Paula Anne Scharf-Daily (gebore 16 Februarie 1967 in Guilford, Connecticut), beter bekend onder haar verhoognaam Apollo Smile, is 'n Amerikaanse aktrise, popmusieksangeres-liedjieskrywer, stemaktrise en mediapersoonlikheid.
Gedurende die 1990s het Smile haarself as die The Live Action Anime Girl gebrandmerk en as gasaktrise in verskeie wetenskapfiksieproduksies verskyn. Sy is bekend vir haar rol in die televisiereeks Megas XLR (2004).
Filmografie Televisiereekse 2004: Megas XLR
Televisierolprente 1995: Sci-Fi Channel Saturday Anime
Eksterne skakels
Kategorie:Lewende mense Kategorie:Geboortes in 1967 Kategorie:Amerikaanse aktrises van die 20ste eeu Kategorie:Amerikaanse aktrises van die 21ste eeu