Khatia Buniatishvili (Georgies: ხატია ბუნიათიშვილი, Georgiese uitspraak: xɑtʼiɑ buniɑtʰiʃvili; gebore 21 Junie 1987 is 'n Frans-Georgiese konsertpianis.
Vroeë lewe en opvoeding Khatia Buniatishvili is in 1987 in Georgië gebore en het op driejarige ouderdom onder haar moeder klavier begin studeer. Sy het haar eerste konsert saam met die Tbilisi Kamerorkes op 6-jarige leeftyd gegee, en teen die ouderdom van 10 internasionaal opgetree. Khatia het in Tbilisi onder Tengiz Amiredjibi en in Wene onder Oleg Maisenberg studeer.
Loopbaan Buniatishvili het in 2010 'n platekontrak geteken met Sony Classical as 'n eksklusiewe kunstenaar. Haar 2011 debuutalbum sluit Liszt se Klaviersonate in B mineur, Liebestraum No. 3, en Mefisto Wals No. 1 in.
In 2012 het Buniatishvili haar tweede album, Chopin,« C comme Chopin » (C as Chopin), in Improvisation so piano, Jean-Pierre Thiollet, Neva Editions, 2017 , . vrygestel wat solo klavierwerke bevat sowel as Chopin se Klavierconcerto No. 2 in F mineur, begelei deur die Orchestre de Paris en Paavo Järvi.
Diskografie
2011 - Franz Liszt, soloklavier album (Sony Classical) 2012 - Chopin, met die Orchestre de Paris, gedirigeer deur Paavo Järvi (Sony Classical) 2014 - Motherland, soloklavier album (Sony Classical) 2016 - Kaleidoscope, soloklavier album (Sony Classical) 2016 - Liszt Beethoven, met die Israel Filharmoniese Orkes, gedirigeer deur Zubin Mehta (Sony Classical) 2017 - Rachmaninoff, met die Tsjeggiese Filharmoniese Orkes, gedirigeer deur Paavo Järvi (Sony Classical) 2019 - Schubert, soloklavier album (Sony Classical)
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike Webtuiste Israelse Filharmoniese Orkes vier Maestro Mehta se 80ste verjaardag - Khatia Buniatishvili speel Tsjaikofski se Klavierconcerto No. 1 Op. 23. Youtube video Schumann: Klavierkonzert ∙ hr-Sinfonieorchester ∙ Khatia Buniatishvili ∙ Paavo Järvi. Youtube video
Kategorie:Geboortes in 1987 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Georgiese pianiste