Jerome Bernard Orbach (20 Oktober 1935 – 28 Desember 2004) was 'n Amerikaanse akteur wat bekend was vir sy rol as speurder Lennie Briscoe in die televisiereeks, Law & Order, en sy rolle in musiekblyspelle.
Vroeë lewe Orbach is in die Bronx in New York gebore as die enigste kind van Emily Olexy ('n Pools-Amerikaanse Rooms-Katoliek) en Leon Orbach ('n Duitse Jood van Sefardiese herkoms). Hy was as 'n Rooms-Katoliek opgevoed. Tydens sy kinderjare het die Orbach-gesin dikwels verhuis, Mount Vernon in New York, Wilkes-Barre, Nanticoke en Scranton in Pennsilvanië, Springfield in Massachusetts en Waukegan in Illinois.
Hy het drama aan die Universiteit van Illinois en Nortwestern Universiteit gestudeer. Van daar het hy weereens na New York verhuis, waar hy saam met Lee Strasberg gestudeer het by die Actors Studio.
Loopbaan Orbach was 'n bekwame akteur wat beide in Broadway- en "Off-Broadway"-toneelstukke toneelgespeel het. Sy eerste groot rol was as El Gallo in die oorspronklike rolverdeling van die dekade-lange treffer, The Fantasticks. Hy het ook die hoofrol vertolk in Carnival, die musikale weergawe van die rolprent Lili. Hy het 'n Tony-nominasie gekry vir sy hoofrol in die heropvoering van Guys and Dolls en 'n Tony-toekenning vir Beste Akteur in 'n Musiekblyspel in die oorspronklike produksies van Chicago. Hy was ook te sien in die oorspronklike produksie van 42nd Street en die heropvoering van The Cradle Will Rock. Hy het sy rolprentdebuut in 1955 gemaak in 'n onerkende klein rolletjie in die rolprentweergawe van Guys and Dolls, waar hy die rol vertolk van 'n barbierskliënt tydens die musikale nommer "The Oldest Established Permanent Floating Crap Game" (hy het 'n solo tydens een van die lied se "Nathan, Nathan Detroit!!"-kore). Orbach het tydens die 1970's af en toe in rolprente en televisieprogramme verskyn.
In die 1980's het sy fokus volledig na rolprent- en televisiewerk verskuif. Prominente rolle sluit in: 'n korrupte polisiespeurder in Sidney Lumet se Prince of the City (1981); die vader van Jennifer Grey se karakter in Dirty Dancing (1987); 'n koudbloedige moordenaar in die Woody Allen-drama, Crimes and Misdemeanors, en die stem van die kandelaber, Lumière, in die Walt Disney se geanimeerde musiekblyspel, Beauty and the Beast (1991) (hy het die rol in al die video-opvolgings herhaal, sowel as die House of Mouse-televisiereeks).
Hy het ook die hoofrol vertolk in die kortstondige 1987 kriminele drama, The Law and Harry McGraw, en het later die rol herhaal in 'n gereelde gasrol in Murder, She Wrote. Hy het in 1992 by die geselskap van Law & Order aangesluit as die kwinkslaende polisiespeurder, Lennie Briscoe. Hy was tot 2004 deel van die televisiereeks. (Hy het egter voorheen 'n gasrol gehad as 'n advokaat vir die verdediging in die episode, "The Wages of Love".) Hy was ook die stem vir die karakter in die reeks se verskeie videospeletjies. Orbach sou die rol voortsit op die televisiereeks, Law & Order: Trial by Jury, maar het gesterf na die verfilming van die eerste twee episodes. Die episodes is in Maart 2005 (na sy dood) uitgesaai en die vyfde episode van die reeks, "Baby Boom", is aan hom opgedra.
Persoonlike lewe Orbach het in 1958 met Marta Curro getrou en hulle het saam twee seuns gehad, Anthony Nicholas en Christopher Ben; die paartjie het in 1975 geskei. In 1979 het hy met die Broadway-danseres, Elaine Cancilla, getrou; hulle het op die stel van Chicago ontmoet.
Hy het in Hell's Kitchen in Manhattan gewoon en was 'n gereelde besoeker aan die buurt se restaurante en winkels. Die kruising tussen 8th Avenue en 53rd Street is in 2007 na Orbach vernoem. Die planne vir die vernoeming was oorspronklik teëgesit deur die plaaslike beplanningsraad, maar hulle besware is mettertyd tot niet gemaak, danksy Orbach se gewildheid en sy liefde vir die stad.NY Times artikel 3/7/07
Dood Dit was vroeg in Desember 2004 aangekondig dat Orbach reeds vroeër in die jaar begin het om behandeling vir prostaatkanker te ontvang: hy het op 28 Desember 2004 by die Memorial Sloan-Kettering Cancer Center in New York gesterf. Sy agent, Robert Malcolm, het na sy dood aangekondig dat Orbach reeds tien jaar vroeër met prostaatkanker gediagnoseer is.
Orbach het sy seuns, sy vroue en sy moeder agter gelaat. Hy was 'n oogskenker en sy oë het twee mense van blindheid gered. Eye Bank advertising campaign information , besoek op 2007-01-12.
Toekennings en nominasies
Tony-toekennings 1965 Nominasie: Beste akteur in 'n musiekblyspel (Guys and Dolls) 1969 Gewen: Beste akteur in 'n musiekblyspel (Promises, Promises) 1976 Nominasie: Beste akteur in 'n musiekblyspel (Chicago)
Ander In 2002 het Orbach die eretitel "Living Landmark" ("lewende landbaken") verkry van die New York Landmarks Conservancy, saam met medespeler Sam Waterstone. Hy het gespot dat die titel beteken dat hulle hom nie kan sloop nie.Oorspronklike aanhaling: "This means that they can't tear me down." vanuit Remembering Jerry Orbach. Laaste besoek op 6 November 2007.
Op 5 Februarie 2005 is hy posthuum die 2004 Screen Actors Guild Award toegeken vir "uitsonderlike opvoering deur 'n akteur in 'n dramareeks".
Op 18 September 2007 is 'n deel van 53rd Street in New York na Orbach vernoem.Street renamed in Orbach's honor by die webwerf van die New York Times.
Toneelstukke Off-Broadway 1960 - The Fantasticks 1964 - The Cradle Will Rock (heropvoering) 1967 - Scuba Duba
Broadway 1955 - Threepenny Opera 1961 - Carnival! 1965 - Guys and Dolls 1966 - Annie Get Your Gun 1967 - The Natural Look 1968 - Promises, Promises 1972 - 6 RMS RIV VU 1975 - Chicago 1980 - 42nd Street
Filmografie 1955 - Guys and Dolls 1958 - Cop Hater 1961 - Mad Dog Coll 1964 - Ensign Pulver 1965 - John Goldfarb, Please Come Home 1971 - The Gang That Couldn't Shoot Straight 1972 - A Fan's Notes 1975 - Fore Play 1977 - The Sentinel 1981 - Underground Aces 1981 - Prince of the City 1985 - Brewster's Millions 1986 - The Imagemaker 1986 - F/X 1987 - Dirty Dancing 1987 - Out On A Limb 1987 - Someone to Watch Over Me 1988 - I Love N.Y. 1989 - Last Exit to Brooklyn 1989 - Crimes and Misdemeanors 1991 - Dead Women in Lingerie 1991 - California Casanova 1991 - Out for Justice 1991 - Toy Soldiers 1991 - Delusion 1991 - Delirious 1991 - Beauty and the Beast (stem) 1992 - A Gnome Named Gnorm 1992 - Straight Talk 1992 - Universal Soldier 1992 - Mr. Saturday Night 1993 - The Cemetery Club 1996 - Aladdin and the King of Thieves (stem) 1999 - Temps 2000 - The Acting Class 2000 - Chinese Coffee 2000 - Prince of Central Park 2002 - Manna from Heaven 2003 - Broadway: The Golden Age, by the Legends Who Were There 2003 - Try to Remember: The Fantasticks 2003 - Mickey's PhilharMagic (stem)
Televisiewerk
| valign="top" | 1961 - Twenty-Four Hours in a Woman's Life 1967 - Annie Get Your Gun 1982 - Neil Simon's Plaza Suite 1983 - The Special Magic of Herself the Elf 1983 - An Invasion of Privacy 1985 tot 1991 - Murder, She Wrote 1986 - Dream West 1986 - The Adventures of the Galaxy Rangers 1987 - Out on a Limb 1987 - Love Among Thieves 1987 - Tales from the Darkside 1987 tot 1988 - The Law and Harry McGraw 1989 - Perry Mason: The Case of the Musical Murder 1989 - The Flamingo Kid 1990 - Kojak: None So Blind | valign="top" | 1990 - The Golden Girls 1990 - In Defense of a Married Man 1991 - Perry Mason: The Case of the Ruthless Reporter 1992 - Neil Simon's Broadway Bound 1992 - Quiet Killer 1992 - Mastergate 1992 tot 2004 - Law & Order 1996, 1997 en 1999 - Homicide: Life on the Street (gasrolle) 1998 - Exiled: A Law & Order Movie 1999 - Encounters With the Unexplained 1999 - Law & Order: Special Victims Unit 2001 - Law & Order: Criminal Intent 2001 - The Hunt 2004 - Broadway: The American Musical 2005 - Law & Order: Trial by Jury|}
Verwysings Hierdie artikel is 'n vertaling van die Engelse Wikipedia artikel, Jerry Orbach Eksterne skakels
Jerry Orbach by die Internet Movie Database Jerry Orbach by die Internet Broadway Database'' Biografie en onderhoud uit "Broadway; The American Musical"
Kategorie:Geboortes in 1935 Kategorie:Sterftes in 2004 Kategorie:Amerikaanse manlike akteurs van die 21ste eeu Kategorie:Amerikaanse manlike akteurs van die 20ste eeu