Peter Mathebula (3 Julie 1952 – 18 Januarie 2020), bekend as Terror, was Suid-Afrika se eerste swart wêreldbokskampioen. Hy is in Mohlakeng naby Randfontein gebore.

Hy het in 1980 die wêreldvlieggewigbokstitel verower toe hy in die Olympic Auditorium van Los Angeles vir Tae-Shik Kimm van Suid-Korea met punte geklop het.

Bron https://www.thesouthafrican.com/sport/history-making-boxing-legend-peter-mathebula-passes-away/

Kategorie:Suid-Afrikaanse boksers Kategorie:Geboortes in 1952 Kategorie:Sterftes in 2020