Aluminiumtetrachloriedanioon is 'n chemiese verbinding. Dit word in die Friedel-Crafts-alkileringsreaksie uit aluminiumtrichloried (AlCl3) gevorm. Die anioon het 'n tetraëdrale vorm, soortgelyk aan koolstoftetrachloried, waar koolstof deur aluminium vervang word. Sommige van die verbindings is oplosbaar in organiese oplosmiddels, wat 'n ioniese, nie-waterige oplossing vorm, wat hulle geskik maak as komponent van elektroliete vir batterye. Byvoorbeeld, in sommige litiumbatterye word litiumtetrachlooraluminaat gebruik.
Vorming Tetrachlooraluminaatione word gevorm as tussenganger in die Friedel–Crafts-alkileringsreaksie, waarin aluminiumchloried as katalisator gebruik word. Die Friedel-Crafts-alkileringsreaksie kan soos volg in drie stappe verdeel word:
Stap 1: Die alkielhalied reageer met die sterk Lewis-suur en vorm 'n geaktiveerde elektrofiel wat bestaan uit die tetrachlooraluminaatioon en die alkielgroep. 300px|alkielhalied reageer met sterk Lewis-suur (AlCl3) om geaktiveerde elektrofiel te vorm
Stap 2: Die aromatiese ring (in hierdie geval benseen) reageer met die met die geaktiveerde elektrofiel en vorm 'n alkielbensoniumkoolstof-katioon. 350px|Aromatiese ring reageer met geaktiveerde elektrofiel en vorm 'n alkielbensoniumkoolstof-katioon
Stap 3: Die alkielbensoniumkoolstof-katioon reageer met 'n tetrachlooraluminaat-anioon, die aromatiese ring en die Lewis-suur word herskep en soutsuur (HCl) vorm. 400px|Benzenoniumkoolstofverbinding reageer met tetrachlooraluminaat anioon, aromatiese ring en Lewis-suur hervorm + HCl
Verwysings
Kategorie:Anorganiese verbindings