Ricardo Froilán Lagos Escobar (Spaans: [riˈkaɾðo fɾojˈlan ˈlaɣos eskoˈβaɾ]; gebore op 2 Maart 1938) is 'n Chileense prokureur, ekonoom en sosiaaldemokratiese politikus wat van 2000 tot 2006 as president van Chili gedien het. Hy het die presidensiële verkiesing 1999–2000 naelskraap gewen en Joaquín Lavín van die Onafhanklike Demokraatunie (UDI) verslaan. Lagos was die derde president uit die middel-linkse partykoalisie wat Chili sedert 1990 regeer het. Hy is op 11 Maart 2006 opgevolg deur die sosialis Michelle Bachelet uit dieselfde koalisie. Ná Mei 2007 het hy as 'n spesiale gesant oor klimaatsverandering vir Ban Ki-moon, die destydse sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies gedien.

Hy doseer politieke en ekonomiese ontwikkeling aan die Brown-universiteit in die Verenigde State.

Eksterne skakels

Kategorie:Presidente van Chili Kategorie:Ministers van Onderwys Kategorie:Geboortes in 1938 Kategorie:Lewende mense