Karel VII (Frans: Charles VII) (22 Februarie 1403 – 22 Julie 1461), genoem die Seëvierende (le Victorieux) of die Goed-Gediende (le Bien-Servi), was Koning van Frankryk van 1422 tot met sy dood in 1461. Hendrik VI van Engeland het aanvanklik met hom gewedywer vir die titel toe sy dienaars groot dele van Frankryk uit Parys regeer het.
Hy was 'n lid van die Huis van Valois, die seun van Karel VI, wie se opvolging tot die troon in twyfel gelaat is deur die Engelse besetting van die noorde van Frankryk. Hy is egter in 'n beroemde gebeurtenis in Reims gekroon in 1429 deur die pogings van Johanna van Arkel om die Franse van die Engelse te bevry. Die latere deel van sy heerskappy is gekenmerk deur struwelings met sy seun, wat later Koning Lodewyk XI van Frankryk geword het.
Kategorie:Franse konings Kategorie:Geboortes in 1403 Kategorie:Mense in die 15de eeu Kategorie:Sterftes in 1461