Die aanval op Pearl Harbor was 'n voorkomende militêre verrassingsaanval deur die Japannese Keiserlike Vlootlugmag op die Verenigde State (destyds 'n neutrale land) teen die vlootbasis by Pearl Harbor in Oahu, 'n eiland van Hawaii, net voor 08:00, op Sondagoggend, 7 Desember 1941. Die aanval het die volgende dag tot die formele toetrede van die Verenigde State tot die Tweede Wêreldoorlog gelei. Die Japannese militêre leierskap het na die aanval verwys as die Hawaii Operasie en Operasie AI,Prange, Gordon W., Goldstein, Donald, & Dillon, Katherine. The Pearl Harbor Papers (Brassey's, 2000), p. 17ff; Google Books entry on Prange et al.For the Japanese designator of Oahu. Wilford, Timothy. "Decoding Pearl Harbor", in The Northern Mariner, XII, #1 (January 2002), p. 32fn81. en as Operasie Z tydens die beplanning daarvan.Fukudome, Shigeru, "Hawaii Operation". United States Naval Institute, Proceedings, 81 (Desember 1955), bl. 1315–1331

Japan het die aanval as 'n voorkomende aksie bedoel om te voorkom dat die Amerikaanse Stille Oseaan-vloot inmeng met sy beplande militêre optrede in Suidoos-Asië teen oorsese gebiede van die Verenigde Koninkryk, Nederland en die Verenigde State. In die loop van sewe uur was daar gekoördineerde Japannese aanvalle op die Amerikaanse Filippyne, Guam en Wake-eiland en op die Britse Ryk in Malaya, Singapoer en Hong Kong.

Die aanval het omstreeks 07:48 Hawaiise tyd (18:18 GMT) begin.Prange et al. 7 Desember 1941, bl. 174. Die basis is aangeval deur 353 keiserlike Japannese vliegtuie (insluitend vegters, vlak- en duikbomaanvallers en torpedo-bomwerpers) in twee golwe, van ses vliegdekskepe geloods. Al agt Amerikaanse slagskepe is beskadig, insluitende vier wat gekelder is. Almal behalwe USS Arizona is later weer vlot gemaak, en ses is weer in diens geneem en het aan die oorlog deelgeneem. Die Japannese het ook drie kruisers, drie torpedojaers, 'n lugafweeropleidingskip en een mynlêer gesink of beskadig. Altesaam 188 Amerikaanse vliegtuie is vernietig; 2 403 Amerikaners is dood en 1 178 gewond. Belangrike basisinstallasies soos die kragstasie, droogdok, skeepswerf, instandhouding, en brandstof- en torpedoorbergingsfasiliteite, sowel as die duikbootkaaie en die hoofkwartiergebou (ook die tuiste van die intelligensie-afdeling) is nie aangeval nie. Japannese verliese was gering: 29 vliegtuie en vyf miniatuur-duikbote het verlore geraak, en 64 dienspligtiges is dood. Een Japannese matroos, Kazuo Sakamaki, is gevang.

Japan het later die dag (8 Desember in Tokio) 'n oorlogsverklaring teen die Verenigde State aangekondig, maar die verklaring is eers die volgende dag afgelewer. Die volgende dag, 8 Desember, verklaar die Kongres oorlog teen Japan. Op 11 Desember het Duitsland en Italië elk oorlog verklaar teen die VSA, wat geantwoord het met 'n oorlogsverklaring teen Duitsland en Italië.

Daar was talle historiese presedente vir die onaangekondigde militêre optrede deur Japan, maar die gebrek aan enige formele waarskuwing, veral terwyl vredesonderhandelinge nog steeds aan die gang was, het president Franklin D. Roosevelt daartoe gelei om na 7 Desember 1941 te verwys as "'n datum wat in berugtheid sal bestaan" ("a date which will live in infamy"). Omdat die aanval sonder 'n oorlogsverklaring en sonder uitdruklike waarskuwing plaasgevind het, is die aanval op Pearl Harbor later in die Tokio-verhore as 'n oorlogsmisdaad veroordeel.

Voor die oorlog in Asië begin het Op 27 September 1940 het Duitsland, Japan en Italië 'n verdrag onderteken: die Driemoonthedeverdrag. Dit beskryf dat hulle mekaar se leidende posisie in die nuwe orde, die nuwe wêreld, soos hulle dit gesien het, sou ondersteun. Hulle het mekaar ook militêre steun belowe as een van hulle aangeval sou word.

Verdrae was al vantevore gesluit, maar dit was besonders omdat dit ekstra sekuriteit beteken as die Verenigde State van Amerika aan die Tweede Wêreldoorlog sou deelneem. Almal het gedink dat hierdie oorlog binnekort wêreldwyd sou versprei. Duitsland het Oostenryk en Sudetenland reeds in 1938 oorgeneem en Pole in September 1939 binnegeval. Die aanval op Pole het tot 'n reeks oorlogsverklarings gelei wat op 10 Mei 1940 tot die Duitse aanval in westelike rigting sou eskaleer.

In 1940, tydens die ontruiming van Duinkerken, het die Verenigde Koninkryk byna al sy militêre materiaal verloor en die aantal soldate het ook skerp gedaal. Na 'n versoek om hulp, het die Britte spoedig wesenlike steun van die Verenigde State ontvang. Dit dui duidelik aan wie se kant Amerika was, maar die land was nog steeds amptelik neutraal.

Waarom Japan die VSA aanval In 1940 het Frankryk oorgegee, waarna Japan Indo-China, wat voorheen onder Franse beheer was, beset het. Siam (hedendaagse Thailand) is ook onder druk geplaas om die Japannese 'beskerming' te aanvaar. In antwoord daarop het Nederland en die Verenigde State hul olie-uitvoer gestaak. Die Amerikaners het egter meer gedoen: hulle het embargo's op skroot, staal en vliegtuigbrandstof opgelê. Hierdie beperkings het Japan afgesny van die hulpbronne wat hy benodig. Japan was bang om gesig te verloor weens hierdie maatreëls en die bevelvoerder van hul vloot het gesê: Oorlog of vrede is nou 'n kwessie van lewe of dood.

Ongeveer dieselfde tyd voel Japan deur die VSA bedreig omdat die VSA militêre toerusting aan die Verenigde Koninkryk (vir die stryd teen Duitsland) verskaf het, en dus indirek (via die verdrag) aan 'n Japannese vyand. Om homself te verdedig, het die VSA 'n basis in die Stille Oseaan benodig omdat ander basisse, wat naby Japan geleë was, te ver weg was om strategiese doelwitte na te streef en Japan in 'n kort tydjie te kon bereik. Hulle het ook magte benodig om hul posisie in die Filippyne te beskerm.

Die mees strategiese posisie vir 'n basis was Pearl Harbor, 'n hawe in Oahu, 'n eiland van Hawaii. Dit is hier waar die Amerikaners 'n groot vloot gehad het. Alhoewel dit sterk was, het dit nie alle skepe in die Stille Oseaan-vloot ingesluit nie, omdat baie vliegdekskepe en vliegtuie in die Atlantiese Oseaan in diens was.

Vir meer beskerming het die Amerikaners ook hul magte in die Filippyne uitgebrei om die Japannese te waarsku oor hul mag en teenwoordigheid in hierdie gebied. In Julie 1941 is Amerikaanse gewapende magte in die Filippyne weer uitgebrei, hierdie keer met B-17-bomwerpers. Die Amerikaners het gedink hierdie vliegtuie sal die Japannese afskrik om die Filippynse eilande aan te val.

Terselfdertyd was Japan in 'n slegte ekonomiese situasie en het gedink aan uitbreiding in die omliggende lande om die broodnodige geld uit kolonies te kry. Hulle wou eintlik die leidende nasie in Suidoos-Asië word, met 'n besondere belangstelling in Nederlands-Indië. Maar Japan wou ook al die Britse, Nederlandse, Franse en Portugese gebiede in die Verre Ooste oorheers. In werklikheid wou Japan die hele Stille Oseaan beheer, en dit was duidelik dat die teenwoordigheid van 'n Amerikaanse militêre basis in hierdie oseaan ongewens was.

In 1941 het die Japannese uit Nederland of ander Europese lande weinig gevrees, omdat hulle hulle reeds aan die Duitsers oorgegee het en/of nog besig was om hul land teen die Duitsers te verdedig. Die enigste mag wat Japan verhoed het om die Stille Oseaan te beheer, was die VSA. Japan kan 'n bedreiging vir die VSA inhou, en daarom was dit nie wenslik vir die Amerikaners dat die Japannese terselfdertyd so 'n groot gebied met soveel militêre mag moes beheer nie.

Die Amerikaanse verdediging, wat natuurlik die bedreiging van die Japannese besef het, het baie vlugte vanaf Pearl Harbor gemaak. Veral noord en noordwes is baie gepatrolleer. Hulle het tot 'n radius van ongeveer 560 km van die hawe af gevlieg. Weens 'n tekort aan vliegtuie het hierdie patrollies egter nie volle beskerming verleen nie.

Die hawe links|duimnael|Lugfoto van die Amerikaanse vlootbasis, Pearl Harbor, Oahu, Hawaii (VSA), in 'n suidwestelike rigting geneem op 30 Oktober 1941. Ford-eiland Vlootlughawe is in die middel, met die Pearl Harbor vlootwerksarea net anderkant dit, oorkant die kanaal. Die Amerikaanse weermag se Hickam lugveld is links bo in die middel. Pearl Harbor is meer as 3 600 kilometer van San Francisco af en was gewild onder Amerikaanse matrose. As die vyand 'n skip in die hawe-ingang sou sink, was die basis onbruikbaar. Die vloot het drie uur nodig gehad om die oop see te bereik. Terwyl die vloot binne die hawe is, is hulle 'n aantreklike teiken, saam met al die voorrade en bergingsplekke. Dit sou egter miljoene dollars kos om die vloot ten volle te mobiliseer en te laat uitvaar. Geen bevelvoerder wou die risiko loop om so 'n bevel te gee nie.

Admiraal James Richardson, bevelvoerder van die basis in Mei 1940, het gevind dat die skepe in veilige hawens aan die Amerikaanse weskus hoort. Toe hy president Franklin D. Roosevelt met sy besware nader, is hy van sy pos onthef en vervang deur Admiraal Husband Kimmel.

Tydlyn tot 7 Desember 1941 Reeds op 16 Oktober 1941 was die Amerikaanse media bewus van die dreigende situasie. Hulle het aandag gegee aan hierdie bedreiging in hul nuusartikels. Die mense van Amerika voel egter heeltemal beskerm deur hul leër en gee min aandag aan die artikels. Henry Stimson, wat destyds 'n minister van verdediging was in Amerika, was deeglik bewus van die bedreiging, want in antwoord op die nuusartikels het hy gesê: "Dit is nou 'n tyd om te wag vir Japan om die eerste stap te neem, waarna ons hulle onmiddellik kan aanval."

Japan en Amerika het nog met mekaar onderhandel, maar dit het nie vlot verloop nie. Op 5 November is ses boodskappe onderskep dat die onderhandelinge met Amerika voor 25 November afgehandel moes wees.

Die leier van die Japanse oorlogsoperasie, Isoroku Yamamoto, wou beheer neem oor die hele Suidelike Stille Oseaan-streek en het daarom 'n strategie ontwikkel om Pearl Harbor, die Filippyne en alle ander nie-Japannese plekke in hierdie gebied tegelykertyd aan te val. Hy het sy plan hiervoor op 7 November voorgelê en die plan Z genoem.

Plan "Z" Niemand in die Japannese vloot het Pearl Harbor beter geken as Yamamoto nie. 'n Kaart van die basis waarop hy allerhande notas gemaak het, het in sy kajuit op sy vlagskip Nagato gehang. Omdat alles op die basis met 'n vaste reëlmaat verloop, het hy geweet wanneer hy die grootste skeepskonsentrasie daar kon vind. Die verdediging teen aanvalsvliegtuie was onvoldoende en hy het geglo dat 'n lugaanval 'n groot kans op sukses het. Hy is geïnspireer deur Admiraal Heihachiro Togo en het sy plan na sy Z-sein tydens die Slag van Tsushima (1905) vernoem.

Hy het ook geweet dat op 11 November 1940, tydens 'n aanval op die Italiaanse vloot in Taranto, vier-en-twintig Britse vliegtuie drie slagskepe gesink het met slegs drie torpedos. Die Amerikaners het ook die belangrikheid van hierdie aanval erken, maar Admiraal Kimmel weier om anti-torpedonette in Pearl Habor te installeer omdat dit die vryheid van beweging van sy skepe sou belemmer.

Yamamoto het verkies om eerstens die slagskepe uit die konflik te stel omdat hy gedink het dit sou 'n harde slag vir die Amerikaners wees. Toe hy sy plan om Pearl Harbor aan te val met vliegtuie wat van vliegdekskepe opereer voorstel aan kaptein Minoru Genda, 'n spesialis in lugaanvalle, word hy aangeraai om eers op die Amerikaanse vliegdekskepe te fokus omdat hulle die grootste bedreiging vir die Japannese Keiserlike Vloot inhou.

Japan het twee van die grootste vliegdekskepe ter wêreld gehad: die Akagi (36 500 ton) wat 91 vliegtuie kon vervoer (groter as die Amerikaanse Lexington en Saratoga) en die 38 200 ton vliegdekskip Kaga. Saam met die Hiryu, Soryu, Zuikaku en Shokaku, het die Japannese Keiserlike Vloot ses vliegdekskepe gehad. Genda wou al ses van hulle gebruik vir die aanval (441 vliegtuie in totaal) saam met 'n voorwaartse mag van duikbote. Torpedo's is verkies omdat hulle kragtiger en akkurater as bomme is.