Die wrywingsdrukval in 'n pyp word gegee deur die Darcy-Weisbach-vergelyking tesame met die Colebrookvergelyking wat 'n funksie is van die Reynoldsgetal om f' te bepaal.
Waar:
– Wrywingsdrukval [kPa] – Darcy/Moody wrywingsfaktor [dimensieloos] Hierdie waarde kan òf bepaal word deur die Colebrookvergelyking òf die Moodygrafiek. – (Ekwivalente) lengte van pyp [m]. Vir 'n pyp sonder elmboë en kleppe is dit bloot die lengte gedeel deur die diameter. Elmboë en kleppe se weerstand word bepaal deur 'n L/D-waarde. Al hierdie waardes word bymekaar getel om die totale L/D-waarde te kry. – Digtheid van vloeier [kg/m3] – Vloeisnelheid [m/s]
Die snelheid in 'n lyn kan soos volg in terme van die volume- en massavloeitempo geskryf word:
Waar: – Binnedeursnitarea van die pyp [m2] – Pyp binnediameter [mm] – Volumevloeitempo [m3/h] – Massavloeitempo [kg/h] – digtheid van die vloeier [kg/m3]
Indien hierdie in die boonste formule vervang word, word die volgende verkry:
Dus, ter opsomming:
Bepaling van ekwivalente pyplengte () Die drukval oor pyptoebehore soos kleppe, elmboë, T-stukke, vernouers, lynsiwwe, pypingange en pypuitgange word gewoonlik saam met die wrywingsdrukval bereken en word by die totale pyplengte getel as 'n ekwivalente pyplengte (L/D). Bv, 'n sluisklep wat voloop is se ekwivalente pyplengte is L/D = 13. Dus, indien die totale pyplengte van 'n pypsisteem 10 m is en dit bevat 'n sluisklep wat voloop is in 'n pyp met 'n binnediameter van 200 mm (0.2 m), dan is die totale ekwivalente pyplengte Le = 10 + 13 × 0.2 = 10 + 2.6 = 12.6 m.
Soms word die weerstand gegee in terme van Kr. Die ekwivalente lengte word dan soos volg bereken:
Dus is die totale ekwivalente lengte:
Hierdie waarde word nou gebruik in die vergelyking om die totale wrywingsdrukval te bepaal:
Alternatiewelik is:
waar
Drukvalkonstantes vir passtukke
+ L/D waardes vir passtukke Toerusting L/D waarde 90° elmboog 30 45° elmboog 16 Sagte T 20 Harde T 60 Voloop sluisklep 13
Kyk ookː
Pressure loss from fittings - Equivalent length method Pressure loss from fittings - Excess head (K) method
Bylaes
Bylaag A: Norman Lieberman se vereenvoudigde formule Die bekende Norman Lieberman het die volgende vereenvoudigde formule afgelei om die drukval deur 'n pyp te bepaal:Verkry uit kursusnotas wat Normal Lieberman aangebied het in 2014
Waar:
= Drukval in pvd (pond per vierkante duim) per 100 voet pyp. = Pyp binnediameter in duim. = Digtheid van vloeier in lb/vt3. = Snelheid in pyplyn in vt/s (voet per sekonde). = Empiries bereken. = Digtheid van water [lb/vt3]. Dus is die middelste "term", ρ/62 die SG. = Drukomskakeling van duim water na pvd.
Standaardeenhede
Die formule hierbo kan ook soos volg geskryf word:
Waar: = Drukval in pyp in pvd = Lengte van pyp in voet
Die konstante se eenhede is dus:
Skakel nou die konstante om na standaard eenhede:
Dus is die formule hierbo in standaard eenhede soos volg:
Waar: = Drukval in pyp in kPa = Lengte van pyp in m = Digtheid van die vloeier in kg/m3 = Binnediameter van die pyp in m
of
Waar: = Drukval in pyp per 100 meter pyp in kPa. = Binnediameter van die pyp in mm.
Kyk ook
Pypvloei Manningvergelyking vir vloei in oop kanale
Verwysings
Kategorie:Pypleiding