+ÁlavaAraba 100px 100px Vlag Wapen 250px Land Outonome Gemeenskap 23px Baskeland Hoofstad Vitoria-Gasteiz Oppervlak – Totaal  2 963 km² Bevolking – Totaal (2011) – Bevolkingsdigtheid Gelys 41ste 322 557 110/km² Parlementêre verteenwoordiging – Setels in die Spaanse Kongres – Setels in die Spaanse Senaat – Setels in die Juntas Generales 4 (van 350) 4 (van 264)51 President Ramiro González (EAJ) Diputación Foral de Álava

Álava (Baskies: Araba) is 'n provinsie in Noord-Spanje in die suidelike deel van die Outonome Gemeenskap van die Baskeland en een van die tradisionele gebiede van die historiese Baskeland. Die provinsie het 'n bevolking van 322 557 en 'n oppervlak van 2 963 km².

Dit word begrens deur die provinsies Burgos, La Rioja, Navarra, Gipuzkoa, en Biskaje. Binne Álava is Condado de Treviño, 'n enklawe wat deel is van die provinsie Burgos, Kastilië en León.

Die hoofstad van Álava is Vitoria-Gasteiz (Spaans: Vitoria, Baskies: Gasteiz), wat ook as hoofstad van die outonome gemeenskap dien. Die provinsie word in sewe graafskappe (cuadrillas) verdeel: Añana; Ayala; Campezo; Laguardia; Salvatierra; Vitoria en Zuya.

Eksterne skakels

Amptelike webwerf

Kategorie:Provinsies van Spanje Kategorie:Baskeland