duimnael Erhard Milch (30 Maart 1892 - 25 Januarie 1972) was 'n Duitse veldmaarskalk wat toesig gehou het oor die ontwikkeling van die Luftwaffe as deel van die herbewapening van Nazi-Duitsland na die Eerste Wêreldoorlog. Tydens die Tweede Wêreldoorlog was hy verantwoordelik vir die vervaardiging van vliegtuie.

Hy is in 1947 skuldig bevind aan oorlogsmisdade deur die Amerikaanse militêre hof tydens die Milch-verhoor. Hy is tot lewenslange gevangenisstraf gevonnis; maar is in 1954 weer vrygelaat.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Duitse militariste Kategorie:Duitse Nazi's Kategorie:Duitse vlieëniers Kategorie:Duitsers in die Eerste Wêreldoorlog Kategorie:Duitsers in die Tweede Wêreldoorlog Kategorie:Maarskalke Kategorie:Geboortes in 1892 Kategorie:Sterftes in 1972 Kategorie:Nazi's