Christiaan Gerhard Snyman is op 28 Maart 1944 in Johannesburg gebore. Hy het in 1963 by die Hoër Seunskool Helpmekaar in Johannesburg gematrikuleer en het sy Doktorale Proefskrif in Sosiologie aan die Universiteit van Pretoria in 1996 voltooi. Hy het verskeie poste in die privaat- en owerheidssektore beklee, en was sedert 1 Maart 1997 aan die Instituut vir Munisipale Tesouriers in Johannesburg/Kemptonpark verbonde, waar hy Hoof- uitvoerende beampte van die Instituut was. Sedert 2009 is hy 'n pensioenaris.
Kategorie:Suid-Afrikaanse wetenskaplikes Kategorie:Sosioloë Kategorie:Geboortes in 1944 Kategorie:Lewende mense