Sydney (Skots-Gaelies Baile Shidni) is 'n stedelike gemeenskap (Engels: urban community) in die Kaap-Breton-streeksmunisipaliteit (Cape Breton Regional Municipality) van die Kanadese provinsie Nova Scotia.

Sydney is in 1904 geïnkorporeer en op 1 Augustus 1995 ontbind nadat dit by die streeksmunisipaliteit ingesluit is. Sydney is die grootste stedelike sentrum van die Kaap-Breton-eiland met 'n bevolking van 33 012 (2006). Dit vorm saam met Sydney Mines, North Sydney, New Waterford en Glace Bay die Industriële Kaap-Breton-streek (Industrial Cape Breton).

Kategorie:Kusstede Kategorie:Nedersettings in Nova Scotia