Anna Martha Prevot van der Merwe (9 Augustus 1963) is 'n Suid-Afrikaanse aktrise, gebore op Vredendal. Sy het aan die Hoërskool Vredendal matrikuleer en na skool 'n B.A.-graad (Tale) en ook haar diploma in Spraak en Drama aan die Universiteit van Kaapstad voltooi, waar sy genomineer is vir ʼn Fleur de Cap-toekenning in die Mees Belowende Student-kategorie.

Sy is getroud met George Ware, 'n Zimbabwiese sakeman, en die paartjie woon in die Wes-Kaap.

Loopbaan Met ʼn tweejaarkontrak met die destydse TRUK by die Windybrow-teater in Hillbrow, Johannesburg, was sy onder meer in produksies soos: The Women of Troy, Die Hekse van Salem, Boo to the Moon en Sing jy van Bomme.

Sedert 1989 het sy vryskutwerk gedoen en het haar debuut op televisie gemaak in die televisiereeks Uitdraai deur Annie Basson. Daarna het reekse soos Sonkring 1 en 2, Torings, Konings, Onder Draai die Duiwel Rond, Soul City, Amalia, Feast of the Uninvited, Binnelanders, 7de Laan en Tydelik Terminaal gevolg.

Een van haar hoogtepunte in rolprente is haar debuut-rolprent, Die Storie van Klara Viljee, met Katinka Heyns as regisseur. Daarna het sy in ʼn hele paar rolprente verskyn, onder andere The Long Run, Red Dust, Hanna Hoekom, Stuur Groete aan Mannetjies Roux, Dis Koue Kos Skat, Kanarie en Poppie Nongena.

Teaterproduksies Fotostaatmasjien (2018) The Mother Cinderella God van Chaos Jericho Die Twaalfuurwals Kamer van Spieëls Imbumba Samesyn Begeerte Twaalfde Nag Die Buffel Uncle Vanya Pendoring Steeks Wyn Generaal Mannetjies Mentz King Lear Die Laaste Strooi Uit die Bloute Die Vleiroos Moby Dick Die Mirakel The Seagull Die Hekse van Salem Sing jy van Bomme Keep Moving Ma Jack Four Play Boo to the Moon Women of Troy   

Filmografie TelevisierolprentUitdraai (Cornelie)1988Televisie mini-reeksVeldslag (Dolly)1990TelevisiereeksDie Sonkring (Maryna du Plessis)1991RolprentTaxi to Soweto (Miss Rautenbach)1991RolprentDie Storie van Klara Viljee (Klara Viljee)1992TelevisiereeksDie Sonkring II (Maryna MacDonald)1993TelevisiereeksTorings (Rika Groenewald)1994TelevisiereeksParadys1994TelevisiereeksThe Sindicate (Marsha Delport)1995TelevisiereeksViva! (Nikki)1995TelevisiereeksVierspel (Lollie)1996TelevisiereeksHagenheim: Streng Privaat (Veronica Williams)1996TelevisiereeksOnder Draai die Duiwel Rond (Brenda le Roux)1997TelevisiereeksSamaritaan (Rosa)1998Televisie mini-reeksSaints, Sinners and Settlers (Alie)1999TelevisierolprentDessert Diners2000RolprentThe Long Run (Anna)2001TelevisiereeksAmalia (Dr. Sanet Visser)2005TelevisiereeksAmalia II (Dr. Sanet Visser)2006TelevisiereeksFeast of the Uninvited (Marthie van Wyk)2008RolprentSkin (Anna Roux)2008Televisie-sepie7de Laan (Christelle Terreblanche)2009Televisie-sepieBinnelanders2009RolprentDie Ongelooflike Avonture van Hanna Hoekom (Mana)2010RolprentDie Ballade van Robbie de Wee (Erna Verwey)2013RolprentStuur Groete aan Mannetjies Roux (Koba Basson)2013RolprentDis Koue Kos, Skat (Clara Brand)2016RolprentKanarie (Ariene Louw)2018RolprentPoppie Nongena (Antoinette Swanepoel)2020

Toekennings Silwerskerm-nominasie: Beste Ondersteunende Aktrise (Poppie Nongena) SAFTA-toekenning: Kanarie Artes-toekenning: Beste Aktrise in Sonkring 2 FNB-Streekstoekenning: Uit die Bloute FNB-Streekstoekenning: Die Laaste Strooi Rapport Prestige Vroue-toekenning Vita-toekenning: Beste Ondersteunende Aktrise vir Die Hekse van Salem Avanti-toekenning: Soul City SAFTA-toekenning: 7de Laan Silwerskerm-toekenning: Stuur Groete aan Mannetjies Roux Fleur de Cap-toekennig: Beste Ondersteunende Aktrise vir Swerfgoed SAFTA Golden Horn-toekenning: Beste Ondersteunende Aktrise in 7de Laan

Bronne http://thespians.co.za/anna-mart-van-der-merwe-ct/ https://www.imdb.com/name/nm0886347/ https://www.vrouekeur.co.za/bekendes/12-vrae-aan-die-aktrise-anna-mart-van-der-merwe https://www.pressreader.com/south-africa/die-burger/20180313/281487866868248 https://www.artlink.co.za/news_article.htm?contentID=41341

Kategorie:Geboortes in 1963 Kategorie:Suid-Afrikaanse aktrises Kategorie:Suid-Afrikaanse aktrises van die 20ste eeu Kategorie:Suid-Afrikaanse aktrises van die 21ste eeu Kategorie:Lewende mense