Die Kamiesbergsuikerbos (Protea namaquana) is 'n blomdraende struik wat aan die bekende Proteagenus behoort. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom net in die Kamiesberg voor. Die struik groei regop, word 2,0 m hoog en blom van Junie tot September.
Die plant vrek tydens veldbrande, maar die sade oorleef. Die saad word in 'n doppie geberg en deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van voëls. Die plant groei op die hellings in granietagtige grond op hoogtes van 1 200 - 1 600 m.
Hierdie spesie is aanvanklik verwar met Protea sulphurea. In Engels staan dit as die Kamiesberg sugarbush bekend.
Galery
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome Lys van proteaspesies
Bronnelys PlantZAfrica Biodiversityexplorer Protea Atlas REDLIST Sanbi Plants of the World Online
Kategorie:Protea Kategorie:Struike Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika