Adrianus (Adriaan) Roland Holst (23 Mei 1888, Amsterdam - 5 Augustus 1976, Bergen Noord-Holland) was 'n Nederlandse digter. Sy oeuvre word gekenmerk deur 'n unieke, plegtige styl en ryk simboliek.
Familie duimnael|Adriaan Roland Holst (1904) Sy vader was die broer van die beeldende kunstenaar Richard Roland Holst wat getroud was met Henriette Roland Holst-van der Schalk, die digteres, skryfster en sosialis. Sy was dus die tante van Adriaan Roland Holst. Adriaan is deur vriende en familie "Jany" genoem. Die drie - Adriaan, Richard en Henriette - het gereeld kontak met mekaar gehad.Dit blyk byvoorbeeld uit: A. Roland Holst: Briefwisseling met Richard en Henriette Roland Holst. De Arbeiderspers, Amsterdam 1990. A. Roland Holst: In den verleden tijd, herinneringen aan Lodewijk van Deyssel e.a.. Boelen, Amsterdam 1975. By byvoorbeeld bl. 22-24, 37-39 (waar hy sy tante Henriette Roland Holst aandui as "de" dichteres), 40-44. H. Roland Holst - van der Schalk : Het vuur brandde voort. Levensherinneringen. Nijgh & Van Ditmar 1949, derde en vierde verbeterde druk: De Arbeiderspers, Amsterdam 1979. By bl. 77, 115, 208. E. Etty: Liefde is heel het leven niet, Henriette Roland Holst 1869-1952. Balans, Amsterdam 1996.
Biografie Holst het in het Gooi grootgeword. Hy het in Hilversum die Gemeentelijke HBS bygewoon (hierdie skool is na hom vernoem, en heet tans die A. Roland Holst-kollege) en van 1908 tot 1911 Keltiese Letterkunde aan die Universiteit van Oxford studeer. Reeds op twintigjarige leeftyd kon hy gedigte plaas in die letterkundige tydskrif De XXste Eeuw. In 1911 het sy debuutbundel getiteld Verzen in boekvorm verskyn. In sy volgende bundels, De belijdenis van de stilte en Voorbij de wegen, het sy eie stem tot volle wasdom gekom. Die verslete verse getuig van 'n romantiese begeerte en verhewe eensaamheid. Deirdre en de zonen van Usnach (1920), wat verskyn het in die bibliofiele-reeks Palladium, is 'n poëtiese verhaal wat afspeel in 'n Keltiese leefwêreld.
In 1918 het Holst in Bergen, Noord-Holland gaan woon waar sy woonhuis bewoon is deur 'n verskeidenheid skrywers en digters. Hy het verskillende literêre vriende gehad soos Menno ter Braak, J.C. Bloem, E. du Perron, J. Slauerhoff, Herman Gorter,A. Roland Holst: 'In memoriam Herman Gorter' (Sept. 1927) Vasalis en Victor van Vriesland. Hy het ook kontak gehad met die skilder Carel Willink, wat in 1948 in opdrag van die ministerie van onderwyskunste en wetenskap 'n portret van hom geskilder het.
Uit die argief vir benoemings vir die Nobelprys vir Letterkunde by die Sweedse Akademie blyk dit dat Holst in 1955 en 1961 benoem is vir die Nobelprys.Argief 1955 en Argief 1961 met benoemings vir die Nobelprys vir Letterkunde by die Sweedse Akademie
Hy het gesterf aan komplikasies wat teweeggebring is nadat hy uit sy bed geval het.* Artikel in Argus, 21 Maart 2017, 1e jg, nr 2. bls.13
Nasionale Monument duimnael|Gedig deur Roland Holst wat aangebring is by die Nationaal Monument op de Dam in Amsterdam Roland Holst word in verskeie opsigte gesien as 'n monumentale digter. By die beeld ‘’De stedemaagd’’ in Alkmaar (1950) is daar 'n kort gedig van Roland Holst aangebring. Op die binnekant van die gedenkmuur van die Nationaal Monument op de Dam (in 1956 onthul) is 'n gedig van Roland Holst aangebring in belettering wat deur Jan van Krimpen ontwerp is: <blockquote>"Nimmer, van erts tot arend, was enig schepsel vrij onder de zon, noch de zon zelve, noch de gesternten. Maar geest brak wet en stelde op de geslagen bres de mens. Uit die eersteling daalden de ontelbaren. [...]"</p></blockquote>
Beeld Mari Andriessen, wat as beeldhouer onder andere bekend is vir die beeldhouwerk De Dokwerker in Amsterdam en 'n lid is van die tweede generasie van De Groep van de figuratieve abstractie, het 'n beeld van Holst geskep wat op Hoflaan by die Ruïnekerk in Bergen, Noord-Holland staan. Dit is vergroot tot sy huidige formaat deur Theo Mulder, 'n leerling en vriend van Mari Andriessen.
Lukrake aangeleenthede Op 19 November 2009, na aanleiding van die uiteindelike ampswisseling van premier Herman Van Rompuy, het die volgende versreëls uit "De Ploeger" van Holst in die Belgiese parlement weerklink: Ik vraag geen oogst; ik heb geen schuren, ik sta in uwen dienst zonder bezit. Maar ik ben rijk in dit:<ref>de Belgische premier sprak Maar ik ben fier</ref> dat ik de ploeg van uw woord mag besturen Ik zal de halmen niet meer zien noch binden ooit de volle schoven, maar doe mij in den oogst geloven waarvoor ik dien…
Bibliografie 1911 - Verzen 1913 - De belijdenis van de stilte 1920 - Deirdre en de zonen van Usnach 1920 - Voorbij de wegen 1925 - De afspraak 1925 - De wilde kim 1926 - Ex tenebris mundi: gedichten 1926 - Over den dichter Leopold 1928 - Het Elysisch verlangen (gevolgd door De zeetocht van Ban) 1928 - Shelley, een afscheid 1932 - Tusschen vuur en maan 1936 - De pooltocht der verbeelding 1936 - Voorteekens 1937 - Een winter aan zee 1938 - Uit zelfbehoud 1940 - In memoriam Charles Edgar du Perron en Menno ter Braak 1940 - Onderweg 1943 - Voor West-Europa 1945 - Een winterdageraad 1945 - Eigen achtergronden 1946 - In memoriam Herman Gorter 1946 - Sirenische kunst 1947 - De twee planeten 1947 - Tegen de wereld 1948 - In ballingschap 1948 - Van erts tot arend 1950 - Swordplay wordplay 1951 - De dood van Cuchulainn van Murhevna 1951 - Woest en moe 1957 - Bezielde dorpen 1958 - In gevaar 1960 - Omtrent de grens 1962 - Onder koude wolken 1963 - Onderhuids 1966 - Aan prinses Beatrix 1967 - Kort 1967 - Uitersten 1968 - Vuur in sneeuw 1970 - Met losse teugel 1971 - Verzamelde gedichten 1975 - In den verleden tijd 1976 - Voorlopig 1977 - Roland Holst, ten afscheid 2000 - Trouw in ontrouw. Liefdesgedichten 2001 - RaarPryse 1927 - Prijs van Amsterdam vir De wilde kim 1938 - D.A. Thieme-prys vir Een winter aan zee 1945 - Verzetsprijs vir letterkunde vir Helena's inkeer 1948 - Constantijn Huygens-prys vir sy gehele oeuvre 1955 - P.C. Hooft-prys vir Late telgen 1959 - Prijs der Nederlandse Letteren vir sy gehele oeuvre 1961 - Poësieprys van die munisipaliteit van Amsterdam vir Omtrent de grens 1964 - Poësieprys van die munisipaliteit van Amsterdam vir OnderhuidsBiografie Jan van der Vegt, A. Roland Holst. Biografie''. Baarn, De Prom, 2000.
Eksterne skakels H.A. Wage, 'Roland Holst, Adrianus (1888-1976)', in: Biografisch Woordenboek van Nederland 2 (1985). A. Roland Holst by die Digitale Biblioteek vir Nederlandse Letterkunde
Verwysings
Kategorie:Geboortes in 1888 Kategorie:Sterftes in 1976 Kategorie:Nederlandse skrywers Kategorie:Nederlandse digters