumentale album van die jaar: Rocco de Villiers vir Kortbroek, langkouse Alternatiewe album van die jaar: Spoegwolf vir Koma Hip-hop-album van die jaar: Early B vir Aangename kennis Popalbum van die jaar: Demi Lee Moore vir Mis, Eet, Slaap, Herhaal Musiek in ’n TV-reeks of -program: Jo Black in Kom Ons Gaan Groot Musiekvideo van die jaar: Elandré vir Vuur op die water (Vervaardiger: Christian Wolf) Nuweling van die jaar: Douvoordag Liriek van die jaar: Juan Boucher vir Twaalf Rondtes Vervaardiger van die jaar: Danny Smoke Liedjieskrywer van die jaar: Elandré en Niel Schoombie Gewildste liedjie van die jaar: Die Land (Gesing deur: Steve Hofmeyr, Jay, Bobby van Jaarsveld, Ruhan du Toit, Bok van Blerk; Skrywer: Johan Oberholzer) Kunstenaar van die jaar: Spoegwolf Album van die jaar: Demi Lee Moore vir Mis, Eet, Slaap, Herhaal Ere-toekennings vir lewenslange bydrae: Sonja Herholdt en Kosie van Niekerk

2de Aitsa Afrikaanse Musiektoekennings (2020) Pretoria FM het in Februarie 2020 aangekondig dat die 2de Aitsa Afrikaanse Musiektoekennings op 15 Oktober 2020 sal plaasvind.

Verwysings

Musiektoekennings Kategorie:Suid-Afrikaanse musiektoekennings