Sylvia Elizabeth Lucas (gebore op 22 April 1964 in Upington, Suid-Afrika) is 'n Suid-Afrikaanse politikus van die Noord-Kaap wat sedert 2019 dien as die adjunkvoorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies.(in Engels) Sylvia Lucas 'deeply humbled' by election as NCOP deputy chair, IOL, 23 Mei 2019. Besoek op 17 Januarie 2020. Sy was voorheen die premier van die Noord-Kaap van 2013 tot 2019.(in Engels) Lucas elected new Northern Cape premier . Besoek op 17 Januarie 2020. Sy het Hazel Jenkins opgevolg nadat sy vir 'n kort tydperk die waarnemende premier was. Lucas was voor dit die LUR vir omgewingsake in die Noord-Kaapse Provinsiale Wetgewer. Sy is 'n lid van die African National Congress (ANC).

Verwysings

Eksterne skakels

Profiel op People's Assembly

Kategorie:Geboortes in 1964 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Politici van die African National Congress Kategorie:Afgevaardigdes van die Nasionale Raad van Provinsies