Michael Andreas Gielen (20 Julie 19278 Maart 2019) was 'n Oostenrykse dirigent en komponis wat 'n voorstander was van kontemporêre musiek in opera en konsertstukke.

Hy het in Argentinië grootgeword, en aanvanklik in Wene gewerk waarna hy Generalmusikdirektor (GMD) van die Koninklike Sweedse Opera was. Hy het noemenswaardige wêreldpremiéres opgevoer soos György Ligeti se Requièm, Karlheinz Stockhausen se Carré, en Bernd Alois Zimmermann se opera Die Soldaten en sy Requiem für einen jungen Dichter. Hy het vanaf 1977 tot 1987 aan die hoof gestaan van die Oper Frankfurt, waar hy kontemporêre operas opgevoer het en operas soos Schreker se Die Gezeichneten laat herleef het. Gedurende die tydperk het die operageselskap een van die voorste operageselskappe geword.

Gielen was ook hoofdirigent van die Belgiese Nasionale Simfonieorkes (1969–1973), die Cincinnati Simfonieorkes (1980–1986) en die Suidwestelike Duitse Radio-simfonieorkes gewees (1986–1999). As komponis het hy gewerk in die tradisie van die Tweede Weense Skool, en dikwels moderne literatuur getoonset. Baie van sy werke is die eerste keer uitgevoer saam met kunstenaars soos Joan Carroll, Siegfried Palm, Aloys Kontarsky en die LaSalle Kwartet.

Komposisies Gielen het in 1946 begin komponeer, en het voortgegaan om regdeur sy loopbaan as dirigent te bly komponeer. Hy was beïnvloed deur die tradisie van die Tweede Weense Skool, en sy klein oeuvre sluit toonsettings van gedigte deur Hans Arp, Paul Claudel, Stefan George, en Pablo Neruda in. Sy Die Glocken sind auf falscher Spur ná Hans Arp is die eerste keer in 1970 opgevoer, met die sopraan Joan Carroll, die tjellis Siegfried Palm, die pianiste Aloys Kontarsky, Wilhelm Bruck, Christoph Caskel, met die komponis as dirigent tydens die Saarländischer Rundfunk-fees, "Musik im 20.Jahrhundert" Sy strykkwartet, Un vieux souvenir, ná Baudelaire se Les Fleurs du mal, in 1983 gekomponeer, is die eerste keer in 1985 in Cincinnati deur die LaSalle Kwartet opgevoer.

Sy komposisie word gelys deur die Akademie der Künste: 1946 Vioolsonate 1948 Der Einsame vir bas en klavier, na Friedrich Nietzsche 1949 Variations vir strykkwartet 1950 Korale variasies op "Christus der uns selig macht" 1954 Musik 1954 vir baritoon, strykinstrumente, klavier, piano, keteltrom en tromboon 1959 Variationen für 40 Instrumente, vier gedigte deur Stefan George vir koor en orkes 1960–1963 Pentaphonie "Un dia sobresale" – "Ein Tag tritt hervor" ná Pablo Neruda 1967–1969 die Glocken sind auf falscher Spur, Melodramen und Zwischenspiele nach Gedichten von Hans Arp 1971–1974 Mitbestimmungsmodell, vir orkes en dirigent 1976 Einige Schwierigkeiten bei der Überwindung der Angst, vir orkes 1983 Un vieux souvenir, strykkwartet 1988 Pflicht und Neigung vir blaasinstrumente, perkussie en klawerbordinstrumente 1989 Rückblick vir drie tjellos 1991 Sonate vir solotjello 2001 Klavierstück in sieben Sätzen

Pryse 1985: Hessiese Kulturele Prys 1986: Theodor W. Adorno-prys 1999: Frankfurter Musikpreis 2006: Duisburger Musikpreis 2010: Ernst von Siemens Musiekprys Junie 2010: Großes Verdienstkreuz mit Stern

Verwysings

Bronne

Michael Gielen composers21.com Michael Gielen (Dirigent) Bach Kantates Webwerf

Literatuur Michael Gielen: Unbedingt Musik. Erinnerungen. Insel, Frankfurt am Main 2005; . Michael Gielen, Paul Fiebig: Mahler im Gespräch. Die zehn Sinfonien. Metzler, Stuttgart 2002; .

Eksterne skakels Michael Gielen Universiteit van Hamburg Michael Andreas Gielen, Musiekinligtingsentrum, Oostenryk

"Ehrendirigent des SWR-Sinfonieorchesters legt Taktstock aus gesundheitlichen Gründen nieder", magazin.klassik.com 30 Oktober 2014 Dirigent/Komponis Michael Gielen / Gesprek met Bruce Duffie, 22 Maart 1996

Kategorie:Geboortes in 1927 Kategorie:Sterftes in 2019 Kategorie:Oostenrykse dirigente