duimnael|links|Kaart van die Golf von Biskaje en die Keltiese See. duimnael|links|Tipiese kustoneel in Spanje Die Golf von Biskaje (Frans: Golfe de Gascogne, Spaans: Golfo de Vizcaya) is 'n baai van die Atlantiese Oseaan in die hoek tussen die noorde van Spanje en die weste van Suid-Frankryk wat strek van Kantabrië tot by Bretagne. Dit is genoem na die Baskiese provinsie Biskaje in Spanje. Die Franse noem dit die Golf van Gaskonje (Golfe de Gascogne) en die suidelike deel van die golf aan die Spaanse kus staan in Spaans as die Mar Cantábrico (Kantabriese See) bekend. Die Golf van Biskaje is bekend vir sy slegte weer en rowwe see.

Die outonome gebiede van Spanje en die belangrikste hawestede aan die kus van die golf is - van wes na oos: Kantabrië (Spaans: Cantabria), met Santander Baskenland (Baskies: Euskadi, Spaans: País Vasco), met Bilbao (Baskies Bilbo) en Donostia (Spaans: San Sebastián)

'n Deel van die Spaanse kus staan as die Costa Verde (Groen Kus) bekend.

Langs die Franse kus van die golf lê die hawens: Bayonne Bordeaux Royan Rochefort La Rochelle Les Sables-d'Olonne Saint-Nazaire

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Baaie van Frankryk Kategorie:Baaie van Spanje Kategorie:Seë van Europa Kategorie:Seë van die Atlantiese Oseaan