duimnael|Student (1941) Kurt Arthur Benno Student (12 Mei 1890 - 1 Julie 1978) was 'n Duitse generaal in die Luftwaffe tydens die Tweede Wêreldoorlog. Student was 'n vroeë pionier van valskermmagte, en het opdrag gehad om 'n valskermsweermag te ontwikkel wat bekend sou staan as die Fallschirmjäger. As die mees senior lid van die Fallschirmjäger was hy die bevelvoerder van die mag gedurende die hele oorlog. Student het die eerste groot valskermaanval in die geskiedenis, die Slag om Den Haag in Mei 1940, gelei. Hy was ook in bevel van die Fallschirmjägers tydens hul laaste groot lugoperasie, die inval in Kreta in Mei 1941. Die operasie was 'n sukses ondanks die ernstige Duitse verliese, en het aanleiding gegee dat die Geallieerdes hulle opleiding en ontwikkeling van hul eie valskermeenhede bespoedig het.

Student is in 1947 verhoor en skuldig bevind aan oorlogsmisdade vir die mishandeling en moord op krygsgevangenes deur sy manskappe op Kreta. Student was ook verantwoordelik gehou vir vergelding optrede en massamoorde teen die Kretaanse burgerlikes nadat hy tydens die inval hewige weerstand van die burgerlikes ondervind het. Hy is egter net 'n ligte vonnis opgelê.

Eksterne skakels

Kategorie:Duitse militariste Kategorie:Duitse Nazi's Kategorie:Duitse vlieëniers Kategorie:Duitsers in die Eerste Wêreldoorlog Kategorie:Geboortes in 1890 Kategorie:Sterftes in 1978